by

Tierbreker

Oktober 21, 2010 in Sonder kategorie

Hier is nog ‘n stoute prentjie vir die erotika-uitstalling…

Ek weet nou nie of dit die Avatar moewie is wat my onderbewuste hier gekaap het nie, maar die Hindoe godin Kali is ook so ‘n blou enetjie en ek vind haar vreeslik inspirerend. Ek se maar net ingeval iemand die konneksie wil maak met die fliek, hoor.

Julle, ek werk my sterre af en het nou net 3 skamele ou werkies vir daai uitstalling. hulle gaan soos weeskinders daar op daai Wohtorkllohf-gallery se mure lyk, ek skaam my dood. Plus ek gee my ramer so min tyd om sy job te doen, hy wil my al met ‘n plank slaan as ek daar inloop…dan bedink hy hom en charge net meer, bha!

O, ek sal more die laaste werkie opsit. Sy moet net eers onder sensuur kom, sy is weer van daai oopketel willetjies en ons wil nie moeilikheid hier he nie, ne?

10 antwoorde op Tierbreker

  1. palamino het gesê op Oktober 21, 2010

    Dis eintlik ‘n luiperd, maar die ou mense het mos ammelee gepraat van ‘n tier…

  2. palamino het gesê op Oktober 21, 2010

    Ek sal jou details deurgee hoor…ek sien jy is in wenderbaail

  3. palamino het gesê op Oktober 21, 2010

    Ja, kyk hoe netjies is sy, sy het eers haar slippers eenkant gesit voor sy die ongediertes takel (maar ek dink nie dis ‘n persoonlike fasset van my nie)

  4. palamino het gesê op Oktober 21, 2010

    Kug kug, Ghaap, ek is eintlik ‘n ernstige kunstenaar en jy moet my werk ernstig opneem, hoor.

  5. Angelor het gesê op Oktober 21, 2010

    Yup n kolletjies tier het die ou mense hom genoem,.. Oulike godin, ek soek sommer vir my ook een..

  6. palamino het gesê op Oktober 22, 2010

    ooooh pasop vir jou!

  7. Like daai tier – sy gesig lyk soosie pink panther s’n.

  8. En die pienk skoene?Ek is nou nuuskierig daaroor…

  9. kan ek maar die enetjie kry,,,,

  10. palamino het gesê op Desember 1, 2010

    Hy is van vandag af by Madeleine op uitstalling

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.