by

ag julle!

Februarie 9, 2011 in Sonder kategorie

Julle weet, ek skryf mos nie baie oor vreeslike persoonlike goed hier op my blog nie ne? Maar nou vandag wil ek net graag ietsie se oor ‘n ding wat my vreeslik irriteer…

…. en dis wanneer mense sweeping statements maak, sonder dat hulle hulself eers deeglik vergewis het van hulle saak:

Neem nou ‘n voorbeeld:

Iemand se nou die dag iets soos “Pretoria het die grootste hoeveelheid swingers in die land. Ag, asamblieftog, meneer, se net vir my, het jy statistiek tot die effek of het jy uit die 2 345 908 inwoners van pretoria nou al 3 coupletjies teegekom wat swing en nou dink jy: O, my donner daars duisende daarbuite?

And for that matter, hoe word swingerstatistiek bepaal? Is dit deel van die census form? Loop daar mense met wit jasse en clipboards in die voorstede rond en se: Og, ekskuus mevrou, Kon ek vir mevrou ‘n por vro vro?(Onthou, dis pretoria, ne…ons moet die aksent regkry hier) anyway en dan se die tannie ja, sy swing gemiddeld 2,7 keer per week…of wat!

Ek het ‘n enorme probleem met oningeligtheid. Met mense wat aanvaar dis hoe dinge is vanuit hulle eie eng analiteit en omdat Iemand by sy haarkapper se kamermaat se kleuter se boyfriend gehoor het Dit Is So

en ja fine, ek weet hierdie is ‘n openbare forum en mens kan enige ou ding hier se, want dis jou opinie en jy voel as andr mense dit nie like nie, moet hulle waai, maar jislaaik!

(En vir die oningeligtes nou” Ek vaar nie uit teen swingers nie, maar teen oningeligte mense, orraait)

Dankie, ek is nou klaar gewroeg.

Baai

45 antwoorde op ag julle!

  1. zephur het gesê op Februarie 9, 2011

    Hahaha deel van die census…praat so dis mos juis weer census jaar die jaar…

  2. Jy is beter ingelig as ek Zeppie!

  3. Swingers? manne met los klepels en vroue sonder bra’s?

    ‘Skies, vuurklip is maar oningelig …

  4. 2,7 keer per week?

  5. giggel

  6. Ja, dis wat die statistiek se…:)

  7. louisna het gesê op Februarie 9, 2011

    …wat my ontstel het is opmerkings soos Pretoria-Noord het common mense

  8. Vetjan het gesê op Februarie 9, 2011

    Maklike statistiek.

    Jy gaan google earth toe en tel die swings in die mense se tuine, en dan weet jy hoeveel swings daar is. Jy maal dit met 2.347 wat die gemiddelde aantal kinders per gesin is, en maal dit weer met 8.692 wat die gemiddelde aantal kere per week is wat die swings gery word, en dan doen pas jy ‘n standaard kurwe toe, en dan weet jy PRESIES hoeveel daar geswing word!

    okay?

  9. Oe absoluut ouboet, dis die ergste!!!! Ek was net so in die gesig gevat oor daai ene. as mense wat my van geen adam af ken op my neersien bloot vanwee geografiese ligging, dan is hulle poepholle, I’m sorry…or they are compensating for something that is missing in their lives.

  10. Puik

  11. Ek hoor almal in Pretoria praat nie so nie…

  12. Het greeld “geswing” tot ons die swaai afgebreek het

  13. Wel, ek prot so… (Wel spotted, daar het jy my op my eie stukkie gross veralgemening – die boeddhiste seg mos: you teach that which you need to learn most)

  14. Ha! Maar wat as dit ‘n undercover hottub is?

  15. louisna het gesê op Februarie 9, 2011

    Nie die ergste nie. Ek is ‘n fuckwad genoem en beledig. Maar so what? Life must go on.

  16. Ek het my so tyd terug amper nat gemaak van die lag – het ‘n kleurling outjie ontmoet wat daar groot geword het, met so ‘n aksent. Dis baie weird as mens gewoond is aan opregte Capies!

  17. ek het nie n flippen swing nie.. waar kry ek een..

  18. Ja, dis wat mens doen, mens stap daarvan af weg met jou kop omhoog.

  19. Maar is dit nou nie weer ‘n gross veralgemening om te aanvaar dat swingers noodwendig ekshibisionisties is nie? Ek meen daar is dan nou juis somin aangaande hulle bekend

  20. louisna het gesê op Februarie 9, 2011

    Ek het nie gesondig nie. Dis die ergste, maar nou ja, wat maak mens.

  21. Bernard ek was nou die dag by ons plaaslike Voortrekkerkommandotjie se openingsseremonie. Daar is ook al heelwat swart gesiggies in die Voorries hier by ons en dit was kostelik toe die een Verkennertjie wegtrek met Ohndog! Voorworts, Mors! Hulle is natuurlik almal in afrikaanse skole, en eks bevrees die aksent smeer maar af!

  22. Hahahahahahahahahaha!!!!!!Dis baie snaaks!

  23. Dang! So jy is nou dan ‘n ex-swinger. 😉

  24. Daar oppad na jou dorpie toe verkoop hulle van daai tyre-swings…

  25. elizac het gesê op Februarie 9, 2011

    Of goed soos: Die meeste navorsing bewys… Wys my daai navorsing!

  26. louisna het gesê op Februarie 9, 2011

    Ek maak so. Ek het dit maar net opgehaal omdat ek daaroor gevra is. Jy’s reg.

  27. Ja, mense verwar my soms met ‘n normale mens…veral soms…

  28. oooo kkkkk dan is dit sommer n protection devise ook…

  29. louisna het gesê op Februarie 9, 2011

    OK. Ek maak so.

  30. Ouboet, dis wat ek bedoel met “loop daarvan weg” dit beteken dan dat mens op daai moment daarmee klaarspeel…let go and let God, en dit beteken ook dat mens dit dan nie weer in jou narratief inwerk nie. met ander woorde, jy praat ook nie weer daaroor nie. Want as mens dit bly ophaal dan bly jy ‘n slagoffer. En om ‘n slagoffer te bly ontmagtig mens…en dan trek jy net meer situasies na jou toe aan waarin jy die slagoffer is.

  31. Nee Ouboet, dis LOFTUS…

    LOL

  32. louisna het gesê op Februarie 9, 2011

    Waar woorde.

  33. Het julle dan nog baie publieke parkies in PTA? Julle is lucky, hier by ons is die swings se kettings gesteel ……
    ;))
    Spot net, ek stem met jou saam, nog iets wat my gatkrap is dat die sogenaamde “hulle” altyd eiertjies te lê het. Ek wonder al vir jare wie die “hulle” is wat so alles weet?

  34. Nice pos.

    Ek sou weer dink dat die sodom en gemorra daar suid vannie Jukskei meer swingers sou gehad het – Waar’s daai paartie plek innie tent?

    🙂

  35. Angelor het gesê op Februarie 9, 2011

    Ek kon nooit die bohaai oor swinging verstaan nie, en verskoon my seblief, maar as die ding swing werk hy mos nie? Ek dink dit is vir tawwe mense soos Shaka se krygers, legende het dit dat Shaka sy jong maadge laat naak dans het voor die jong krygers as dissiplinere oefening, en as een van die krygers ophou swing het, is hy by “Execution rock” afgeswing en vir die Aasvoels daar gelaat. Ek hoor dit word makliker om te swing as mens ouer word.

  36. Swinging safari 🙂

  37. Watse tent…ek ken net die evangelisasie-tente…

  38. Ystervark, swinging met kettings staan ook bekend as BDSM, sien.

    Ek gaan nog navorsing doen oor “Hulle” se pedigree.

  39. O ja!

  40. Net so.

  41. Ja maar na alles weet ons nou nog nie waar die meeste swingers is nie…

  42. Die tent waaraan ek dink is ook so ‘n grote – met afskortingkies op een kant – en die evangelie wat daar verkondig word issie die evangelie waaraan jy dink nie – dis ‘n serious “Paartie deur die hele naweek” plek met “benefits”

    🙂

  43. My punt is mos nou juis dat dit die tipe inligting is wat baie moeilik is om te versamel…

  44. Ek kyk oningelig om my rond, jong!

  45. Contrary to popular belief, that is a GOOD THING!

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.