by

Damien Hirst

Januarie 5, 2009 in Sonder kategorie

 

Hierdie is ‘n werk van die bekende en uiters kontroversiele Britse kunstenaar Damien Hirst. Vir my persoonlik is dit een van my gunsteling kunswerke van alle tye. Dis getiteld: Anatomy of an Angel.

Ek vind dit absoluut roerend. Hoekom, kan ek nie rerig in woorde uitdruk nie. Mense wil altyd weet hoekom? Hoekom is dit goeie kuns? Dis vir my baie moeilik om iets wat my op hierdie vlak roer, te intellektualiseer. Kuns is vir my ‘n baie visceral ding….ek voel dit aan my lyf en in my derms….en al wat ek weet is dat hierdie engel my binnekant laat sing…..

9 antwoorde op Damien Hirst

  1. Angelor het gesê op Januarie 5, 2009

    Al wat ek kan se is WOW!!,.. hoe dit vir my lyk het ne woorde nodig nie,..

  2. Trakie het gesê op Januarie 7, 2009

    Ek kén daardie gevoel.

  3. tronkie het gesê op Januarie 11, 2009

    Dit is absoluut stunning!!! Dis ‘n perfekte beskrywing: jy voel dit aan jou lyf en aan jou derms. Ek ken daai gevoel.Ek voel hom ook.

  4. sprokie het gesê op Januarie 11, 2009

    Dit is baie goed, maak my bietjie ongemaklik voel, en ek gaan nou heel aand wonder watter somboliek hierin le 😉

  5. abrham het gesê op Januarie 11, 2009

    laat my aan die ecstacy van st. theresa dink.

  6. geist het gesê op Januarie 18, 2009

    Nah. Kannie sê dat ek saamstem nie. Ou DH vat een van die mees clichéd konsepte & probeer dit op-jhoosh & kontemporêr maak deur die anatomie te reveal. As dit nie vir die derms was nie kon dit op Oprah of in iemand se tuin in ‘n dammetjie gewees het. Tegnies miskien OK, maar andersins visueel distinctly ON-roerend. Tot so’n mate dat ek nie gepla kan wees om oor die simboliek te wonder nie. Dit faal om my te laat omgee. Persoonlik verkies ek Banksy. Wel, die wêreld sal seker baie boring gewees het as almal dieselfde opinie gehad het.

  7. Sorry Oom Wouter en DH sit nie langs die selle vuur nie. So die oom is sommer bedonnerd ingestel teen alles DH.

  8. neirac het gesê op Julie 13, 2009

    Hier kom ek nou ook op iets nuut af. Dit is uiters cool. (Jammer vir die corny woord.) Gaan hom nou bietjie google.

  9. palamino het gesê op Julie 13, 2009

    Ja. You’ll either love him or hate him. Mens staan nie neutraal teenoor DH nie! (Soos gesien kan word in die kommentare hieronder)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.