Jy blaai in die argief vir 2010 Oktober.

by Pronk

Goeie nuus en slegte nuus

Oktober 26, 2010 in Sonder kategorie

Die slegte nuus is dat die erotika-uitstalling weens tegniese redes uitgeskuif is na Januarie. Ek sal julle op hoogte hou van datums.

Die goeie nuus is dat ek nou meer werkies daarvoor kan produseer.

Maar eers is ek nou besig met 4 skilderytjies wat deur blogger Anha ge-comission is. Hou duimvas dat sy tevrede sal wees met wat ek aanvang. Alhoewel sy ‘n gawe klient is, wat my vrye teuels gee, kyk ek senuweeagtig om my rond want ek sal haar muur-tot-muur-flokatimatte en dralon gordyne in ag moet neem  🙂

by Pronk

Jong dame met troeteldier

Oktober 22, 2010 in Sonder kategorie

Soos julle kan sien, het ek haar heel vernuftig met ‘n sonneblommetjie gesensureer.

by Pronk

Douwe

Oktober 21, 2010 in Sonder kategorie

Jislaaik, ek wil net se, Douwe se blog is rerig nie te versmaai nie…

http://blogs.litnet.co.za/douwe/antwoord-aan-abel-pienaar-oor-na-aap

…en dan het hy ook nog baaaaie sexy bene!

by Pronk

Tierbreker

Oktober 21, 2010 in Sonder kategorie

Hier is nog ‘n stoute prentjie vir die erotika-uitstalling…

Ek weet nou nie of dit die Avatar moewie is wat my onderbewuste hier gekaap het nie, maar die Hindoe godin Kali is ook so ‘n blou enetjie en ek vind haar vreeslik inspirerend. Ek se maar net ingeval iemand die konneksie wil maak met die fliek, hoor.

Julle, ek werk my sterre af en het nou net 3 skamele ou werkies vir daai uitstalling. hulle gaan soos weeskinders daar op daai Wohtorkllohf-gallery se mure lyk, ek skaam my dood. Plus ek gee my ramer so min tyd om sy job te doen, hy wil my al met ‘n plank slaan as ek daar inloop…dan bedink hy hom en charge net meer, bha!

O, ek sal more die laaste werkie opsit. Sy moet net eers onder sensuur kom, sy is weer van daai oopketel willetjies en ons wil nie moeilikheid hier he nie, ne?

by Pronk

Delirium

Oktober 20, 2010 in Sonder kategorie

 

Dis ‘n gouache werkie wat ek gemaak het vir die Erotika-uitstalling wat op 28 Oktober open by die Jupiter Art Room in waterkloof.

 

Se tog net vir my julle kan wel sien dat die dames almal saam ‘n olifant vorm!

 

 

by Pronk

Zazza!

Oktober 13, 2010 in Sonder kategorie

Hallo julle! Hoe gaan dit? Jis, ek het lanklaas iets gepost. Maar hier is die Zazza-finaal. Jislaaik, as ek so stadig is, weet ek nie hoe gaan ek 10 illustrasies gedoen kry voor eind desember nie. Maar ek doen darem ‘n klomp dinge tussen in ook. Soos my brood-en-botter werk by die uitgewer in die oggende. Dis baie deadline gedrewe. En ander vryskut illustrasiewerk. Ek is juis ook nou besig met ‘n opvoedkundige reeks met Robben eiland en die Cape penguin as fokuspunt. En dan maak ek nog 3 kinders groot…woes seg ek julle. Nietemin, Tadaaa…hier is sy. Sy gaan nou as banier gebruik word op die afrikamasutra website. Die website launch een van die dae. Ek sal julle op hoogte hou

O, voor ek vergeet. Vanaf die 28e Oktober het ek ‘n paar werke op by ‘n erotiese uitstalling by die Jupiter Art  Room in Waterkloof. Ek sal julle later meer detail daaroor ook gee. Intussen moet ek produseer! Mooibly!