by

My Prehistoria (2)

Maart 5, 2009 in Sonder kategorie

 

Dis altyd vir my baie interessant om saam met my kinders in die Transvaalmuseum te gaan rondloop. Ek is mal oor die plek. Ek loop altyd en dink hoe nice dit sal wees om so ‘n ou swart en wit Vampire movie daar te skiet. Mens kan baie dramaties by die trappe in die foyer afkom, so met ‘n swart cloak aan en die hele ding so van onder af belig. 

Die primaat uitstalling tickle my geweldig en ek was nou al weer en weer daar om telkens nog fotos van die apies te neem. Om opgestopte diere te gebruik as modelle vir mens se sketse werk nie altyd so lekker nie. Opgestopte diere se “joints” is rubberig…daar’s nie skelet nie. Maar ek geniet dit nietemin. Opgestopte diere fassineer my. Ek het self ‘n Art Deco Opgestopte krokodil. Hy is op sy agterpote gemonteer met sy voorpootjies amper biddend voor hom uitgestrek. In sy oop bek het hy ‘n light fitting. Ek wil hom nog altyd restoureer en een van daai flikkerende gloeilampies in sy bek monteer.

My eks het ‘n lieflike bosbok- en vlakvarkkop gehad. Ek het vir hulle pienk krinklepaper garlands gemaak en die kinders het die vlakvark se tande met hulle vetkryt versier. Ongelukkig het hy hulle saamgeneem toe ons geskei is. Ek mis hulle vreeslik….

Maar terug na die museum. Ek is ook mal oor die argitektuur en loop my altyd en verwonder aan die detail.

Soos hierdie sandsteenleeu by die trappe. Wonderlik! (Verbeel ek my of lyk hy effe stout?)

Maar my gunstelinginstallasie in die plek, is die een getiteld: Genesis en dateer uit die sewentigs. Kompleet met asbestosgevulde stukkadoorpleisterwerk en Moorse Boogvensters. Als gedoen in ‘n smaakvolle retro oranje en bruin kleurskema! Die installasie self hoort in ‘n museum, so oud is dit! Dit gaan oor die oorsprong van lewe en so aan en bevat ook ‘n kunswerk wat as groot bron vir inspirasie vir my eie werk dien:

….die lewenssiklus van Bilharzia….in Batik!

6 antwoorde op My Prehistoria (2)

  1. abrham het gesê op Maart 7, 2009

    daai leeu…daai leeu…

  2. Neander het gesê op Maart 7, 2009

    Palomien, hou so aan. Dankie vir die besoekie.

  3. Angelor het gesê op Maart 8, 2009

    absoluut stunning,.. ek het nog altyd gewens ek kon Batik doen!

  4. Moonz het gesê op Maart 12, 2009

    Whew.. I’ve missed a lot. Been catching up. Sorry I haven’t been around.. I haven’t touched sides this year. I think I’ll have to make arrangements to meet with you when I get back from the USA in June. Your work is stunning.. I love it!
    HUGS and hope you’re well xxx

  5. Trakie het gesê op Maart 13, 2009

    Interessante blog dié!

  6. Berwick het gesê op Maart 13, 2009

    Nice!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.