Jy blaai in die argief vir 2010 Augustus.

by Pronk

Anha se uitdaging

Augustus 27, 2010 in Sonder kategorie

Orraait Anha. Hier is ek op my matriekafskeid. Ek is saam met my jeugliefde, sportheld en general all round good guy. Hy was ‘n fantastiese danser. Ons het vandag nog kontak danksy facebook.

Eish, die hare en die tawwerd is iets om te behold… dit het bestaan uit ‘n lang, nou skirt met ‘n wye korter skirt bo-oor en ‘n toppie wat saamgevat is deur ‘n cumberband. Ek het die cumberband jare daarna nog gedra, saam met ‘n wit hemp en ‘n manspak (ek was as student vreeslik into die androgene look. My oupa het vir my manspakmateriaal gegee en ek het ook manspakke daarvan laat maak)

Plat, rooi pumps het die ensemble afgerond.

Daar het julle dit nou

by Pronk

Kommie boerechicks op bikes

Augustus 26, 2010 in Sonder kategorie

Die naweek staan ek so by Exclusives en blaai deur ‘n boek oor Chinese kommunistiese propagandakuns. Dis een van die vele velde wat my geweldig interesseer. miskien is my belangstelling daarin opnuut geprikkel deur die dreigende media tribunaal wat nou soos ‘n swaard oor ons koppe hier in Suid Afrika hang, ek weet nie.

Ek dink kommuniste het oor die algemeen ‘n ongelooflike sin vir estetika. Die russiese posters is ook vreeslik (!?) mooi

Hier is een van daardie posters. Kyk net hoe happy is almal. Almal het kos en werk en glimlag met rooi wange. En die heroic posturing! Maar daar is vir my ook so ‘n chilling element daaragter. Dis vir my al so asof daar ‘n massagraf agter iewers skuil. Dis juis hierdie donker elemente en die feit dat mens as kyker, gegewe jou eie persoonlike konteks, nie rerig kan inkoop op die vrolike kleure en komposisies nie, wat my daarvan laat hou.

Hierdie een is een van my gunstelinge. Kyk so ‘n Kommie boerechick op ‘n bike! (Ek dink  hierdie enetjie sal Francois se goedkeuring wegdra.)

Maar in elkgeval, sedert Saterdag maal hierdie beelde toe deur my kop, en gisteraand toe gebeur daar die eienaardigste ding. Ek droom hierdie ongelooflike kinderboek los. Die titel is: Chairman Mao and the dancing hippos. Met die wonderlikste illustrasies!!! En vanoggend kan ek nie ‘n bleddie damn ding onthou nie! Kan julle dit glo. Dis nie die eerste keer dat die Muse vir my so in my slaap kom kuier nie. Ai!

Nou wil ek weet of daar enige iemand daar buite is wat dalk die storie vir my wil skryf, sodat ek kan prentjies teken?

En nou maal die dancing Hippos in my kop.

Kyk gerus hierna. Ons dans ook baie op hierdie musiek van Azul azul in biodanza (die dans-modaliteit waarop ek so versot is). Met die spesifieke instruksies van die fasiliteerder dat ons ons moet verbeel ons is so groot soos seekoeie!

by Pronk

Ganesha

Augustus 17, 2010 in Sonder kategorie

En hier sit ek gougou ‘n prentjie op van Ganesha. Dis ‘n opdragwerkie vir ‘n klient. sy het my rooi ganesha gesien en wou toe ook ‘n blou ene he. (Die rooie is saterdag op die Catpals Auction opgeveil ten bate van weeskatte)

Ek is mal oor Ganesha. Hy is verreweg die bekendste Hindu deity. Hy is die godheid wat hindernisse uit jou pad haal, en hy is ook die beskermheer van die Wetenskappe en kuns (snaaks hoe die 2 dinge altyd saam onder een vaandel geplaas word. Verder is Ganesha ook die deva vanintellek en wysheid. Deva is ‘n sanskrit woord en beteken engel. Ek is tog so versot op sy baie koppe en arms!

Onder my Ganesha is ‘n tier en ‘n uil op die papier ge-embosseer.

by Pronk

Interessante interaksies met die diereryk…

Augustus 11, 2010 in Sonder kategorie

Delightfully Grande Mother Goddess shopping for fluffy pink slippers…

Hierdie ene is vir Maryke, wat altyd sulke pragtige pienk slippertjies dra…. sy het gevra ek moet hulle iewers inwerk, toe het ek gese ek sal, maaar ek kan haar nie waarborg dat hulle op die plek sal wees wat sy verwag nie…haai raai en toe kry die wolf hulle beet (ons kan dankbaar wees dis nie die houtkapper nie, ne? That would have been very disturbing indeed…as hy nou die pienk slippers sou dra, bedoel ek. Die stoute slippers aantrek as’t ware…)

Hierdie skets is eintlik tantries van oorsprong, en nie deel van die kama sutra nie. Dit gaan oor gie Grande Mother goddess wat vir jou die lewe bring in al sy fassette, die verskriklikheid daarvan, en hoe dit ook deel is van die lewe… Die moedergodin het altyd slagtande…sy nooi jou uit om haar bloederige bek te kom french kiss en die lewe in al sy fassette te proe…maar sy het ook uitstekende smaak in bykomstighede.

Picasso het hier aan die einde van sy loopbaan so ‘n reeks vreeslike stuitige etse gedoen. Dit het bekend gestaan as die Vollard Suite. Julle kan dit gaan google. Persoonlik dink ek dit was sy beste werk ooit!

Hierdie reeks van my is ‘n tribute tot sy Vollard Suite. As mens Vollard in Frans uitspreek, klink dit ampertjies soos “Wolhaar”, so my reeks se naam is die Wolhaar-Suite. Ek vertel ook graag wolhaarstories met my tekeninge so dis appropriate…wat dink julle.

by Pronk

Nee, ek het nie die chicken run gedoen nie….

Augustus 6, 2010 in Sonder kategorie

Ek is nog hier, gesond en deur die genade uitgespaar, dankie!!! My dogter was net siek en ek moes na haar kyk. (vanmiddag verras ek haar met haar favourite Hannpann-olieskilderytjie wat selwers deur die kunstenaar nou net hier afgelewer is, sy gaan so in haar noppies wees!)

In elkgeval, so tussen my moederlike pligte deur het ek nog nie kans gehad om weer te skep nie, so nou plaas ek vir julle maar ‘n vreeslik onststigtelike, hoogsgesensureerde doodle om julle bietjie op te rui vir die naweek….

Moenie vergeet om op die skryfster: Zazza, se webwerf: afrikamasutra.net te gaan kuier nie. Zazza is ook nou met ons hier op die blogs en ek sien van die reikhalssendtse uit na wat daar gaan posvat!

En hier: http://letterdash.com/Hardass_Turtleboy/afrikamasura-drawings blog Zordian ook oor sy illustrasies vir dieselfde projek.

Sien julle weer dinsdag!

by Pronk

Vir Pruimtwak en Cin…en almal

Augustus 4, 2010 in Sonder kategorie

Hierdie een se titel is:

Stillewe met soet, ryp vye, geel gieter en stoute apies

…en is opgedra aan Pruimtwak wat neusopgetrek het vir my pizza en met allerhande voorstelle gekom het van vy-balsamic en so aan.

Orraait julle, ek is blykbaar gereport op Facebook oor die prentjie, en ek verwag terstond optrede hier van Penny hulle se kant. Pienk sterretjie desnieteenstaande…vaarwel, dit was goed om julle te ken…

by Pronk

Afrikamasutra update 3: Hallo Zazza!

Augustus 3, 2010 in Sonder kategorie

Hallo julle!

Hier is Zazza. Sy weet iets wat ons nie weet nie en wil graag met ons deel. Ek dink die springbokvelletjie is ‘n oulike touch.

More post ek ‘n baie gewaagde sketsie. Ek kan self nie glo ek teken so iets nie! Sy gaan definitief ‘n sterretjie ophe, ek wil nie moeilikheid he by penny hulle nie. as julle haar in al haar glorie wil besigtig, moet julle maar wag vir die boek, hoor!