by

Royal de Luxe

Januarie 18, 2010 in Sonder kategorie

Ek wil vandag graag iets met julle deel wat my nou al vir ‘n paar jaar lank absoluut betower.

Dit is die Franse meganiese straat teatergroep, genaamd royale de luxe. Dis in 1979 begin deur Jean Luc Courcoult en hulle is gebasseer in Nantes

hulle maak enorme marionette wat hulle dan met behulp van hyskrane en selfs helikopters vanuit die lug uit manipuleer. Verder het hulle dan ook honderde performers onder op die grond wat help met fyner manipulasie.

Die fotos hier is van die “reuse klein dogtertjie” Sy is blykbaar 12 meter hoog. Die outjies in rooi wat hier so om haar rondskarrel, is deel van die teatergroep

Daar is nog heelwat ander poppe in hulle repertoire, onder andere ‘n enorme olifant wat rus op ‘n dubbeldekkerbus. hy trompetter, piepie in die strate en spuit die toeskouers sopnat met sy slurp. Totaal en al magies. Hulle toer die hele wereld vol en on moet duimvashou dat hulle dalk na Suid Afrika toe sal kom!

Hier is ‘n paar videoclips van die reuse klein meisietjie en die Sultan se olifant in aksie.

Let op na die ekstatiese toeskouers!

Baie mense kla dat hogere kuns ontoeganklik is. Wel, hierdie is hogere kuns in   my boek en ek dink dit sal jonk en oud, ingelig en oningelig uit die water uit blaas. Wys dit bietjie vir julle kinders en kyk wat gebeur!

14 antwoorde op Royal de Luxe

  1. Isn’t it Cin. Apparently they get state funding. Can you beleive it? A country that does’nt just channel all its money into sport! Halleluja!

  2. Lekker om jou hier te sien, Tronkie. My kinders wil ook weer en weer daarna kyk. Pasop net youtube vreet bandwydte

  3. Dis reg ja. Ek kyk hierna en dit “Thrill” my op ‘n manier wat nie eers iets soos Avatar kan doen nie!

    Ek wens hulle wil hiernatoe kom, maar die naaste wat hulle nog aan ons was is die Kameroen. Hulle loop wel graag in Suid Amerika rond.

    In Frankryk kry die kunste net soveel geld van die staat as sport. Kunstenaars en kunsgroepe soos hierdie word deur die staat befonds.

  4. O absoluut Ja! Dis ‘n date!

  5. zephur het gesê op Januarie 19, 2010

    Dit lyk fantasties

  6. Ongelooflik! Sou graag so iets wou belewe! Die olifant is net so oulik.

    Het gewik en weeg, en sal die foto van my broer opsit (was bang ek skend sy privaatheid!) – die pop in sy foto lyk baie soos hierdie een!

  7. Ek is net so mal oor marionette en enige ander vorm van puppetry.

    Hier is nog een van my favourites:

    http://www.youtube.com/watch?v=6LsMoUtBlDk

    Dis gemaak deur Guilherme Marcondez. Hy gebruik puppetry en animasie. sy poppe word deur mense in swart klere direk met die hand gemanipuleer en jy moet hier sien hoe ongelooflik dit is as 4 verskillende individue ‘n tier op so ‘n koherente manier laat beweeg. Magies!

  8. Rerig wonderlik Zeppie. Ek hoop ek kan hulle een of ander tyd in lewende lywe aanskou.

  9. Ja, die olifant is pragtig. Hy het 2 balkonne aan weerskante van sy lyf waarop mense kan saamry.

  10. Kan nie genoeg hierna kyk nie, dit tref mens elke keer! Sal my kleinkinders wys wanneer hulle weer hier kuier. En noudat ek weet die agtergrond van jou profiel is jou eie werk, wil ek net graag noem, dit is “magic”!

  11. Dankie arosa!

  12. Izakdv het gesê op Januarie 28, 2010

    Marita van de Vyver het mooi oor sulke poppe geskryf in GRIET KOM WEER.

  13. Wraggies1 Ek moet bietjie gaan kyk. Ek was mal oor Griet skryf ‘n sprokie, maar het nognie weer iets van M VDV aangepak, behalwe haar Sarie rubrieke nie.

  14. Jy het defniteif die beste blog hier rond.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.