by

Recording the mating call of the timbouktou yak…

Februarie 15, 2011 in Sonder kategorie

Ek het saterdag heerlik gaan eksperimenteer en jol by Mimi van der Merwe se ateljee. Ek het embozzies gaan druk van my apies en ook ‘n hele ark van ander diertjies wat ek laasweek uit koper gesny het. Hier is my olifant en 2 paradysvlieevangers sigbaar.

nou het ek omtrent 20 blank embozzies wat ek, soos die ene hierbo met verf kan toetakel. Ek het skielik hierdie ding ontwikkel vir swiet, kitsch klein bokkies. Ek dink ek is in my hart sekerlik die kitsschte persoon wat daar is, en ek is ook nie bang om dit te erken nie. Nou het ek geen vrese meer daaroor dat mense dalk gaan agterkom ek is die hoogtepunt van swak smaak nie, en kan ek aangaan met my lewe, thank you very much!

Kyk uit vir my extreme blouwildebeest en koedoes….

29 antwoorde op Recording the mating call of the timbouktou yak…

  1. fock dis vinnig.. n wereldrekord vir die tannie van pronk se painting..

  2. ek is deur die klankgrens

  3. enige ruite gebreek in die proses. ja,,, nou weet ek .. niks meer kak van dit vaaattt ssooo lllaaannnkkk niiieee…eish..

  4. Nou is ek innie kak

  5. Marna, dit is absoluut stunning! Ek love kitch!

  6. yea baby…dis baie nooi..liiikkkeee dit gefok..ek dink ek moet n kamer vir bou..jy spreek tot my kitch …hehehe

  7. Ag ek is so bly daars nog mense wat voel soos ek!

  8. TS het gesê op Februarie 15, 2011

    ek hou ook hiervan… laat mense maar sê wat hulle wil!

  9. Luvvit! Onthou jy het daai apie vir my verjaarsdag belowe. In die openbaar. Mos.

  10. O, ek sal definitief gaan kyk. Ek is mal oor hulle

  11. Natuurlik. Mos

  12. Ek like dit. Hou van alle kleure wat ten hemele skree. Hoe helderder hoe beter. Hoe bonter hoe beter. Glad nie ‘n minimalistiese voorstaander nie.

  13. Ek het so lekker gewerk, toe ek weer sien, is ek klaar

  14. Wat is daai kollerige Indiese bokke se naam? – ek kan nou nie daaraan dink nie. Amper iets soos brinjal – maar dis ‘n eiervrug…

    🙁

  15. Ek noem hulle sommer die timbouktou Yak, maar my bokkie is wel deur daardie bokkies geinspireer.

  16. Dis reg maryke…ons is maksimaliste. Ek is altyd so underwhelmed deur minimalisme

  17. Oe, dis mooi!

  18. *lmga* virrie rasta cows!

  19. Jou linkerbokkie se kleur het my daaraan laat dink.

    🙂

  20. Ek het hoeka so ‘n rasta skottie gehad. ons was eenkeer met hom in die karoo en toe plons hy in die rivier rond agter waterskilpaaie aan en rol in die modder rond om droog te kom. en poefas! Kan so ‘n waterskilpad stink. Dit het ‘n hele paar wasse gevat om humphrey te kry dat hy nie na waterskilpad ruik nie

  21. Ek’s nie seker wat om hiervan te dink nie,maar gaan aan. Solank dit jou gelukkig maak is dit mos reg.

  22. ag dankie vir die toestemming om te mag aangaan, Blikskottel, ek waardeer dit rerig!

  23. Kom groet

  24. thenack het gesê op Maart 2, 2011

    Funk

    Daai ram is weid jags as jy my vra. Is dit ‘n Fruedian kitch?

  25. palamino het gesê op Maart 2, 2011

    Dis tong in die kitsch ja…freudian kitsch, wow? May i use that? Fantastic!

  26. thenack het gesê op Maart 2, 2011

    Natuurlik
    Ek hou van die kleure en verbeelding in jou goed. Baie cool. Hoekom is die Hindus pers? Ek was al paar maal in Indie en baie van die Hindu kuns het mense pers, of mis ek iets? Ek het met paar Hindus gepraat daaroor maar hulle is meer duermekaar oor hulle geloof as seekat wat ‘n agt poot olifant vang

  27. palamino het gesê op Maart 2, 2011

    Die gode is almal ligblou (of dalk pers soos jy se) Krishna, rada, hanuman, Vishnu, Ganesha. Kali, die ou bedonnerde grand owerste moedergodin is so ‘n donker indigo. Ja, die hindoegeloof is vreeslik kompleks – mens moet jou wits bymekaar hou om dit uit te figure, dit gee ek toe. Maar ek like hulle want hulle gode is spectacularly sexy. Dis vir my ‘n belangrike maatstaf as dit by religion kom 🙂

  28. thenack het gesê op Maart 2, 2011

    Ja nee, van hulle is nogal sexy, die hele tantric ding saam ‘n vrou met 8 arms wat haar enkels agter haar kop kan haak is baie opwindend (-;

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.