Jy blaai in die argief vir 2010 Februarie.

by Pronk

Wonderlike Rumi

Februarie 22, 2010 in Sonder kategorie

Two Kinds of Intelligence


There are two kinds of intelligence: one acquired,

as a child in school memorizes facts and concepts

from books and from what the teacher says,

collecting information from the traditional sciences

as well as from the new sciences.


With such intelligence you rise in the world.

You get ranked ahead or behind others

in regard to your competence in retaining

information. You stroll with this intelligence

in and out of fields of knowledge, getting always more

marks on your preserving tablets.


There is another kind of tablet, one

already completed and preserved inside you.

A spring overflowing its springbox. A freshness

in the center of the chest. This other intelligence

does not turn yellow or stagnate. It’s fluid,

and it doesn’t move from outside to inside

through conduits of plumbing-learning.


This second knowing is a fountainhead

from within you, moving out.


From Essential Rumi

By Coleman Barks

by Pronk

Work in progress

Februarie 17, 2010 in Sonder kategorie

Online Buddha with dramatic waterfeature and gardening staff strictly adhering to municipal safety regulations.

Buddha still needs his jewelry and the fountain needs to start spouting, but we are almost there! Phew!

by Pronk

Almal se eerlike opinie, asb!

Februarie 12, 2010 in Sonder kategorie

Lyk my Marinara Pizza smaaklik, of laat die calamari jou aan kondoompies dink? (Miskien is dit ‘n spesiale valentynspizza?)

by Pronk

The Owl & the Pussycat

Februarie 9, 2010 in Sonder kategorie

….en hier is die borduurstuk op ‘n t-hemp! Het bietjie gespoedborduur oor die naweek, en dit toe Sondagaand na die opening van die uitstalling toe gedra.

My werk hang nou op die Valentynsuitstalling, getiteld: The Owl and the pussycat. Dis vir nog so 2  weke aan by die Pretoriase Kunsvereniging hier in Mackiestraat. Gaan kyk gerus!

by Pronk

Luscious One se lys

Februarie 3, 2010 in Sonder kategorie

Luscious one het ook ‘n lys wat die rondtes doen…dis altyd vrek interessant om al die ander mense se lysies te lees. Ekke? Ek het volwasse ADD…ek het eenvoudig nie die motivator hormones om sulke goed in te vul nie, maar een van die vrae daarop is: Are you good with accents?

Antwoord: Flip, ja, ek dink ek het ‘n hele paar al onder die knie. Ek dink my beste is:

GAY, AFRIKAANS, APARTEID ACTIVIST FROM CAPE TOWN

 

Bel my gerus, dan doen ek hom vir jou…

Dial net 086 POEPHOL…

Oproepe kos R6.50 per minuut

The Owl & the Pussycat het gisteraand gebeur! My vingers is rou!!! Bietjie subversief, ne? Die Kietsiekat gaat die owl vang! Dit laat my nou dink aan die fliek: Surviving Picasso…daar is mos so ‘n toneel waar ‘n uil ‘n kat (!) vang

by Pronk

Die Les van die Dag…

Februarie 2, 2010 in Sonder kategorie

Orraait, die storie wat ek wil vertel het niks met die prentjie hierbo te doen nie. Maar vandag kyk ek na die prentjie – hy het lankal al ‘n baas – toe mis ek hom skielik. En ek is nie eintlik so nie, ek laat my prentjies sonder enige gewetenswroeging gaan…hulle is after all prentjies, nie puppies nie!

Die Boeddhiste het altyd sulke interessante stories waardeur hulle ‘n mens belangrikke lewenslesse leer. Een van my gunstelinge gaan as volg: Daar het buite ‘n dorpie, teen ‘n heuwel op, ‘n boeddhistiese monnik gewoon. Hy het homself stil en stemmig gedra, tuingemaak en gemediteer en bitter selde met enige iemand op die dorp gekommunikeer.

Op ‘n mooi dag het een van die dorp se jong meisiekinders agtergekom dat sy swanger is. Sy het na haar pa toe gegaan en, omdat sy geweet het dat hy woedend sou wees as hy hoor, het sy besluit om die blaam op die ou monnik te plaas. Toe die baba gebore is, het die oupa die kleintjie gevat en teen die heuwel opgestap na die ou monnik toe. Daar gekom het die oupa aan die monnik die hele storie verduidelik en gese dat, aangesien hy die pa is, hy dan maar die baba moet grootmaak.

Die ou monnik het geglimlag, die baba geneem en gese: Regso! Hy het van toe af aan die kindjie grootgemaak soos sy eie en die kleintjie het floreer.

Die kleintjie was ‘n hele paar jaar oud toe die meisiekind se gewete uiteindelik die oorhand kry en toe is sy weer na haar pa toe. Die pa was hoogs geembarasseerd en het teen die heuwel uitgestorm om die seuntjie te gaan terugvat.

Weereens het die ou monnik net geglimlag en gese: Regso!

Nou wens ek so ek kan in daai spasie leef…daai spasie waar die heelal ‘n “bybie” op jou dump en jy smile en se: Fine by me! En waar die heelal ook dan iets waarvoor jy intussen baie lief geword het, by jou kom wegneem, en jy se: Fine by me! Dit sal darem ‘n groot klomp suffering uitskakel!