by

Ganesha

Augustus 17, 2010 in Sonder kategorie

En hier sit ek gougou ‘n prentjie op van Ganesha. Dis ‘n opdragwerkie vir ‘n klient. sy het my rooi ganesha gesien en wou toe ook ‘n blou ene he. (Die rooie is saterdag op die Catpals Auction opgeveil ten bate van weeskatte)

Ek is mal oor Ganesha. Hy is verreweg die bekendste Hindu deity. Hy is die godheid wat hindernisse uit jou pad haal, en hy is ook die beskermheer van die Wetenskappe en kuns (snaaks hoe die 2 dinge altyd saam onder een vaandel geplaas word. Verder is Ganesha ook die deva vanintellek en wysheid. Deva is ‘n sanskrit woord en beteken engel. Ek is tog so versot op sy baie koppe en arms!

Onder my Ganesha is ‘n tier en ‘n uil op die papier ge-embosseer.

32 antwoorde op Ganesha

  1. ek ek het die een op CATPALS auction gekry… wooohaaaa wooopee heeehaaa

  2. Angelor het gesê op Augustus 17, 2010

    Ganesha is ook die god wat assosiasie dra met die heilige klank AUM wat interresant is in die opsig dat dit vibreer op die selfde toonhoogte as die menslike huil klank, en beide besik oor genesende elemente in die vrylating van pyn.

  3. Nee, ek werk hulle so een vir een af. ek moet nog net een kommisie klaarmaak, dan is ek by joune… 🙂 daars heelwat mense agter jou…eek!

    hierdie klient is ook al op my case want sy moes so lank wag…

  4. Nice angie!

  5. Oe lekker, ek hou ook van Shiva

  6. Wow dit is amazing!Weet jy dit is hoekom ek so baie van die blogs hou,elke dag lees of sien jy iets wat met jou praat of wat jou verstom…Ek gaan nou eers n bietjie meer nalees oor Ganesha…

  7. Ek sal nie vergeet nie!

  8. Dit maak hierdie kohnstenohr baie angstig en dan doen sy boggerol behalwe om te gaan karaoke…

  9. Berwick het gesê op Augustus 17, 2010

    🙂

  10. ag Berwick, jy het so ‘n mooi smile, weet jy! 🙂

  11. Lees ook wat se Angelor hieronder> Soos gewoonlik is hy meer clued up as ek!

  12. Dankie Kokomo!

  13. Lekker dag vir jou ook!

  14. Ek het!Dit is vreeslik interessant…

  15. Het jy al ‘n Kali gedoen?

  16. Ek werk op die oomblik aan Kali se afdag. sy le met komkommerskyfies oor haar oe en drink ‘n bloody Mary. Haar skirt van afgekapte manshande (!) hang argeloos oor ‘n stoel en sy het ‘n kamerjas en, natuurlik, fluffy pienk slippertjies aan.

    Kali is een van my gunstelinge. Het jy al “The Savage Breast – one man’s search for the Goddess” gelees? Ek dink elke man moet dit lees.

  17. Ag jou smile is ook oulik, Samuhr! 🙂

  18. Nog nie gesien nie – sal uitkyk – het die geskiedenis van die Thugs in Indie gelees – grillerige ouens.

  19. Ja, hulle is ne. Maar die idee dat iemand vir ons die donkerkant hou en uitleef, maak vir my baie sin.

  20. hey, waars die kommentaar wat ek paa dae terug hier gelos het? huh?

  21. Gits…ek weet jy het kommentaar gelos op my Pronk page op fb, maar ek het nie gesien dat jy comments hier gelos het nie.

    Ek vee nie goeters uit nie.

  22. dis beautiful – ek wens soms ek het soveel koppe en hande gehad…

  23. This is absolutely stunning, gorgous and marvellous!
    I am definitely returning to go through all the posts – your blog is a lovely find 🙂

  24. elizac het gesê op Augustus 24, 2010

    Ai, ek is seker nou erg mostert na die maal, maar ek het vandag eers jou blog ontdek. Absoluut gek na jou tekeninge – mal oor grafiese ontwerp en illustrasies. Waar verkoop jy oral – behalwe op kommissie? Ek was die vakansie in al die Kaapse gallerye, maar het jou nog nooit raakgeloop nie!

  25. Einste

  26. Ek maak hulle op bestelling. Stuur my net jou grootte. Moulinex maak dit maklik!

  27. Thank you very much sussuration.

  28. Ek hang nie vreeslik baie in gallerye nie, maar verkoop sommer so uit die hand uit. ek moet weer uitstalruimte in die kaap kry. Het jare gelede gereeld en met groot sukses daar uitgestel.

    Ek neem nou in oktober hier in prehistoria deel aan ‘n groepsuitstalling.

  29. Ek is nou besig om weer diertjies en dinge uit koper te sny vir nog ‘n reeks embozzies.

  30. elizac het gesê op Augustus 26, 2010

    Kyk bietjie of jy die Cape Gallery kan kontak. e-pos cgallery@mweb.co.za of webwerf: http://www.capegallery.co.za Die vrou aan wie dit behoort, is goed met talent raaksien. Sy’t Judy Woodborne verkoop voor almal haar wou hê. O, wag, foonnommer: 021-4235309.

  31. Ag, vreeslik dankie, ek gaan beslis.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.