by

Oud is die nuwe jonk….

Desember 27, 2008 in Sonder kategorie

Daar land ek toe op kersdag met ‘n baie siek skotse terrier by die veearts op. Ek sit met ‘n dier, rillend van die koors in die wagkamer en slaan my oe op na die berge….. en kyk vas in die advertensie van ‘n sharpeiteler, vasgesit teen die kennisgewingbord ……

Daar is ‘n paar kiekies by en ek bestudeer dit noukeurig. Magiese diere, die Sharpeis…geteel om soos die chinese Fu hondjies te lyk. Daardie mooi, ornamentele terracotta leeu/hond/drakies wat chinese huise se dakke versier. Wat vir my so interessant is van die honde, is dat hulle so beplooid gebore word en dan stelselmatig in hulle plooie ingroei…sodat hulle dan, wanneer hulle volwasse is, heel glad daar uitsien…ha!

Toe wonder ek net, wat as dit nou die geval met mense ook was (want, sien, ons werk mos nou net andersom, reg?) Wat sou ons aangevang het dan om jonger te lyk…..sou dit ‘n geval wees van: “Haai, check bietjie, Sannie het spesiaal haar boudvelle op haar wange laat oorplant…sy lyk seker 10 jaar jonger…!!! Hmmmmm.

In elk geval, vir die mense wat wil weet, dit gaan darem so effentjies beter met my ou darling, maar hy is dertien jaar oud en dis bosluiskoors, so ons is maar bekommerd….

7 antwoorde op Oud is die nuwe jonk….

  1. NARITHA het gesê op Desember 27, 2008

    🙂

  2. Neander het gesê op Desember 27, 2008

    Palomino, ek het toe gou gaan kyk na ou jagfotos en dit geplaas. Kyk gerus en voorspoed.

  3. hutton het gesê op Desember 27, 2008

    Shame about your doggy. Hope he gets beter soon

  4. palamino het gesê op Desember 27, 2008

    Dankie beertjie en Hutton.

    Neander, ek het gaan kyk na jou jagfoto’s. Ek hoop jy vind my voorstelle nuttig….. Alle heil en pampoen!

  5. maninblack het gesê op Desember 27, 2008

    Jy bedoel “on the HORN of a dilemma”, hhehe.

    Iets is iewers op jou blog gepos wat die kantlyne uitgeskuif het en dit moeilik maak om te lees.

  6. Bushmaiden het gesê op Desember 28, 2008

    Hoop jou hondjie word gou beter … maar 13jaar is ook al ‘n paar jare! Dankie ook vir die inloer op my blog. Lekker aand:)

  7. neirac het gesê op Julie 13, 2009

    Ha-ha. Wat sou dan mooi wees?

    Krap so bietjie in jou argiewe rond.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.