by

Piekniek op die grasperk…

Maart 17, 2009 in Sonder kategorie

 

Hierdie is ‘n bietjie van ‘n opstuur van Manet se bekende skildery: Le dejeneur sur l’herbe, oftewel, Piekniek op die Gras. Destyds het hy die wereld geskok deur naakte vroue saam met goedopgevoede, welgeklede mans te skilder.

Die sementswaan, beton voeltjiebad, tuinsproeier en glasbedekte muur is maar alles voorstedelike images. Dinge wat in my psige vasgele is en waarmee ek grootgeword het.

Hier sit ons maiden en eet haar pizza, terwyl dit lyk of syself netnoumaartjies gaan lunch wees vir een van my alomteenwoordige tiers.

Maar dis nie al nie!

If you dial now….!

Ek het besluit om bykomstighede by die skilderytjie te skep. Oorbelle van sterling silwer met detail van die skildery in resin daarin gebed.

Ek scan die skildery en maak dan afdrukke op viniel. Ek moes my huiswerk goed doen om seker te maak dat die ink wat ek gebruik stabiel is en lank sal hou. Hierdie ink word gebruik om groot advertensieborde mee te druk en is gewaarborg vir 5 jaar in direkte sonlig.

Ek gebruik ook ‘n nuwe tipe gel-resin. Dis sag en swel en krimp lekker saam met die silwer. Dus vorm daar nie krake nie. Dit verkleur ook nie. Hierdie resin word in die motorindustrie gebruik om stickers en logos vir karre te druk, so dis ook baie duursaam.

Nou kan jy my kunswerk teen jou muur he en terselftertyd aan jou ore dra!

21 antwoorde op Piekniek op die grasperk…

  1. Angelor het gesĂȘ op Maart 17, 2009

    🙂 Ek dink die mees geskokdes was juis goedopgevoede, welgeklede mans, wat bang was hul vrouens vind uit waar hulle kuier!

    Ek persoonlik dink uitgepaasde blouvoet in die voorgrond is nogals thought provoking,.. (skies vir die Swahilie, my Engels is maar swak as ek probeer Tswana praat)

  2. Angelor het gesĂȘ op Maart 17, 2009

    En sorry,.. ek het bedoel om te se Hello Palomino,..

  3. Moonz het gesĂȘ op Maart 17, 2009

    Hi doll. Love the painting and adore the oorbelle! Can’t wait to visit with you when I get back from the USA.
    Thanks for the mail – will catch up with you via email from there as well.
    HUGS xxx

  4. palamino het gesĂȘ op Maart 17, 2009

    Ag jy kan enige iets se…jy is ‘n totale sweetie pie!

    Hallo Angie. Lekker om jou weer te sien

  5. palamino het gesĂȘ op Maart 17, 2009

    Sounds lovely. I would love to get some news from the US!

  6. Angelor het gesĂȘ op Maart 17, 2009

    Uh uh,.. ek het gekrap, ek kry geen blou tand nie,… Help? ek sal 40 dae en 40 nagte hier rond dwaal… sonder om n ding wys te word! Al is ek net so slim soos Forest Gump!

  7. palamino het gesĂȘ op Maart 18, 2009

    Hiehie! Ja, ek ken dit goed. Baie Jungiaans en ek dink ‘n groot invloed op my werk. Die hele ding van “eet” eintlik. Wie eet vir wie. Eet met die oog, die feit dat ons die mense wat ons liefhet nogals graag “opeet” kinders ook…en natuurlik in die seksuele sin van die woord ook (jy het nou die dag daaroor geblog). Jesus wat se “eet my vleis en drink my bloed”… Eet is die maklikste manier van integrasie. As ons iets eet, word dit deel van ons.

    Altyd lekker as jy hier kuier Ghaap!

  8. czardas het gesĂȘ op Maart 22, 2009

    Hey Palomino ‘o mine, how you doing ?

  9. abrham het gesĂȘ op Maart 23, 2009

    pragtige volronde bors – mandala? wie kan en wil ‘n onkundige in tantra onderrig?

  10. Neander het gesĂȘ op Maart 31, 2009

    Palo, jy is ‘n ware kunstenaar, doe so voort!!

  11. klarisabet het gesĂȘ op April 1, 2009

    STUNNING!!!!

  12. jduplooy het gesĂȘ op April 1, 2009

    nogal interersant!!

  13. Berwick het gesĂȘ op April 1, 2009

    Ek hou baie hiervan!

  14. palamino het gesĂȘ op April 2, 2009

    Baie dankie Berwick!

  15. palamino het gesĂȘ op April 2, 2009

    Dankie Whatever!

  16. zephur het gesĂȘ op April 3, 2009

    Snaakse samevoegings.

    Wreed maar ook vrede.

  17. love the pizza box x

  18. shongololo het gesĂȘ op April 3, 2009

    En die blou bene wat hier onder uitsteek? Dis weird maar fassinerend, hou nogals daarvan 🙂

  19. abrham het gesĂȘ op April 4, 2009

    my favourite

  20. neirac het gesĂȘ op April 29, 2009

    Hallo. Kom nou op jou blog af. Miskien kan jy my help. Ek het ‘n stukkie papier en wil dit graag in resin laat sit en in ‘n hangertjie laat maak. Na wie toe gaan ek. Wes kaap verkieslik. Sit in namakwaland. Waarvoor moet ek vra en waarna moet ek op die uitkyk wees? Ek is ‘n clueless mens. En dit klink of jy weet wat aangaan. Thanks by voorbaat

  21. Lollie1 het gesĂȘ op Julie 7, 2009

    En hier dog ek my kunstenaar is die enigste een met talent! Baie awesome paintings. Ek kan sien jy hou van detail…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.