Jy blaai in die argief vir 2009 Januarie.

by Pronk

Kombuisvloer

Januarie 18, 2009 in Sonder kategorie

As mens saans
op jou naat rondrol
en die pyn
in lang, taai
kwylstringe
op die planke uitkots
leer jy rerigwaar
jou kombuisvloer
van naderby ken.
Sjit ek moet
‘n slag
onder die kaste
vee!

by Pronk

My werkswyse

Januarie 17, 2009 in Sonder kategorie

 

Ek werk met gouache. Dis ‘n soort waterverf maar meer veelsydig. Met gewone waterverf kan mens net deurskynend en met washes oormekaar werk. Gouache kan mens dikker mee werk en jy kan dit laag-op-laag aanwend.

Ek werk ook met ‘n baie fyn kwas, size 0000. Die ou persiese meesters het hulle eie kwasse met net een haar gemaak sodat hulle die “gentlemen” se baarde daarmee kon skilder. Ek het ‘n kommersiele kwassie getrim sodat dit superdun is, sodat ek Elvis se borshare en maskara daarmee kon skilder! Omdat ek vreeslik fyn en in detail werk het ek ook ‘n vergrootglas met ‘n ingeboude lig.

Ek begin my skilderye altyd met pienk. Pienk is my favourite kleur. Daar is ‘n kleur, Bengal rose waarvan ek net nie genoeg kan kry nie. Ek wil sommer daarin verdrink. Die skilderye eindig somtyds op dat jy nie ‘n krieseltjie pienk kan sien nie, maar ek maar altyd my papier eers skrik met pienk. Selfs ‘n tier sal altyd eers ‘n pienk onderskildering kry. Ek werk op ‘n dikkerige kartonbord. Partykeer wit, partykeer liggeel of pienk, maar self donker kleure soos rooi en warm groen kan lekker werk. Blou is bietjie koud.

Omdat die werk so fyngedetailleerd is, is die formaat maar altyd klein. Ek werk selde groter as A4, maar vir shows sal ek so ‘n paar A3’s as my showstoppers produseer. Ek werk nou aan my “Undesirables”-triptiek. Die lewenssiklus van bilharzia, die lintwurm en die malariamuskiet, als weergegee in die ou persiese miniatuurstyl. Dis die showstoppers vir my volgende uitstalling.
Dit vat my donners lank om ‘n painting klaar te kry, so ek stal nie baie uit nie.

by Pronk

Die droogte

Januarie 17, 2009 in Sonder kategorie

Ai tog! Ek moet seker ‘n posting doen. Ek het nou lelik uit die gewoonte uitgerol.

Wel, dit was ‘n hectic week met die skole wat weer begin het en so aan….

….so daar….

by Pronk

Nul!

Januarie 11, 2009 in Sonder kategorie

En daar land ek, ‘n respektabele, middeljarige, Wooliesgeklede moeder van 3 toe gisteraand op by een van die amazingste gigs waarby ek in jare was!

Die groep se naam is nul….’n underground, swaarmetaalgroep wat ruk in afrikaans. Hulle logo is ‘n treffende brandende aalwynbos (Vir iemand soos ek wat absoluut op die visuele ingestel is, ‘n baie treffende link) Die lirieke is toksies en vlymskerp:

Kokaienekop Kosie snuif 2 lyntjies voor die braai,
2 lyntjies voor die braai…

en die ritmes tril tot in jou almalgaamstopsels. My ore suis nou nog en ek voel soos Aspoestertjie so seer is my voetsole. Want mens kan eenvoudig nie stilsit nie. Hulle het die hele Steak & Ale in Centurion op hulle voete gehad! Net wat mens nodig het om ‘n nuwe jaar te kickstart!

Om meer van hulle te wete te kom en ook om hulle musiek gratis en verniet af te laai(!!), gaan hiernatoe: http://www.myspace.com/nulmusic

En so van die Steak & Ale gepraat…This venue is something to behold. Dink jou in, jy stap in ‘n timewarp in, ‘n regte steakhouse uit die seventies, kompleet met opgestopte koedoebulkop en “thatched bar area”…..

…en toe ons terugry was die maan darem ekstra spesiaal oor Sunnyside…regte weerwolfweer!

by Pronk

Damien Hirst

Januarie 5, 2009 in Sonder kategorie

 

Hierdie is ‘n werk van die bekende en uiters kontroversiele Britse kunstenaar Damien Hirst. Vir my persoonlik is dit een van my gunsteling kunswerke van alle tye. Dis getiteld: Anatomy of an Angel.

Ek vind dit absoluut roerend. Hoekom, kan ek nie rerig in woorde uitdruk nie. Mense wil altyd weet hoekom? Hoekom is dit goeie kuns? Dis vir my baie moeilik om iets wat my op hierdie vlak roer, te intellektualiseer. Kuns is vir my ‘n baie visceral ding….ek voel dit aan my lyf en in my derms….en al wat ek weet is dat hierdie engel my binnekant laat sing…..

by Pronk

Maiden with ardent and hopeful suitor

Januarie 2, 2009 in Sonder kategorie

 

We should consider
every day lost
on which we have not
danced at least once.

— Friedrich Wilhelm Nietzsche (1844-1900)
German Philosopher

by Pronk

O, Elvis, my Elvis…..

Januarie 1, 2009 in Sonder kategorie

 

The lord Elvis, jamming with the lord Krishna

O, Elvis, my Elvis
My heartbreak hotel
Toe jy nog vir my met ‘n tiekie kon bel
Ons drink ‘n rooi glasie wyn op ons skete en pyn
en gee ons oor aan die nostalgie!

(Laurika Rauch)

En op daardie nostalgiese noot wens ek almal ‘n fantastiese 2009 toe…..