by

My werkswyse

Januarie 17, 2009 in Sonder kategorie

 

Ek werk met gouache. Dis ‘n soort waterverf maar meer veelsydig. Met gewone waterverf kan mens net deurskynend en met washes oormekaar werk. Gouache kan mens dikker mee werk en jy kan dit laag-op-laag aanwend.

Ek werk ook met ‘n baie fyn kwas, size 0000. Die ou persiese meesters het hulle eie kwasse met net een haar gemaak sodat hulle die “gentlemen” se baarde daarmee kon skilder. Ek het ‘n kommersiele kwassie getrim sodat dit superdun is, sodat ek Elvis se borshare en maskara daarmee kon skilder! Omdat ek vreeslik fyn en in detail werk het ek ook ‘n vergrootglas met ‘n ingeboude lig.

Ek begin my skilderye altyd met pienk. Pienk is my favourite kleur. Daar is ‘n kleur, Bengal rose waarvan ek net nie genoeg kan kry nie. Ek wil sommer daarin verdrink. Die skilderye eindig somtyds op dat jy nie ‘n krieseltjie pienk kan sien nie, maar ek maar altyd my papier eers skrik met pienk. Selfs ‘n tier sal altyd eers ‘n pienk onderskildering kry. Ek werk op ‘n dikkerige kartonbord. Partykeer wit, partykeer liggeel of pienk, maar self donker kleure soos rooi en warm groen kan lekker werk. Blou is bietjie koud.

Omdat die werk so fyngedetailleerd is, is die formaat maar altyd klein. Ek werk selde groter as A4, maar vir shows sal ek so ‘n paar A3’s as my showstoppers produseer. Ek werk nou aan my “Undesirables”-triptiek. Die lewenssiklus van bilharzia, die lintwurm en die malariamuskiet, als weergegee in die ou persiese miniatuurstyl. Dis die showstoppers vir my volgende uitstalling.
Dit vat my donners lank om ‘n painting klaar te kry, so ek stal nie baie uit nie.

3 antwoorde op My werkswyse

  1. Neander het gesê op Januarie 17, 2009

    Palomino, jy zijn een meesteres, doe so voort fijne meid! Ek het nooit geweet van die fyn kwassies nie.

  2. abrham het gesê op Januarie 18, 2009

    al ooit die dinamiek van kama sutra geskilder ? dit is ook n stukkie oorlewing wat handig kan wees veral in ons post calvinistiese era alhier.

  3. dis ‘n baie nice post … as jy weer my vriend demos raakloop, vra hom bietjie oor sy ensiklopedie van ontlasting; dis ‘n vreemde klein boekie met foto’s van die hoogste gehalte van uitwerpsels, paslik geklassifiseer … ek dink daaraan in die lig van die “undesirables” …

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.