by

Lentedag by die werk

September 3, 2010 in Sonder kategorie

Ek dra my rooi lucky beads, natuurlik..

En ek vat hierdie masterpiece saam vir teetyd…

19 antwoorde op Lentedag by die werk

  1. louisna het gesê op September 3, 2010

    Daai koek lyk baie lekker. geniet die dag.

  2. zephur het gesê op September 3, 2010

    Hoop die dag is vol lente vir jou…geniet

  3. Angelor het gesê op September 3, 2010

    🙂 uit die mond van n kenner,.. I rest my case!

  4. Jy mag maar ‘n happie vat as jy wil 🙂

  5. Mmmm, baie baie mooi!
    Alles!

  6. louisna het gesê op September 3, 2010

    Verseker, maar ek mis die gesig.

  7. Oe, hel, my haarpunte lyk terrible!

  8. mag ek dan een aarbei steel voor teetyd?

  9. En dan noem die britte hulself beskaafd! Hier by ons koop jy die caramel treat so in die blikkie, jy kannie meer net ‘n blik kondensmelk vat en dit kook nie…hulle het iets daarmee gedoen wat maak dat dit nie meer werk nie. Gisteraand was daar fistfights oor wie daai blikkie gaan uitlek.

    Die bord is van ‘n suid-afrikaanse porseleinreeks…ek dink dis Constantia, of iets. Ek het ook die groot, volledige stel met die works…poediengbakkies en beautiful opskepskottels, als by my ma gekry. sy het jare lank daaraan versamel. Ek kan groot onthaal met daai stel…veral nou dat ek die swembad in tiptop kondisie gekry het! Ek dink nie dit word meer vervaardig nie.

  10. Dankie Ouboet, ek hoop so. Dis ‘n nuwe resep, ons gaan hom teetyd slag, dan sal ek kom verslag lewer.

  11. ek sal jou piets…

  12. louisna het gesê op September 3, 2010

    Ek kan sie daai resep het gewerk.

  13. ek het ook my rooi lucky beads aan vandag en ‘n rooi hemp! maar ek het wraggies nie so ‘n lekker koek gebak nie!

  14. “jy kannie meer net ‘n blik kondensmelk vat en dit kook nie”

    Wat gebeur as jy dit doen? Hel dis miserable – my susters het dit altyd gedoen – tot die dag wat die water droog gekook het en die karamel op die plafon gaan sit het toe die blik gebars het.

  15. Ek is self nie seker nie, maar ek dink dit word net nie meer dik en bruin nie. Dit karameliseer nie. My ma het my net gewaarsku dat mens dit nie meer kan doen nie, so ek het nie eerstehandse ondervinding nie.

    Ja, daar was altyd groot gevaar verbonde aan kondensmelk-blikkie-kokery, maar die “reward” was deur en deur die moeite werd. Die klaar gekaramelliseerde blikkies smaak net eenvoudig nie soos die wat ek uit my kleintyd onthou nie 🙂

  16. Baie dankie Pinball!

  17. Ai, krale doen dit vir my!

  18. Maar jy moet dan ‘n kiekie opsit!

  19. Ja mens kon mos beheer hoe bruin dit geword het deur dit korter of langer te kook.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.