by

Die Kopertafeltjie

Januarie 13, 2010 in Sonder kategorie

Koper vloei dik deur my are. My pa is ‘n kopersmid en ek het grootgeword in ‘n huis waar hy gereeld groot stukke koper uitgegloei het vir sy werk. Ek het nou nog ‘n absolute fasinasie met die kleure wat mens kry as jy koper met ‘n blaasvlam warm maak. Ek dink ek skilder hoofsaaklik in daardie koper-pienke, perse, oranjes en groene.

Hierdie tafeltjie is deur my pa gemaak. Dit het ‘n gedraaide hout voetstuk en dan ‘n geelkoper blad. Ek het vreeslik baie sentimentele waarde daaraan en dis onvervangbaar. Die meeste van die meubels in my huis is deur my pa gemaak.

Ek wou graag die tradisie voortsit en ook met koper werk, maar, anders as hy, werk ek natuurlik op ‘n kleiner skaal. Die tier wat ek voorheen gepost het is ‘n voorbeeld daarvan en ek maak ook koperstaanders waarop my miniatuurskilderytjies kan rus, soos hierdie een.

My pa is baie trots op wat ek als aanvang met sy medium!

3 antwoorde op Die Kopertafeltjie

  1. abrham het gesê op Januarie 14, 2010

    saartjie na die vaartjie. koper is so n warme ardse kleur, veral geel.

  2. Trakie het gesê op Januarie 14, 2010

    Baie, baie besonders.

  3. Ek sou ure in jou huis kon deurbring en na elke dingetjie kyk! Jou staandertjie is pragtig!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.