by

Lekker

Januarie 1, 2011 in Sonder kategorie

Halftwaalf in die oggend en ek is nog in pajamas en ek eet eergister se chocolate croissants en kyk sex & the city 2 op dvd en is rerig goed vir niks…..plus: ek het nie ‘n koeking kloe wat ek more gaan doen nie en dis fantasties!

“n jollywell gawe “jy weet wat” vir almal daarbuite

19 antwoorde op Lekker

  1. louisna het gesê op Januarie 1, 2011

    Geniet dit so onpretensieus as moontlik.

  2. Angelor het gesê op Januarie 1, 2011

    🙂 Dit klink lekker, veral die chocolates!

  3. palamino het gesê op Januarie 1, 2011

    Haha! Ja, ek weet jy is hier rond. Jy moet ordentlik leer negotiate, jong, ‘n halfuur vir jouself is eenvoudig nie genoeg nie! Dis sekerlik een van die voordele van egskeiding, my telge is by hulle vader tot die 6e. Die tyd le soos ‘n ryp appeltjie in my skoot. Ek wil als doen, maar ook fokkol…so dan doen ek fokol…en tussen die fokkol deur lees ek myself doodbang saans aan Stephen King se “The Stand”

  4. Jis Murphs – is jy alweer in daai cybersex chat room?

    🙂

  5. palamino het gesê op Januarie 1, 2011

    Dankie ouboet (ek vermoed ek en jy bly teen dieselfde berghang. ek wou nou die dag daar by jou comment oor jou groot Kongolese slakke. Jy moet my babies sien. Maar toe kon ek weens een of ander tegniese glitch nie.)

  6. palamino het gesê op Januarie 1, 2011

    Hinrik….hou vir jou in! Alla wereld…

  7. palamino het gesê op Januarie 1, 2011

    Ag, mens kannie verkeerd gaan met tjoklits nie, ang. xxx

  8. TS het gesê op Januarie 1, 2011

    geniet dit

  9. louisna het gesê op Januarie 1, 2011

    Magalies. Ek het vermoed jou styl het iets met die Magalies te doen

  10. palamino het gesê op Januarie 1, 2011

    Jip, einste. Net Woensdag is ek die berg hier uit. “n paradysvlieevangertjie wat my so dive-bomb. Asemrowende uitsig, behalwe vir die Wonderboom Junction, maar nou ja.

  11. louisna het gesê op Januarie 1, 2011

    Ons wil nou juis Junction toe gaan vir iets te ete. Mooi dag.

  12. palamino het gesê op Januarie 1, 2011

    Geniet. Die uitsig oor die berg daar by die maxis is baie special vir my.

  13. louisna het gesê op Januarie 1, 2011

    Ons sal. Julle ook, whatever julle doen.

  14. palamino het gesê op Januarie 1, 2011

    Om te gestort het en nog in jou pajamas te wees tel nie, hoor! Ek is nog in my pajamas. Ek eet samoesas en drink savanna

  15. Palo – 🙂
    Murphy – Stilbly is ook ‘n antwoord…

  16. ek hoop jy puff ook. dis mos een van jou voornemens.

  17. palamino het gesê op Januarie 2, 2011

    Ek probeer om te try…dis al wat ek kan se

  18. dis regtig vir my baie snaaks. maar good luck. ek kon dit ook nooit regkry nie. hulle het gese ek pispot en puff. eintlik was ek mean en het skoon nikontien gevat as niemand kyk nie hehehehhe..

  19. palamino het gesê op Januarie 2, 2011

    Wel, sien, ek probeer al die afgelope 25 jaar om die rookgewoonte te vestig. Eks ‘n kunstenaar, demmit…en ek wil ook so – as ek ‘n meesterstuk voltooi het- trugsit en so met genoegdoening deur skrefiesoge aan my sigaret teug. Destyds kon ek dit so 3 keer regkry, maar ek kon net nie die gewoonte deurvat nie. Toe het ek so ‘n 20 jaar breuk gevat en nou probeer ek weer met mening, maar ek hou aan vergeet dat ek moet rook. “n pakkie 30’s hou my 3 maande…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.