by

Dieet

September 10, 2010 in Sonder kategorie

Ek wil net eers onomwonde stel dat ek daarvan hou om effens mollige vroue te skilder. ek hou van die rondinge sien. ek dink dis baie meer terapeuties om dit te skilder as om verdwaald te raak in ribbetjies en heupbene… soos die vrou met die gun hieronder. Ek dink hierdie werk van my is heel relevant deesdae met ons arme renosters wat so verskriklik uitgemoor word. Waar gaan dit eindig, vra ek julle?!

Anyway, terug na die dieetstorie. Sien, my ma het my iets belangriks geleer…die OOMBLIK wat mens vir jou liggaam se jy gaan nou diet, dan raak hy bietjie mallerig (neem kennis dat ek na jou liggaam as manlik verwys) Dan gaar hy juis vet op vir die vale en maak jou metabolisme absoluut stadig. Dis heeltemal instinktief, iets wat ons van ons grotmandae af oorgehou het, toe ons baie gekonfronteer is met kosskaarstes. Neander sal jou als daarvan kan vertel. Anyway, wat jy moet doen, is om jou liggaam te fool…hy weet presies wat jy dink elke keer as jy ‘oortree” Flous hom, deur niks te dink nie, en baaaaie casually ‘n lunch bar in jou kies te prop….no sudden movements, sien. trust my…relax net, dit werk.

Baai, ek moet nou 4 ure lank gaan gym!

14 antwoorde op Dieet

  1. zephur het gesê op September 10, 2010

    LOL

    Die ewewig tussen jouself en jou lyf…wie gaan wen

  2. Palomino se “Eet-soveel-tjoklits-as-wat-jy-wil dieet”!

    Nice prentjie ook – bietjie donkerder as jou anner.

    🙂

  3. Jy is duidelik briljant met jou skeppings – sommer ook met jou filosofie oor vet.

  4. lol – dankie tog dis nie net ek wat wil vreet soos ‘n vark die oomblik as ek dieet se nie … daai fool jou brein ding werk regtig. Ek het eenkeer gehoor van outjies wat oorleef het op niks en spekvet en gesond anderkant uitgekom het want hulle het hulle verbeel hulle eet lekker burgers en steak … sekerlik moet dit ander kant toe ook werk?

  5. Moonz het gesê op September 15, 2010

    What a clever idea.. I’m about to RELAX LOL
    Hi my friend. Hope you’re well and not overdoing the gym :). Hugs

  6. Moonz het gesê op September 15, 2010

    PS The painting is magnificent!!!!!

  7. Love die painting.

  8. zephur het gesê op September 17, 2010

    Het jy oorleef na die 4 ure lange gym sessie

  9. Ja, maar ek was vir 3 dae nie op die blogs nie, want ek kon nie my arms optel nie. Hiehie, nee ek grap, ek gym eintlik gladnie, ekke dans eerder!

  10. Ag dankie sonel. Jy is skaars deesdae

  11. I think im overdoing it on the cocktail department nowadays, Dinx

  12. hahahahahaha. 4 ure gaan gym na jou lunch bar advies. jy is snaaks.

  13. Vet vrouens maak buitendien mooier prente. Lekker dag.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.