by

Anha se uitdaging

Augustus 27, 2010 in Sonder kategorie

Orraait Anha. Hier is ek op my matriekafskeid. Ek is saam met my jeugliefde, sportheld en general all round good guy. Hy was ‘n fantastiese danser. Ons het vandag nog kontak danksy facebook.

Eish, die hare en die tawwerd is iets om te behold… dit het bestaan uit ‘n lang, nou skirt met ‘n wye korter skirt bo-oor en ‘n toppie wat saamgevat is deur ‘n cumberband. Ek het die cumberband jare daarna nog gedra, saam met ‘n wit hemp en ‘n manspak (ek was as student vreeslik into die androgene look. My oupa het vir my manspakmateriaal gegee en ek het ook manspakke daarvan laat maak)

Plat, rooi pumps het die ensemble afgerond.

Daar het julle dit nou

22 antwoorde op Anha se uitdaging

  1. 80’s was cool!

  2. The hair is pritty 😉

  3. Hiehie – Depeche mode hare!

  4. Those were the big hair days.

  5. Die hare was in die depeche-mode style van daai tyd. Kortgeskeer agter, met kort saaidies en met so ‘n verskriklike mop bo-op en so ‘n lang kuif…iets allervreesteliks…80s hair, sjoe!

    Ja toe, sit joune op, girl!

  6. Ongelooflik! Jy is duisendmaal mooier as toe. Die jare was jou baie goedgesind!

  7. Jinne, Sansi, jy kyk met ‘n sagte oog. Dankie!

  8. Jippie!

  9. ‘tuurlik!

  10. Jy lyk so happy!Was die outjie jou boyfriend of net n date vir die aand?

    Die 80’s was darem great ne?

  11. Berwick het gesê op Augustus 27, 2010

    😉

  12. Jy lyk stunning!

    Ek het eenkeer in 1968 haarkapper toe gegaan voor ‘n matriekafskeid (ek was toe in St 8).
    My hare was opgetease in ‘n byekorf.
    Tuis het ek dit gewas en drooggevryf sodat ek weer soos ek kon lyk…en is so halfnat hare na die funksie toe.

  13. Kool! Ek was mal oor Depeche mode!

    Onthou jy die stertjies? Dit was great mode toe ek in st 8 of 9 was. Kort hare agter met so lang stertjie … herder, as ek vandag dink hoe ek baklei het vir my stertjie dan lag ek maar 🙂

  14. stunning aai waars die goeie ou jare tog

  15. Hy was my kerel. ons het 2 jaar lank uitgegaan en ek het nounog kontak met hom op facebook.

    Ek weetnie van die 80s nie…daai big hair en skouerkussings…brrrr!

  16. Oe, ja! Ek het niks teen ‘n sexy rooi partydress nie, maar daai outfit darem!

  17. Jy moet vir ons wys, Lou!

  18. Oe, daai stertjies!!! Hiehie! Ek dink ek was die eerste punk in my skool…

  19. Dit was die goeie ou dae inderdaad

  20. Iets in die ou se gesig is Tom Cruiserig?

  21. abrham het gesê op September 9, 2010

    o koek

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.