by

Nog iets oor die dood en so…

Maart 29, 2011 in Sonder kategorie

Ek het so ‘n ding oor apies. Ek kry net nooit die ultimate enetjie geteken nie. Maar ek is tevrede met die ene. Blou apies is eintlik my gunsteling.

ons het eenkeer by Zinkwazi aan die natalse kus gaan vakansie hou. In so ‘n ou vissermans huisie…’n shack eintlik. Voor die agterdeur was ‘n reuse ou rubberboom. Die bome daar is eenvoudig verruklik. Selfs die uitheemses. Hulle word almal so deur die elemente gebonzai. Hulle is so karaktervol skeef en krom. En in die boom was ‘n trop blou apies. hulle was nogals wild en gladnie lastig nie. Daar was ook sulke enorme rooi duisendpote in die boom…en onder die boom het wenteltefies hulleself sulke bolletjies gemaak in die seesand. (Wenteltefie is ons woord vir hulle, ek dink normale mense noem hulle millepedes of so iets) Ek het die hele vakansie onder daardie boom spandeer. Op ‘n kombers met my 2 jaar oud dogter en my 6 maande oud seun wat op sy rug gele het en gekyk het hoe die son deur die groot groen blare speel. Dit was ons katerdraal, daardie. Bome is soos katedrale, dink ek.

Die titel is: Death and the maiden. Die enigste ding wat mens kan sien van die ‘maiden” is haar skoene… Ja, ek is nog steeds aan die gang oor die dod. Soos julle weet, is dit, saam met seks die 2 grootste temas in die mensdom se geskiedenis.

Ag, en please note die pienk ufo wat daar agter opstyg!

22 antwoorde op Nog iets oor die dood en so…

  1. thenack het gesê op Maart 29, 2011

    Jy moenie dat ‘n sielkundige die ding sien nie hoor….veral nie met die roshak spatseltjies ook nog nie!

    Baie cool, jy is regtig ‘n interessante kunstenaar!

  2. palamino het gesê op Maart 29, 2011

    nicknacks, my shrink is ook die grootste versamelaar van my werk. Hulle hang haar kantoor en huis vol…dink jy ek moet worrie…

  3. Dood is eintlik nuwe lewe….

  4. Neffertiti het gesê op Maart 29, 2011

    Miesies Ples ja.

  5. palamino het gesê op Maart 29, 2011

    Ek dooi oor miesies ples…ek wil nog iets met haar doen. Die aap is mos ook simbolies van die dood, maar die kopbeen is memento mori, m.a.w dis ‘n simbool van ons verganklikheid op aarde, net soos dali se horlosies.

    (Ek vergaap my weer deesdae aan Hieronymus Bosch se werk, vandaar al die ou stuffy verwysings na die dood. Hy bly ‘n fassinerende kunstenaar)

  6. Neffertiti het gesê op Maart 29, 2011

    Jy gee baie simboliek.

  7. palamino het gesê op Maart 29, 2011

    die nimmereindigende sirkel

  8. Neander het gesê op Maart 29, 2011

    Jip, die dood en seks ontwyk ons gedagtes nie.

  9. Twaksak het gesê op Maart 29, 2011

    Hei, dis mooi! Stoei asseblief voort!

  10. Maankind2 het gesê op Maart 29, 2011

    Dis mos MY apies wat jy hier gebruik?

  11. palamino het gesê op Maart 29, 2011

    Einste, jou apies is nou ge-emboss.

  12. palamino het gesê op Maart 29, 2011

    jis ja, daai armies wat so uit die hel uit marsjeer, ai, naaais!

    Ag kan jy jou momento mori stuk vir my stuur? ek weet dan niks daarvan af? Ek het dit gemis 🙁

    Daars baie kenners wat reken ou Jeroen het drugs gevat wat een of ander alchemist vir hom gemeng het, Ek moet se ek hou sommer baie van die idee

  13. palamino het gesê op Maart 29, 2011

    Sy is net so magies soos Nefertiti. Hulle reken mos Nefs se agterkop le daardie hele hoed vol. Haar twee dogters word ook so met sulke laaaang agterkoppe uitgebeeld

  14. palamino het gesê op Maart 29, 2011

    Twaksak? Hmmmmmhoekom klink dit vir my so bekend? 🙂 Dankie vir die inloer!

  15. palamino het gesê op Maart 29, 2011

    En dis hoe dit hoort, ne? 🙂 Die dood en seks is natuurlik. Die eerste seksinsident was mos blykbaar ‘n kannibalistiese poging wat verkeerd geloop het. Een amebe het ‘n ander ingesluk en in plaas van vertering, was daar toe ‘n tweesellige wese! (aldus Lynn Margolus)

  16. palamino het gesê op Maart 29, 2011

    O, Koeks ek wou jou nog se, my skotse terrier teef se troetelnaam was mevrou ples…sy het net so ancient, knopperige ou skedeltjie gehad onder haar wolle

  17. palamino het gesê op Maart 29, 2011

    Rohrshach Rocks!!!!

  18. thenack het gesê op Maart 29, 2011

    sorry prof koekie, mar ja

    Palo, nie oor jouself nie, oor dat sielkundiges dalk ooropgewonde kan raak, the line between genuis and insanity is maar dun

    Spot elkeval net, maar apies, aliens seks en die dood saam maak nogal vir interessante dinkstof.

    http://www.sexforenlightenment.com/sfe/sex_techniques/ananga-ranga/monkey-position.htm

  19. thenack het gesê op Maart 29, 2011

    Ek het in Kairo die beelde van haar nogal baie mooi gevind, werklik ongelooflik!

  20. thenack het gesê op Maart 31, 2011

    Hoor hier perdjie, stal jy uit erens?

  21. palamino het gesê op Maart 31, 2011

    Ek stal vanaf 1 Mei in die brooklyn Teater by Greenlyn Village in Pta uit. Dit sal die hele mei duur. Ek sal later detail opsit, tye en so aan.

  22. thenack het gesê op Maart 31, 2011

    Cool, kom nogal partymaal daar met die musiek goed, wil graag gaan kyk!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.