Jy blaai in die argief vir 2010 Desember.

by Pronk

Sex, language, nudity, furniture…

Desember 2, 2010 in Sonder kategorie

Gister stuur ‘n vriendin vir my die besonderhede van ‘n maatskappy wat Kamasutra-spesifieke meubels vervaardig, soos die bank hierbo. Ek moet se, dis nogal ‘n oulike idee, en ook op estetiese vlak heel bevredigend. Ek weet net nie hoe jy die meublement aan byvoorbeeld die dominie op huisbesoek gaan verduidelik nie, want volgens my, is hierdie bankie soos KY Jellie….mens gebruik dit rerig Vir . Net . Een . Ding.

Nou, hierdie bank is ontwerp sodat mens sonder die gevaar van erge beserings, die Kama sutra in die privaatheid en gerief van jou eie huis kan be-oefen. Jy kry selfs ‘n brosjure by wat al die posisies aan jou verduidelik…soos die ene bv:

Heel ergonomies, ne…hier word die man se rugwerwels mooi uitgespaar.

Vir die van julle wat verder wil gaan rondloer, hier is die link: http://www.kamasutrasofa.com/positions.htm

Maar dis nog niks!

If you dial now, we’ll throw in a free tube of KY Gel!

by Pronk

Nog ‘n teazer….

Desember 1, 2010 in Sonder kategorie

Die buurman kyk verwoed om hom rond, die troeteldier soek ‘n versnapering…en ‘n sekuriteitskamera neem als af…