by

Whirling Dervish

Maart 2, 2011 in Sonder kategorie

Ek het gister ‘n “real life” Sufi ontmoet. ‘n Whirling dervish. Die sufis is ‘n Moslem gebasseerde mistieke tradisie. Die mistieke tradisies het my nog altyd geboei. En hier loop ek toe een in lywende lewe raak op Facebook. Sy se sy het my raakgesien oor ek so totaal en al verslaaf is aan Rumi en toe friend request sy my! Die interessantste ding is, sy praat afrikaans!

Rumi is natuurlik die Vader van die whirling dervish.

Hy het die sufi tradisie in die 13e eeu begin. hy het homself in ‘n staat van ekstase in getol en in hierdie toestand het sy wonderlike gedigte dan net uit hom uit geborrel. Vriende en familie wat teenwoordig was het dit dan neergeskryf. Dank die Godin daarvoor, want sy werk is absoluut beeldskoon mooi en vandag nog net so vars en geldend as 700 jaar gelede. Rumi date net eenvoudig nie.

Kyk hoe pragtig is die:

Subtle degrees
of domination and servitude
are what you know as love…
But love is different
it arrives complete
just there
like the moon in the window.

Jellaludin Rumi


7 antwoorde op Whirling Dervish

  1. Van my beste vriende hier is Sufi

  2. palamino het gesê op Maart 2, 2011

    Daardie ekstase en totale oorgawe aan die misterie is so beautiful!

    Jy is mos op mGregor, reg? jimmel lyk my ek moet soontoe trek. Daar is ook baie pagans daar. 🙂

  3. ystervark het gesê op Maart 2, 2011

    Ek is net so intrigued met Rumi – vind sy geskrifte pragtig! Ek dink ek het jou al van daai cd gesê wat ek het? Pragtig, altyd mooi om na te luister, sit mens in vervoering!

  4. palamino het gesê op Maart 2, 2011

    ja, jy het. oooh, ek het ‘n podcast van die cbc waar hulle met coleman Barks gesels oor Rumi. hy lees ook rumi se gedigte voor. hy het so ‘n aansteeklike borrellag. Ek sal bietjie kyk ef ek dit vir jou kan aanstuur.

  5. palamino het gesê op Maart 2, 2011

    Ek sal dit vreeslik graag wou hoor. ek het net boeddhistiese monnike chants, maar ek luister dit nie. Hulle chant so vir ‘n uur of wat en dan raak hulle stil vir so 30 min. Dan bars hulle SKIELIK weer uit met so ‘n diep guttural MMMMmmmmmwhuuuuu! terwyl hulle hul tampoeryne en dromme slaan. Ek skrik my gewoonlik boeglam, dit ontsenu my totaal

  6. palamino het gesê op Maart 2, 2011

    ‘n deathworm? Klink soos daai wurms in Dune. Ek weet nie of ek ju al gevra het nie, maar het jy al Jiang Rong se wolf Totem gelees? Oor die uitwissing van die wolwe in Mongolie deur die chinese in die 60ers. Aangrypend!

  7. palamino het gesê op Maart 7, 2011

    Na-aper!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.