by

Blognaam

Januarie 25, 2011 in Sonder kategorie

Ek was nog my hele lewe perdgek. Het vir baie jare perde geskool en gery…nooit kompetisies gedoen nie, maar net baie baie lief gewees vir hulle omdat hulle sulke spesiale wesens is. en die palomino-kleur is my gunsteling kleur. Dis ‘n heuningkleurige perd met blonde maanhare. hulle is nie te volop nie.

My avatar is ook ‘n perd, maar, omdat daar ‘n blogger was wat alreeds ‘n palomino-perdjie as avatar gehad het, en ek ook so mal is oor die pesriese miniatuur skilderytjies, het ek besluit op hierdie Appelblou (tog so ‘n mooi naam wat ons in afrikaans het vir die kleur perde) skimmelperdjie, wat eintlik een van die vele gedaantes van die Indiese god, Vishnu is. Ek is ook mal oor hom omdat hy so baie necklisse dra. En sy rooi agtergrond maak hom lekker sterk en kleurvol.

Pronk is sommer vir die afshow, sien…soos ‘n arabierperdjie wat so met sy flaring nostrils en sy wapperende stert so hoogtrap-hoogtrap. Maar Pronk is ook my “brand”. Dis ‘n afrikaanse woord maar dit vang buitelanders se oog. hierdie jaar wil ek dinge onder die pronk-label begin aanvang, soos om my boeddhas op sy-sarongs te druk, ook t-hemp ontwerpe, tafeldoeke, muismatjies en tarotkaarte – wees op die uitkyk daarvoor

28 antwoorde op Blognaam

  1. TS het gesê op Januarie 25, 2011

    Lekker met styl

  2. Neander het gesê op Januarie 25, 2011

    Mooi Pronkie, jou kleursamestelling is goed.
    ‘n Palomino is net ‘n kleurvariasie, nie ‘n ras nie.
    Ek gaan nou ‘n appel eet.

  3. ja, neander, ek weet hulle is nie ‘n ras nie. Dis hoekom ek praat van die palomino-kleur. Baie mense dink egter wel dis ‘n ras, dis waar.

  4. louisna het gesê op Januarie 25, 2011

    Pragtig. Wat is mooier as ‘n perd wat pronk?

  5. ja, Pronk is sommer vir die afshow, sien…einste soos ‘n arabierperdjie wat so met sy flaring nostrils en sy wapperende stert so hoogtrap-hoogtrap. Maar Pronk is ook my “brand”. Dis ‘n afrikaanse woord maar dit vang buitelanders se oog. hierdie jaar wil ek dinge onder die pronk-label begin aanvang, soos om my boeddhas op sy-sarongs te druk, ook t-hemp ontwerpe, tafeldoeke, muismatjies en tarotkaarte – wees op die uitkyk daarvoor

  6. Dankie tina

  7. Angelor het gesê op Januarie 25, 2011

    🙂 Palomino is pragtig,..

    Angelor = Angellore

    Deep as the sea, wailing secrecies
    are burning in me
    For a dream I once desired
    I bequeth my sorrow and I regret to thee
    Cannot cross that wide a sea

    Angellore revered at dusk
    For thee I rose, now descend all alone
    Rise for me, soothe my heart
    So wide a sea, may I overcome

  8. Neander het gesê op Januarie 25, 2011

    Ek het ook ‘n Palomino as seun gehad, almal in die distrik het my geken op Koper.

  9. absoluut niks kom by ‘n perd wat pronk nie, Ouboet. My skoonpa was ‘n veearts wat ook muile geteel het vir Lebowa=bosbou. Die terrein daar was te steil vir trekkers en dinge, so hy het fris muiltjies geteel uit Friesperdmerries en donkiehingste. Sy friese was wondeskoon. Hy het frieshingste ook gehad – Everard en Jore _ ingevoer uit nederland. hulle was ‘n lus vir die oog. Friesperde is mos natuurlike trippelaars

  10. Dis baie mooi, angie, maar jy moet dit blog sodat almal kan sien

  11. louisna het gesê op Januarie 25, 2011

    Ek is nie hoog op in perde nie. Is dit waar dat muil en muil nie kan teel nie, en dat perde en donkies nodig is om nuwe muile voort te bring.

  12. Ja muile is steriel. Jy moes my skoonpa se donkiehingste gesien het. Hulle is almal op stal gehou en goed versorg, geroskam en so aan, nes die perde. Ek is mal oor donkies ook. En my skoonpa se muiltjies het almal getrippel oor hulle friesperdbloed gehad. Dit was nogals ‘n gesig om ‘n houtwa met 8 muile ingespan op volle trippelgang te beleef!

  13. Dit lyk altyd vir my asof daai avatar perdjie ‘n baie bling-perd moet wees. Botterkuif en allerhande kettings om die nek!

  14. zephur het gesê op Januarie 25, 2011

    My vrou is ook mal oor perde en juis Palomino’s…sy het ook een gehad.

    Praat so…het jy al perd gery op die strand

  15. Maar natuurlik is dit ‘n blieng-blieng perd! Hoe dan nou anders….ek sit blieng aan als wat net lank genoeg stilstaan. 🙂

    Jy moet my opgestopte krokodil-lampie sien (sal hom nog blog)

  16. Weet jy zepman, nee, ek was ongelukkig nog nooit op ‘n strand op ‘n perd se rug nie…sal mal wees daaroor

  17. louisna het gesê op Januarie 25, 2011

    Pragtig.Jy moet ‘n riding school begin, as jy nie reeds een het nie.

  18. eks so bly jy praat weer met my! 🙂

  19. zephur het gesê op Januarie 25, 2011

    By Jbay is daar ‘n plek waar jy op ‘n 14km rit gaan…7km tussen bosse deur en 7km op die strand…dis baie lekker

  20. Angelor het gesê op Januarie 25, 2011

    Dit is natuurlik net n deel van die lirieke Palomino, en ag dit blog, daar is genoeg mense wat dink ek is weird, lol laat ons nie nog by hulle getalle voeg nie,.. Ek sal nog graag wil he jy moet eendag die song luister,.. as jy Youtube kan speel sal ek vir jou n link gee..

  21. Wat sê daai spreekwoord? –

    Hoe kaler Jonker,
    hoe groter Pronker…

    🙂

  22. Henry, ek het presies nou daai frase op my arts page op facebook!!! Great minds! Ha! Ek love dit.

  23. Hei – klim uit my kop uit!

    🙂

  24. Bhwuhahahahaha!!!!

  25. I love that…’appelblou’. afrikaans is so much more descriptive sometimes. except that I struggle so much to read it (although mind you, when are apples blue?)

  26. katrina het gesê op Januarie 25, 2011

    Daar is mos ‘n horingou Afrikaanse gedig wat praat van ‘n ‘appelblou skimmel’… Wonder of dit in die Ruiter van Skimmelperdpan is? Kan nie onthou nie. Maar Palomino pas by jou 🙂

  27. katrina het gesê op Januarie 25, 2011

    Maybe in the moonlight?

  28. Dankie!

    Die reels kom uit die gedig “Voorslag” van AG Visser:

    Appelblou skimmel met spierwitte maanhaar–
    Dit is die ryperd, die baasperd van my …

    Angelor het my egter destyds daarop gewys dat my avatar ‘n appelblou skimmel is.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.