by

Stapelia Gigantea

Maart 30, 2011 in Sonder kategorie

Ek is mal oor sukkulente en het self ‘n groterige versameling. Sommiges het ek diep in die karoo gaan haal, maar meestal wag ek vir daardie tyd van die jaar as die Witwatersrand se Botaniese tuin (hoe heet hulle nou?) hulle jaarlikse plant sale aanhet.

Die Karoo en dorre weskusstreke het wonderlike, magiese plantjies, met die Lithops heel bo aan my lys, maar onse ou Gauteng spog self met ‘n paar flashy spesies. Soos die ene wat hier in my tuin baljaar – die Stapelia, of aasblom. Hierdie is die stapelia Gigantea, die ouboet van die meer as 40 verskillende soorte stapelias wat hier by ons voorkom.

Dis seker loshande my gunsteling blom. Jy kan hom nou wel nie in ‘n pot sit nie, maar die plant maak trosse knoppe en blom lank, en solank hy blom, geniet ek hom. Dis weird, dis wollerig en dit ruik asof ‘n akkedis daar ingekruip het en stadig en tragies gesterf het…. vieslik! Vandaar die naam “aasblom”, want hy ruik vrot, sien. En omdat hy so ruik, trek hy brommers aan en word hy deur hulle bevrug. Funky!

En ek kan eenvoudig nie ophou om aan hom te ruik nie. Dis die tipe blom wat spreek tot my fyn ontwikkelde sin vir die makabere.

7 antwoorde op Stapelia Gigantea

  1. thenack het gesê op Maart 30, 2011

    Cool

  2. Modigliani het gesê op Maart 30, 2011

    Dis ‘n mooi ding!

  3. TS het gesê op Maart 30, 2011

    klink na ‘n riller

  4. palamino het gesê op Maart 30, 2011

    Ooh, ja, rillerplante is my ding. hierdie ene lyk bietjie soos iets lewendigs…’n seester of iets. Ek kry altyd die gevoel dat hy dalk op my gesig gaan spring en my breins uitsuig as ek te lank aan hom ruik. Brr!

  5. lora2me het gesê op Maart 30, 2011

    ‘n Plant met ‘n individualistiese persoonlikheid – sy eie vrot reukie en niks van daai jasmynerige, roserige, laventelagtige geurtjies vir HOM nie. ‘n Pragtige ding … soos ‘n venus vlieëvanger. Hoe op aarde hou jy jou lithops-plante lewendig. Ek sukkel my dood. Hulle is regtig sensitief en vrekduur.

  6. palamino het gesê op Maart 30, 2011

    nee jis Lora, as dit by Lithops kom, staan ek ook maar net bewonderend met my neus teen die ruit. Ek het nog nooit sukses met hulle gehad nie. Ek het sover gegaan om hulle te bedek as ons hier ons februarie reens kry, want hulle is mos woestynplantjies, maar nee, tevergeefs! Maar nou ja, my vingers is ook nie groen nie…ek wil dit nou nie hardop seg nie, maar ek het al ‘n Kanniedood laat vrek…en dit se baie 🙂

    Die stapelias groei sommer wild hier by my, so hulle is ok.

  7. Interessant. Defnitief ‘n beter ontwikkelde sin vir plantwaardering as wat ek het! Ek snuif maar aan die rosies en laventel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.