Jy blaai in die argief vir 2010 November.

by Pronk

Koetsjie-koeeeee! Afrikamasutra

November 30, 2010 in Sonder kategorie

Ek hoop nie ek kom in die moeilikheid hieroor nie. Ek mag nie my finale kunswerke vir die projek op ‘n openbare platform sit nie. Nou wys ek julle maar net ‘n klein detailtjie en ek haal al die kleur uit. Dit sal nie julle fun spoil nie, ne.

My jagse boertjie dra ‘n regtige, egtige 2 tone hemp, i’ll have you know.

Die boer-soek-‘n-vrou kamasutra is geinspireer deur murphy se BSV updates op maandae, wat, dink ek enige tyd beter is as the real thing. ek dink dstv kan haar voltyds in diens neem.

Hierdie prentjie gaan ook in die tydskrif Lyne verskyn, tesame met ‘n onderhoud met die skryfster (onse Zazza) Kyk uit daarvoor in hulle someruitgawe wat in Januarie beskikbaar gaan wees!

by Pronk

Skoene!!!!

November 24, 2010 in Sonder kategorie

Murphs, hier is my skoene waarin ek heeldag leef. ek het hulle al etlike jare en geen paar skoene het hulle al oortref in terme van gemak nie. Hulle is die stylish teenvoeter vir crokkies, omdat hulle ook so uit een plastiekgietstuk vervaardig word. As ek hulle aanhet voel dit my ek kan nou gaan vir ‘n magic carpet ride. Ek het hulle vir ‘n absolute bargain opgetel by big blue se bargain basement store hier annerkant in colbyn

Soos julle kan sien, is hulle al erg gehawend, hulle was eens op ‘n tyd silwer, maar die plestiek hou!

by Pronk

Restourasie-aksie

November 10, 2010 in Sonder kategorie

Sowat ‘n jaar gelede het ek vir my die 2 hout wingbacks teen ‘n appel en ‘n ei aangeskaf.

My pa is ‘n houtwerker en restoureerder van formaat , maar toe hy hoor wat ek met hulle wou aanvang, het hy ook maar net sy oe dakwaarts gerol… “dis kanadese Eik daardie, weet jy” seg hy my. Toe verseker ek hom dat daar min dinge is wat kanadese eik so goed bewaar soos ‘n paar lae olierige emaljeverf

Nou ja, na so bietjie elbow grease en ‘n lekseltjie rooi verf en ‘n vrolike lappie lyk hulle nou so…

by Pronk

Huy!!!!!

November 7, 2010 in Sonder kategorie

Jy is gewaarsku, nuuuu!

(Don’t touch me on my wobbly bits…)

by Pronk

Orraait, ek blog my vis!

November 6, 2010 in Sonder kategorie

Stillewe met pizza met ekstra ansjovis…

(en check net, ek kry nooit raas oor ek daai kontensieuse wobbly bits saam insleep nie. Wonder hoekom?)