by

Zazza!

Oktober 13, 2010 in Sonder kategorie

Hallo julle! Hoe gaan dit? Jis, ek het lanklaas iets gepost. Maar hier is die Zazza-finaal. Jislaaik, as ek so stadig is, weet ek nie hoe gaan ek 10 illustrasies gedoen kry voor eind desember nie. Maar ek doen darem ‘n klomp dinge tussen in ook. Soos my brood-en-botter werk by die uitgewer in die oggende. Dis baie deadline gedrewe. En ander vryskut illustrasiewerk. Ek is juis ook nou besig met ‘n opvoedkundige reeks met Robben eiland en die Cape penguin as fokuspunt. En dan maak ek nog 3 kinders groot…woes seg ek julle. Nietemin, Tadaaa…hier is sy. Sy gaan nou as banier gebruik word op die afrikamasutra website. Die website launch een van die dae. Ek sal julle op hoogte hou

O, voor ek vergeet. Vanaf die 28e Oktober het ek ‘n paar werke op by ‘n erotiese uitstalling by die Jupiter Art  Room in Waterkloof. Ek sal julle later meer detail daaroor ook gee. Intussen moet ek produseer! Mooibly!

9 antwoorde op Zazza!

  1. TS het gesê op Oktober 13, 2010

    sjoe ek hou hiervan

  2. oooh penguins! wil dit graag sien!

  3. Nice!

  4. bloukaap het gesê op Oktober 13, 2010

    amazing

  5. abrham het gesê op Oktober 13, 2010

    guitig

  6. Baie cool Palomino,ek is mal daaroor.Die ‘Oos wes tuis bes’ is n nice touch…

  7. Douwe het gesê op Oktober 19, 2010

    Lyk my hierdie erotiese opdragte is presies in jou kraal…!

  8. palamino het gesê op Oktober 20, 2010

    ‘tuurlik, Douwtjies! Kan jy nie sien ek floreer nie? 🙂 Hoe gaanit daar by jou?

  9. Douwe het gesê op Oktober 20, 2010

    Ja, ek sien! Ek is nog baie rustig hier in die Kaap. Skryf, en speel klavier en trompet en gaan stap in die berg in die middae…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.