by

Confessions of a closet VLU-Tannie

Januarie 11, 2010 in Sonder kategorie

Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek ek ‘s ‘n stoere afrikanervrou…een in murg en been.

soos my voorgeslagte hou ek myself ook gereeld besig met ‘n ou handwerkie, borduurwerk, (nee, ek gaan NIE naai se nie, its been done to death!!) stikwerk, bak-en-brou, en dies meer. En die hele ding is besig om te vererger namate ek ouer raak!

Daarsy! My Tabbertjie is uiteindelik klaar. Van voor af het ons ‘n stigtelike, formele hempsrok (ek hoor dis die seisoen glo in, want dit beklemtoon mens se kurwes)

Maar van agter het ons ‘n bietjie van ‘n “Rock chick” motief. “n verassende element, ast ware. Kyk, eks handig met lap, naald en gare, maar die storietjie het ‘n hele paar sondae in beslag geneem.

En hier is ‘n voorbeeld van my fyngebak….

Come to think of it, ek reken ek het so bietjie van die Stoere Afrikaner Man in my ook! Ek kap, timmer, saag en vyl ook graag….

Hy gaan ‘n necklace word…

13 antwoorde op Confessions of a closet VLU-Tannie

  1. Baie naais…veral die halssnoer…ek hou ook van my eie klere ontwerp.
    Die ‘kleur’ van die heelal is hemels, he, he…gaanie nou se nie…

  2. abrham het gesê op Januarie 11, 2010

    aitsa, en daai model! die persoonlike onderbewuste is maar ‘n druppel in vergeleke met die kollektiwe. hoe lyk dit met boerbeskuit – daais wat jy self knie lat jou skouers vir vier dae pyn …

  3. Boerebeskuit knie is baie goeie oefening vir die boobs, maar ongelukkig is my innerlike VLU-Tannie nog te diep in die kas en my aandagspan te kort vir resepte wat soveel tyd in beslag neem…deesdae se tannies en anyway almal ‘n Kenwood Chef met ‘n kniefunksie.

  4. Jy moet bietjie van jou klere vir ons wys, jong. Klink interessant!

  5. Dankie Sonel.

  6. Neander het gesê op Januarie 12, 2010

    Jy is voorwaar ‘n VLU-tannie met baie talente, hou aan.

    Dankie vir al jou stimulerende kommentare. I like!

  7. Dankie Neander.

  8. Die tier is uit 0.9mm dik koperplaat gesaag. Ja, dit vat nogals lank maar dis vir my vreeslik terapeuties om met so iets te sit en vroetel. Hy moet nou nog ‘n ketting en ‘n paar koperkrale aankry.

  9. Trakie het gesê op Januarie 14, 2010

    Daai kersies, daai kersies! Iedereen van daai stingeltjies sméék om opgetel te word en reguit mond toe te gaan!

  10. Kersies is subliem!

  11. Izakdv het gesê op Januarie 28, 2010

    Jy’s handig!

  12. Jip, ek kan tot vrou alleen ‘n tire omruil. Solank ek ‘n hefboom-spanner het en onthou: Lefty Loosey, rightey tightey… (ek weet al hoe om ‘n vonkprop ook in te sit)

  13. Ek sal jou oornooi vir tee…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.