by

Kommie boerechicks op bikes

Augustus 26, 2010 in Sonder kategorie

Die naweek staan ek so by Exclusives en blaai deur ‘n boek oor Chinese kommunistiese propagandakuns. Dis een van die vele velde wat my geweldig interesseer. miskien is my belangstelling daarin opnuut geprikkel deur die dreigende media tribunaal wat nou soos ‘n swaard oor ons koppe hier in Suid Afrika hang, ek weet nie.

Ek dink kommuniste het oor die algemeen ‘n ongelooflike sin vir estetika. Die russiese posters is ook vreeslik (!?) mooi

Hier is een van daardie posters. Kyk net hoe happy is almal. Almal het kos en werk en glimlag met rooi wange. En die heroic posturing! Maar daar is vir my ook so ‘n chilling element daaragter. Dis vir my al so asof daar ‘n massagraf agter iewers skuil. Dis juis hierdie donker elemente en die feit dat mens as kyker, gegewe jou eie persoonlike konteks, nie rerig kan inkoop op die vrolike kleure en komposisies nie, wat my daarvan laat hou.

Hierdie een is een van my gunstelinge. Kyk so ‘n Kommie boerechick op ‘n bike! (Ek dink  hierdie enetjie sal Francois se goedkeuring wegdra.)

Maar in elkgeval, sedert Saterdag maal hierdie beelde toe deur my kop, en gisteraand toe gebeur daar die eienaardigste ding. Ek droom hierdie ongelooflike kinderboek los. Die titel is: Chairman Mao and the dancing hippos. Met die wonderlikste illustrasies!!! En vanoggend kan ek nie ‘n bleddie damn ding onthou nie! Kan julle dit glo. Dis nie die eerste keer dat die Muse vir my so in my slaap kom kuier nie. Ai!

Nou wil ek weet of daar enige iemand daar buite is wat dalk die storie vir my wil skryf, sodat ek kan prentjies teken?

En nou maal die dancing Hippos in my kop.

Kyk gerus hierna. Ons dans ook baie op hierdie musiek van Azul azul in biodanza (die dans-modaliteit waarop ek so versot is). Met die spesifieke instruksies van die fasiliteerder dat ons ons moet verbeel ons is so groot soos seekoeie!

18 antwoorde op Kommie boerechicks op bikes

  1. Teken net die storie sal kom….

  2. Ja,daardie posters is great,soos jy se almal is altyd so onnatuurlik happy en daar is verseker n chilling element daaragter.Maar ek love dit om na hulle te staar!
    Daardie droom ding van jou is weird,ek het seker so 2 maande gelede geblog daaroor want ek het dieselfde belewenis gehad.In my geval was dit n draaiboek gewees…Dit is so frustrerend as mens nie kan onthou nie!

  3. Angelor het gesê op Augustus 26, 2010

    Yup Palomino,.. Let op die “watch it if you don’t like it” gewapende soldaat op die voorgrond!

    Dancing hippos? Haai jy skryf van my!! oulik!

  4. Jy is reg, ja.

  5. Nattie, jy lees my gedagtes. Daar is een oppad…op ‘n harley.

  6. Daai soldaat se bajonet lyk vir my ekstra skerp.

    Nee, ek sal nie weet nie Angie, jy verseg mos om te dans as ek by is. miskien lyk jy aan die binnekant soos ‘n seekoei, maar ons lyk almal; aan die binnekant soos ‘n seekoei, anyway. (En die seekoei is, minus miskien een of 2 tone, mos verlangs familie van ‘n baie meer elegante dier, naamlik die perd, of hoe?)

  7. miskien moet ons ‘n dinkskrum hou, dan retreive ek my storie en jy jou draaiboek 🙂

  8. Frustrasie!

  9. Angelor het gesê op Augustus 26, 2010

    🙂 Ek sit maar liewer doodstil en dans Palomino,… ek kan n seekoei elegant laat lyk as dit by dans jom,..

  10. Klink na n damn goeie plan!

  11. Berwick het gesê op Augustus 26, 2010

    Baie interessant!

  12. Eish, propaganda kom in al die kleure van die reenboog.

  13. Ons seun droom gereeld ‘n plan A en ‘n plan B raak…en dan word hy vies as dinge anders loop as in sy droom!

  14. Askiestog? Wat het afgebliksem?

  15. 🙂

  16. Is so ne?

  17. Vreeslik frustrerend, ek kan absoluut met hom relate.

  18. Ag, nou maar skryf, Zazz!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.