by

Springclean

Januarie 18, 2011 in Sonder kategorie

Ek het saterdag ‘n skielike bevlieging gekry om my “ateljee” bietjie te springclean. Dinge was rerig nie net erg deurmekaar nie, maar sommer pleinweg grimy…soos wat plekke maar raak as mens dit met 3 kleintjies deel. ek het hulle ook sommer opgekommandeer om te help uitsorteer en later is ons gejoin deur die baie entoesiastiese ouma met ‘n leertjie, emmertjie met handy andy, en rubberhandskoentjies. Ek het net vir ouma gewaarsku dat sy moet versigtig met die leertjie want ek jaag nie ongevalle toe nie. In elk geval hier is die eindresultaat. My plekkie ruik sommer nou minty fresh ook.

Mense wil altyd baie graag vir my in my ateljee kom kuier. Hulle het een of ander romantiese idee dat dit dalk mag lyk soos my paintings. Dis eintlik maar baie utilitarian. Die feit is, ek het eintlik nie ‘n ateljee nie, ek het sommer nesgeskrop in die tv kamer, want dis ‘n heerlike ruimte met hope natuurlike lig. So, wat julle hier sien, is die somtotaal van my werkspasie. Gelukkig is my werkies klein.

So, nou is enige iemand welkom om te kom kuier. Julle kry Koffie, tee en lekker tuisgebak.

En ek sal moet aan die werk spring want, afgesien van die Afrikamasutra het ek ‘n uitstalling by die Brooklyn Teater wat die 1e Mei open, asook een in Cullinan, by die fraaiste gallerytjie, in Oktober!

6 antwoorde op Springclean

  1. Dit lyk goed

  2. Angelor het gesê op Januarie 18, 2011

    🙂 Great,.. Ek sal soet in die tou staan!

  3. TS het gesê op Januarie 18, 2011

    ek gaan nog eendag spesiaal ry vir die jou uitstalling

  4. tuisgebak….tog so mooi Afrikaanse woord, dit laat jou die melktert en hertzogkoekies ruik en proe

  5. Ek dagboek 1 Mei by die Brooklyn Teater, dis mos in 13e straat, naby die Laerskool Menlopark?

  6. Dis reg thomas, dis die ou barnyard teater wat nou in ‘n opera-enue omskep is. Sien julle daar!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.