Jy blaai in die argief vir 2010 Januarie.

by Pronk

Spinnekoppe!

Januarie 28, 2010 in Sonder kategorie

Daar is 2 ou groot kwaai spinnekopmammas in my tuin!

by Pronk

Royal de Luxe

Januarie 18, 2010 in Sonder kategorie

Ek wil vandag graag iets met julle deel wat my nou al vir ‘n paar jaar lank absoluut betower.

Dit is die Franse meganiese straat teatergroep, genaamd royale de luxe. Dis in 1979 begin deur Jean Luc Courcoult en hulle is gebasseer in Nantes

hulle maak enorme marionette wat hulle dan met behulp van hyskrane en selfs helikopters vanuit die lug uit manipuleer. Verder het hulle dan ook honderde performers onder op die grond wat help met fyner manipulasie.

Die fotos hier is van die “reuse klein dogtertjie” Sy is blykbaar 12 meter hoog. Die outjies in rooi wat hier so om haar rondskarrel, is deel van die teatergroep

Daar is nog heelwat ander poppe in hulle repertoire, onder andere ‘n enorme olifant wat rus op ‘n dubbeldekkerbus. hy trompetter, piepie in die strate en spuit die toeskouers sopnat met sy slurp. Totaal en al magies. Hulle toer die hele wereld vol en on moet duimvashou dat hulle dalk na Suid Afrika toe sal kom!

Hier is ‘n paar videoclips van die reuse klein meisietjie en die Sultan se olifant in aksie.

Let op na die ekstatiese toeskouers!

Baie mense kla dat hogere kuns ontoeganklik is. Wel, hierdie is hogere kuns in   my boek en ek dink dit sal jonk en oud, ingelig en oningelig uit die water uit blaas. Wys dit bietjie vir julle kinders en kyk wat gebeur!

by Pronk

Die Kopertafeltjie

Januarie 13, 2010 in Sonder kategorie

Koper vloei dik deur my are. My pa is ‘n kopersmid en ek het grootgeword in ‘n huis waar hy gereeld groot stukke koper uitgegloei het vir sy werk. Ek het nou nog ‘n absolute fasinasie met die kleure wat mens kry as jy koper met ‘n blaasvlam warm maak. Ek dink ek skilder hoofsaaklik in daardie koper-pienke, perse, oranjes en groene.

Hierdie tafeltjie is deur my pa gemaak. Dit het ‘n gedraaide hout voetstuk en dan ‘n geelkoper blad. Ek het vreeslik baie sentimentele waarde daaraan en dis onvervangbaar. Die meeste van die meubels in my huis is deur my pa gemaak.

Ek wou graag die tradisie voortsit en ook met koper werk, maar, anders as hy, werk ek natuurlik op ‘n kleiner skaal. Die tier wat ek voorheen gepost het is ‘n voorbeeld daarvan en ek maak ook koperstaanders waarop my miniatuurskilderytjies kan rus, soos hierdie een.

My pa is baie trots op wat ek als aanvang met sy medium!

by Pronk

Confessions of a closet VLU-Tannie

Januarie 11, 2010 in Sonder kategorie

Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek ek ‘s ‘n stoere afrikanervrou…een in murg en been.

soos my voorgeslagte hou ek myself ook gereeld besig met ‘n ou handwerkie, borduurwerk, (nee, ek gaan NIE naai se nie, its been done to death!!) stikwerk, bak-en-brou, en dies meer. En die hele ding is besig om te vererger namate ek ouer raak!

Daarsy! My Tabbertjie is uiteindelik klaar. Van voor af het ons ‘n stigtelike, formele hempsrok (ek hoor dis die seisoen glo in, want dit beklemtoon mens se kurwes)

Maar van agter het ons ‘n bietjie van ‘n “Rock chick” motief. “n verassende element, ast ware. Kyk, eks handig met lap, naald en gare, maar die storietjie het ‘n hele paar sondae in beslag geneem.

En hier is ‘n voorbeeld van my fyngebak….

Come to think of it, ek reken ek het so bietjie van die Stoere Afrikaner Man in my ook! Ek kap, timmer, saag en vyl ook graag….

Hy gaan ‘n necklace word…

by Pronk

A lighter shade of beige.

Januarie 7, 2010 in Sonder kategorie

Cosmic latte is a name assigned in 2002 to the average color of the universe (derived from a sampling of the electromagnetic radiation from 200,000 galaxies), given by a team of astronomers from Johns Hopkins University.

by Pronk

Desember 2009

Januarie 7, 2010 in Sonder kategorie

Dis waar ek Desember was:

Eers in swede, met stieg Larsson se laaste 2 boeke, The girl who played with fire en The girl who kicked the hornet’s nest. Ek het die eerste een vroeg in die jaar gelees, toe die laaste 2 nognie verskyn het nie, en ek was skoon depressed omdat ek so lank moes wag. Toe het ek maar seker gemaak die depressie slaan nie toe nie en dat ek altwee gereed het, sodat ek soomloos van die een in die ander een kan ingaan. Wat ‘n tragedie dat die skrywer oorlede is!

Toe is ek Kaapstad toe, met Deon Meyer se 13 Uur. What a trip! Dis die eerste keer dat ek hierdie skrywer lees en sy werk is onneersitbaar heerlik! Ek gaan summier al sy ander goed bestel.

Toe het ek tyd spandeer in Middeleeuse Engeland waar ek myself ingeleef het in die lief en leed van die inwoners van Knightsbridge, met Ken Follet se World without end. Ek het jare gelede Pillars of the earth gelees oor die bou van die katedraal op die dorpie en hierdie boek sluit dan daarby aan. Wonderlik!

Nou is ek nog besig met Sharantam, daar op die hoop van my stapeltjie. My leesorgie kom tot ‘n einde en ek kyk soos ‘n regte junkie nervous om my rond. Waar sal my volgende fix vandaan kom?

Soos julle kan sien op die agtergrond, rangskik ek my boeke volgens kleur op my rak…ek dink ek kort nou oranje boeke. Ek gaan bietjie opstock op Penguin Classics!