by

Mi cocodrilo verde

Maart 24, 2010 in Sonder kategorie

My groen krokodil. Wel, eintlik so ‘n rooierige, persgroen ene. Geinspireer deur ‘n liedjie van Celia Cruz. Hoewel ek die Spaans nie goed verstaan nie, maak ek iets uit van:

Ek staan daar op die ballustrade

en sing ‘n serenade

vir my groen krokodil

Nageskilder vanaf ‘n ou persiese krokodil uit die Moghul skool. Die Moghuls was ware meesters, dis hoekom ons vandag nog sê iemand is ‘n finansiële Moghul of ‘n movie Moghul of so…

Te siene by Diek se Art Garage Sale wat Vrydagaand 6 uur opren.

Clarenden Court No 8, Eastwood straat Arcadia. (Ry in Eastwoodstraat op vanaf die VSA Ambassade, bo-oor Kerkstraat, dis in die blok tussen Kerk en Goewermentsrylaan aan jou regtekant. Mooi ou blok woonstelle)

Dit hou nog Saterdag en Sondag ook aan…

1 antwoord op Mi cocodrilo verde

  1. palamino het gesê op Maart 24, 2010

    Wel, kom kyk, miskien praat hy met jou… 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.