by

terugvoer :)

September 3, 2010 in Sonder kategorie

Orraait, ek het belowe ek sal terugvoer gee, ek probeer net eers van die sugar high afkom: Jhus! Hierdie koek is verskriklik soet. Maar ek het so ‘n spesmaas gehad want mens maak ‘n karamelsous van suiker en water, wat jy dan in die beslag inroer. Dit gee die koek so ‘n fudgerige smaak en dit so half chewy op die randjies…heerlik!

Die strawberries gee balans met so ‘n lekker suurderigheidjie. As jy ‘n happie koek saam met ‘n happie aarbei vat, dan is jy voorwaarlik in die hemel. Ek dink dit sal ook werk saam met bl9oubessies en appeliefies. (ek hou van ‘n vruggie by die koek.)

Nou ja, julle moet ‘n heerlike naweek he, hoor julle. Ek gaan more weer 3 ure lank my hart, longe en siel uitdans by die biodanza en dan moet ek terugjaag prehistoria toe vir ‘n dinnerdate.

3 antwoorde op terugvoer :)

  1. zephur het gesê op September 3, 2010

    Soet tot agter jou kleintongetjie

  2. Ek het nog nie iets raakgeloop wat té soet is nie. Hier by ons koop jy dulce de leche, wat amper net so goed soos daardie gekaramelliseerde kondensmelk is. Glo nie daar het ´n krummel oorgebly nie.

  3. abrham het gesê op September 9, 2010

    kompos vir candida

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.