by

Goeie nuus en slegte nuus

Oktober 26, 2010 in Sonder kategorie

Die slegte nuus is dat die erotika-uitstalling weens tegniese redes uitgeskuif is na Januarie. Ek sal julle op hoogte hou van datums.

Die goeie nuus is dat ek nou meer werkies daarvoor kan produseer.

Maar eers is ek nou besig met 4 skilderytjies wat deur blogger Anha ge-comission is. Hou duimvas dat sy tevrede sal wees met wat ek aanvang. Alhoewel sy ‘n gawe klient is, wat my vrye teuels gee, kyk ek senuweeagtig om my rond want ek sal haar muur-tot-muur-flokatimatte en dralon gordyne in ag moet neem  🙂

13 antwoorde op Goeie nuus en slegte nuus

  1. Sjoe dit lyk half soos een van daardie indiese matte…stunning!

  2. zephur het gesê op Oktober 26, 2010

    Oh en jy moet inag neem as die dominie kom kuier…hehehe

  3. palamino het gesê op Oktober 26, 2010

    Nou is ek eers erg nervous!

  4. palamino het gesê op Oktober 26, 2010

    Ek sal moet hoor by Die Baas 🙂

  5. palamino het gesê op Oktober 26, 2010

    dankie tweeling. Ja, ek word baie deur persiese matte beinvloed…mal oor hulle

  6. Ek hou baie daarvan dit is uniek, eie styl en vol detail.

  7. palamino het gesê op Oktober 26, 2010

    Zazza galavant te veel in die buiteland rond, en sy weet nie wat vang die Volk aan terug in die kraal nie, lykit my.

  8. palamino het gesê op Oktober 26, 2010

    Huh?! ek sal moet gaan kyk, weet niks daarvan.

  9. HeavyHenry het gesê op Oktober 27, 2010

    “And the loin lies down with the limb”

    Of so iets – dissie einde van ‘n limerick wat die my aan laat dink het.

  10. palamino het gesê op Oktober 28, 2010

    Is limb nou aspristelik? Want as die leeu le met die limb kan dit nogals ‘n goeie idee wees vir ‘n painting.

  11. HeavyHenry het gesê op Oktober 28, 2010

    Wassie ‘n leeu nie – die limerick lui:

    It’s time to make love, douse the glim.
    Fireflies flicker and dim.
    The stars lean together
    like birds of a feather
    and the loin lies down with the limb.

    En as dit jou inspireer – all strength to your arm!

    🙂

  12. palamino het gesê op November 3, 2010

    O, ek sien nou!!!! Stjoepite ekke!!! LOIN! WOW Briljant…daars nou ‘n idee vir ‘n painting.

  13. HeavyHenry het gesê op November 3, 2010

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.