by

Ek is verslaaf!

September 21, 2010 in Sonder kategorie

Vir die van julle wat nou nog nie weet dat dans die heel, HEEL lekkerste ding in die ganse heelal is nie, gaan lees gerus hier…

http://www.jhblive.com/live/review_view.jsp?review_id=46835

Ek doen dit nou al 14 jaar lank. Kom dans saam, julle!!!!

22 antwoorde op Ek is verslaaf!

  1. zephur het gesê op September 21, 2010

    Ek weet van ander goed wat lekkerder as dans is…

    Braaivleis, rugby, sonskyn

  2. Jy het nog net nooit probeer nie, Zepman!

  3. In my geestes oog is dit heerlik om te kyk hoe jy dans,….

  4. UNPOCO het gesê op September 21, 2010

    Iets wat ek glad nie verstaan nie is mense wat sê ” ek kan nie dans nie”.

  5. Weet jy, wraggies Unpoco, dit is so!!!

  6. Heerlik! ek tango ook so by my selwer…en eendag sal ek vir jou my tiger dance wys. As ek courage nodig het, doen ek die tiger.

  7. zephur het gesê op September 21, 2010

    Ja dans net op troues help seker nie…

  8. zephur het gesê op September 21, 2010

    Hallo tannie Sonel

  9. Dans op troues is die ergste!!!

  10. Ja nee,ek like ook die dans ding!

  11. Goed gaan, Palomino.

  12. Herder, dan is jy en my man een en dieselfde 🙂

  13. Ek is mal oor dans … ek doen dit gereeld hier waar niemand my sien nie. Ek en ‘Spirit in the Sky’ is ‘n ‘nightmare to behold’, ek dans dat die pantoffels ek krullers spat!

  14. Oe, ek love daai bollywooderige Gareth Gates weergawe met die Kumars…ek probeer altyd daai moves namaak!

    Maar ek dink ek het die beste moves op “Kaptein, span die seile”

  15. OOOH! Jy DANS! Die dominee het my probeer leer toe ek klein was dat dit beteken dat jy HEL toe gaan gaan…

    So ek het nooit geleer nie…

  16. Henry, ek het as dopper grootgeword. tydens my aanemingsklasse is ek deur die dominee aangese om op te staan en voor die hele klas my dansery te verduidelik. ek het met lood in my ledemate uit die kerkbank uitgeskuifel en my mond was so droog ek kon net so ‘n kraakgeluid uitkry. Toe voel ek skielik ‘n hand op my skouer. Dit was ouderling du Plessis (bless his soul!) hy het my ferm teruggedruk in die bank in en vir dominies Maaaiburg gevra of hy die vragie namens my kon beantwoord. My hart het so in my ore geklop dat ek skaars kon uitmaak wat hy se, maar dominies Maaiburg het nooit weer gelol nie, so dit was orraait. Anyway dans is ook nie meer vandag sonde in die dopperkerk nie, so jy kan maar laat waai…

  17. Daai Dopperkerk het ‘n moerse klomp om voor te verantwoord. Ek dink die opleiding wat hulle ons gegee het was “Counter Productive” – dit het ‘n klomp klem gelê om vir jouself te dink, en bietjie logika ook – ennie gevolg is – Jy is ‘n Pagan en ek is ‘n ateis…

    Lyk my dissie moontlik om mense goed te laat glo wat teen hulle natuur is nie – en as jy dit met ‘n kind doen, dan hou hy of sy dit teen jou later.

  18. zephur het gesê op Oktober 8, 2010

    Ek is besig met die reendans…die Jakaranda vastrap…amper gewerk gisteraand

  19. palamino het gesê op Oktober 8, 2010

    Agh nee man zeppie, ek dink jy swaai nie daai heupe genoeg nie! Hier het net 3 druppels geval, jong

  20. Ek dink die Doppers het teveel na die quote van Goerge Bernard Shaw geluister. “Dancing: The vertical expression of a horizontal desire legalized by music.”

  21. palamino het gesê op Oktober 25, 2010

    GBS was ‘n wyse man

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.