by

Desember 2009

Januarie 7, 2010 in Sonder kategorie

Dis waar ek Desember was:

Eers in swede, met stieg Larsson se laaste 2 boeke, The girl who played with fire en The girl who kicked the hornet’s nest. Ek het die eerste een vroeg in die jaar gelees, toe die laaste 2 nognie verskyn het nie, en ek was skoon depressed omdat ek so lank moes wag. Toe het ek maar seker gemaak die depressie slaan nie toe nie en dat ek altwee gereed het, sodat ek soomloos van die een in die ander een kan ingaan. Wat ‘n tragedie dat die skrywer oorlede is!

Toe is ek Kaapstad toe, met Deon Meyer se 13 Uur. What a trip! Dis die eerste keer dat ek hierdie skrywer lees en sy werk is onneersitbaar heerlik! Ek gaan summier al sy ander goed bestel.

Toe het ek tyd spandeer in Middeleeuse Engeland waar ek myself ingeleef het in die lief en leed van die inwoners van Knightsbridge, met Ken Follet se World without end. Ek het jare gelede Pillars of the earth gelees oor die bou van die katedraal op die dorpie en hierdie boek sluit dan daarby aan. Wonderlik!

Nou is ek nog besig met Sharantam, daar op die hoop van my stapeltjie. My leesorgie kom tot ‘n einde en ek kyk soos ‘n regte junkie nervous om my rond. Waar sal my volgende fix vandaan kom?

Soos julle kan sien op die agtergrond, rangskik ek my boeke volgens kleur op my rak…ek dink ek kort nou oranje boeke. Ek gaan bietjie opstock op Penguin Classics!

13 antwoorde op Desember 2009

  1. Al is dit bietjie laat… Voorspoedige nuwe jaar!

    Books are a wonderful way of getting around the world.

    Mooi dag vir jou!
    (((hugs)))

  2. palamino het gesê op Januarie 7, 2010

    Dis reg, dit maak globe hopping net soveel minder kompleks vir lui mense soos ek.

    Happy, happy vir jou ook, hoor! Hoop jy is al lekker ingeburger in jou nuwe blyplek aan ons kant van die boereworsgordyn!

  3. palamino het gesê op Januarie 7, 2010

    ‘n rusbankvakansie is die lekkerste vakansie wat daar is. die enigste nadeel is dat ek my nou verbeel ek ly aan karpale tonnelsindroom omdat ek heeltyd le terwyl ek swaar boeke moet regophou.

  4. Oh ja! Pretoria weet ek het gearriveer! (“,) lol

  5. palamino het gesê op Januarie 7, 2010

    Hehe! Dankie TL…ek moes die kamera baie mooi posisioneer om nie die kindergedrewe chaos in die agtergrond op te vang nie.

  6. palamino het gesê op Januarie 7, 2010

    O ja, ek kan jou baie voorbeelde van hondgedrewe chaos ook wys!

  7. sprokie het gesê op Januarie 8, 2010

    Ek het ook Desember vir 13 uur en Lisbeth Salander gelees. Amazing! Hie hie, dis vir my oulik dat jy jou boeke colour code!

  8. palamino het gesê op Januarie 8, 2010

    Dit wil my voorkom asof ons boeklysies op een of ander manier astraal verbind is! 🙂

  9. Berwick het gesê op Januarie 8, 2010

    Lekker reise!
    Goed gaan, Palomino.

  10. 1) Hierdie tafeltjie is vir my baie waardevol. Ek het gou vir jou iets gepost daaroor, gaan kyk gerus.
    2) Jong, eks ooknie ‘n whodunnit fan nie, maar hierdie boeke is anders. Dis tematies gesproke wel ‘n murder mysterie, maar die verhaalgegewe is so briljant en anders!!!
    3) Die ou kussintjie is ‘n liggroen tappisseriekussing met ‘n vet kat op en kom uit my kleintyd.
    4) kleur is my ding…ek onthou boeke volgens kleur, so ek weet darem waar is als op my rak.
    Vir nou is my leeslus. Ek beperk myself tot fiksie in vakansies en gaan nou Dennis Dutton se:”The Art Instinct” takel. As ek nie kan lees nie, sal ek wegkwyn. vir my is dit soos asemhaal

  11. Trakie het gesê op Januarie 14, 2010

    Altwee Ken Follett-boeke gelees. En ‘n derde een, genaamd “A Place Called Freedom”. Ongelooflik talentvolle skrywer!

  12. Ek gaan dadelik kyk of ek dit in die hande kan kry!

  13. Ja, douglas, hulle is eesteklas. Ek is vertroud met Hosseini.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.