by

Nul!

Januarie 11, 2009 in Sonder kategorie

En daar land ek, ‘n respektabele, middeljarige, Wooliesgeklede moeder van 3 toe gisteraand op by een van die amazingste gigs waarby ek in jare was!

Die groep se naam is nul….’n underground, swaarmetaalgroep wat ruk in afrikaans. Hulle logo is ‘n treffende brandende aalwynbos (Vir iemand soos ek wat absoluut op die visuele ingestel is, ‘n baie treffende link) Die lirieke is toksies en vlymskerp:

Kokaienekop Kosie snuif 2 lyntjies voor die braai,
2 lyntjies voor die braai…

en die ritmes tril tot in jou almalgaamstopsels. My ore suis nou nog en ek voel soos Aspoestertjie so seer is my voetsole. Want mens kan eenvoudig nie stilsit nie. Hulle het die hele Steak & Ale in Centurion op hulle voete gehad! Net wat mens nodig het om ‘n nuwe jaar te kickstart!

Om meer van hulle te wete te kom en ook om hulle musiek gratis en verniet af te laai(!!), gaan hiernatoe: http://www.myspace.com/nulmusic

En so van die Steak & Ale gepraat…This venue is something to behold. Dink jou in, jy stap in ‘n timewarp in, ‘n regte steakhouse uit die seventies, kompleet met opgestopte koedoebulkop en “thatched bar area”…..

…en toe ons terugry was die maan darem ekstra spesiaal oor Sunnyside…regte weerwolfweer!

11 antwoorde op Nul!

  1. Centurion Rocks. 15 jaar daar gebly.

    Dankie vir die kommentaar oor Naspel. Ek gaan sit en werk nie die goed voor die tyd uit nie. Ek kry ‘n idee en begin skryf, en dan kom die res vanself. Daardie kombis is deel van ons kultuur. Was daar lank voor Toyota taxi’s.

  2. sprokie het gesê op Januarie 11, 2009

    Dankie vir die inloer by my, bly jy het dit geniet. Hoe lekker lag ek nou vir jou status, hhahahaa!

  3. tronkie het gesê op Januarie 12, 2009

    Ek is te lui om op my blog rol te kyk – moet nou onthou jy is Garden of Life – Palomino lewer niks op nie.xx

  4. Neander het gesê op Januarie 13, 2009

    Jammer jong, ek kan nie jou boodskap oopmaak nie.

  5. Hond se Doilie, kyk hoe skrik ek nou, hehehe

  6. abrham het gesê op Januarie 15, 2009

    jive jy in pretoria. is nul dalk ook terapeuties.

  7. abrham het gesê op Januarie 15, 2009

    die argetipe van musiek het jung nie ondersoek nie maar bestaan wel. weet jy van iemand wat dit gekarteer het?

  8. Oor jou KWAAI comment daar by my broken dolls blog: Jy moet die konteks lees. Dit se net hierdie mense stel hulself bloot aan misbruikers. In die volgende pos se ek juis dat daar niks daarmee verkeerd is nie, en twee bloggers se hulle het hul mans so op die internet ontmoet. En Maankind se die Huisgenoot verander die inskrywings in elk geval, sy weet, want sy het al iemand help ‘n ad opstel.

  9. Berwick het gesê op Januarie 16, 2009

    Ek stem – Nul is nice.

  10. Angelor het gesê op Januarie 16, 2009

    🙂 Musiek,… uhmm ek hou van musiek, lekker rustige musiek soos Deathstars,.. Devil driver, en Min Shaw, en hoppie, wat is haar naampie nou weer? O ja Sonja Herlood (om haar op die grond te hou)

  11. Neander het gesê op Januarie 17, 2009

    P, ek het 5 jaar in ‘n ou rock ‘n roll band gespeel, maar die laatnagte, rook en dronk vroue was te veel vir my. Die rook het selfs in my hare en instrumente ingetrek. Ek kan 4 instrumente oa sax en mandolien speel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.