Profile photo of Pronk

by Pronk

Groot groot nuus!!!!

April 26, 2013 in Uncategorized

Dit het uiteindelik gebeur! Na baie maande se harde werk, bloed, sweet, trane, noedels en selfs ‘n besoek van Die Dood homselwers, is die Afrikamasutra eersdaags op die rakke. Die keer is dit rerig so, ek belowe.

Niemand anders nie as UNISA Press het die groot stap geneem en hulself commit om hul naam met trots aan die ietwat kontroversiele werk te koppel. Dit was ‘n tydrowende proses. Die boek moes deur die hele senaat gaan, wat dit moes goedkeur. Hulle gee dit uit as deel van ‘n reeks van klassieke werke wat tans in Afrikaans vertaal word, waarvan Dante se Inferno, asook die nuutste vertaling van Hooglied, deel vorm. So ons is in goeie geselskap met die nodige akademiese gravitas. En Unisa is vuur en vlam oor ons boek, hulle het deeglike marknavorsing gedoen.

Ek spring uit my vel uit van pure opgewondenheid en kan nie wag om eersdaags die hardekopie in my hande te hou nie. Sal julle laat weet sodra dit gebeur en waar dit beskikbaar is.

Voorts is ek klaar weer betrokke by nog ‘n opwindende projek wat gaan help om baie vroue seksueel te bevry! Meer daaroor later.

Profile photo of Pronk

by Pronk

passwords

April 25, 2013 in Uncategorized

julle moet weet, as ek hier blog is dit ‘n goeie dag vir my, want dan het ek my password onthou en kon ek WordPress navigeer. Als is so bloemieng weggesteek!

Profile photo of Pronk

by Pronk

Armed and dangerous and how it affects my life. Of so iets

Februarie 21, 2013 in Uncategorized

Gisteraand, na harde geswoeg aan die Afrikamasutra wat nou regtig in Maart ter perse gaan by niemand minder as Unisa Press, toe doodle ek die klein monstertjie. En toe ek klaar is, toe wonder ek oor die gun in sy hand. Want ek is hoegenaamd nie ‘n voorstander van gewere nie. Ek kan die nut insien van ‘n jaggeweer, want dis seker heeltemal orraait as mens so af en toe iets vir die pot skiet, maar rewolwers en pistole word gemaak vir net een ding en dis om ander lewende wesens te dood. Veral mense. Veral ons eie geliefdes. Veral soos gesien in die onlangse bizarre tragedie wat hom hier by ons afgespeel het.

Vroeer die week, toe kom ek skielik agter dat my seuns vreeslike geweldadige prentjies sit en teken, spesifiek so van die naweek af. Ek is intens betrokke by my kinders se kuns. Omdat ek self heeldag teken, is hulle ook meestal rondom my besig om op stukkies papier te skribbel. En dis nou net stokmannetjies met gunne en bloedige kopskote…point blank kopskote…

En ek dink daaroor dat ons altyd die bose baie ver van onsself gaan soek. Mense kla oor Harry potter en 50 Shades of Grey en die vreeslike duiwelse invloede wat die dinge op ons samelewing het, maar hier het ons ‘n rooiwang, wholesome sportster wat gewere rondswaai en groot skade aanrig. Hoe nou gemaak? Nie dat ek dink dat Oscar ‘n duiwelse invloed is nie. Dinge het net horribly skeef geloop daar, nugter weet. Ons sal wyser word oor die volgende paar maande, glo ek. So ek wil geensins aan die debat daaroor deelneem.

Wat my opval is net die feit dat ons as samelewing sekere goed sanction, wat partykeer baie erger is as die “duiwelse” dinge waarvoor ons so bevrees is. Soos ‘n beheptheid met wapens. Soos geweld. Soos om groot hoeveelhede alkohol in die openbaar te verbruik en dan te spog oor hoe dronk ons was en hoe erg ons tekere gegaan het…

Ou John Lennon het dit al ‘n paar dekades gelede so mooi verwoord toe hy gese het dat ons ons kinders op 18 jaar oorlog toe stuur, maar ‘n reusagtige bohaai sal opskop oor ‘n betoning van liefde, soos seks in die openbaar. En hier het jy dit nou. So ongesiens sluip die geweld in ons huise in. Ons kry dit saam met ons all Bran in, soggens.

En ek weet nie of ek heeltemal ok is daarmee nie. Ons is seker almal aandadig daaraan met die dat ons mere mortals op voetstukke plaas, net om hulle dan weer ‘n ruk later te vernietig. Dis iets wat uit ons kollektief kom. Julle is vertroud met die diskoers. So ek probeer my kinders iets daaruit te leer.  Om nie helde te he nie, maar om op hulle eie power, insig en vermoeens staat te maak as hulle uitdagende tye beleef. Om hulle eie ekstreme emosies rondom gebeurtenisse in hulle lewens te kan bestuur. Om radikale verantwoordelikheid oor hulself en hulle lewens te neem. Want jouself is uiteindelik al wat jy het. Ek hoop ek kan die boodskap by hulle uitbring.

Profile photo of Pronk

by Pronk

Profile photo of Pronk

by Pronk

Blogvreters en mensvreters

Oktober 12, 2012 in Sonder kategorie

Orraait, ek sal dan nou maar hier blog en op WordPress, en as die blog die oorskuiwery oorleef, dan sal ek besluit wat ek gaan doen. Ek sal buitendien heeltemal te veel na julle verlang 🙂

So, hier is ‘n prentjie…

Van 2 bang ou kindertjies. Wat weghol vir ‘n nare mensvreter. Jis, ek is mal oor mensvreterstories. Onthou julle nie uit julle kleintyd die delicious horror van ‘n goeie mensvreterstorie nie? Alhoewel ek reken dat daar heelwat Parental Politics agter die skep van monster en bangmaakstories skuil. Maar ek het hook, line en sinker vir die stories geval.

Profile photo of Pronk

by Pronk

Oorskuif na WordPress

Oktober 11, 2012 in Sonder kategorie

Hallo!

Ek het nou ook maar besluit om oor te skuif na die “anderkant” toe. My litnetblog is grootliks gekrok. As ek byvoorbeeld vir exi wil lees, kom ek by so ‘n snaakse plek uit. ek kan ook gladnie spaces boodskappe lees nie.

http://grootpronk.wordpress.com/wp-admin/post.php?post=14&action=edit&message=6&postpost=v2

hierbo is die skakel na my blog. Die van julle wat wil kontak hou, moenie my spaces nie maar mail my by grootpronk@gmail.com

Kom speel saam daar, ek voel bietjie alleen en die navigasie gaan maar so sukkel, sukkel

Baie liefde

Pronk!

Profile photo of Pronk

by Pronk

Hallo!

September 14, 2012 in Sonder kategorie

Ek is so bang ek kom terug en julle is almal weg en net ek is hier….

Profile photo of Pronk

by Pronk

Yes!

Augustus 29, 2012 in Sonder kategorie

“We danced too wild, and we sang too long, and we hugged too hard, and we kissed too sweet, and howled just as loud as we wanted to howl, because by now we were all old enough to know that what looks like crazy on an ordinary day looks a lot like love if you catch it in the moonlight.”

— Pearl Cleage


Profile photo of Pronk

by Pronk

Droom

Augustus 20, 2012 in Sonder kategorie

Ek het gedroom ek is ‘n ou vrou en ek bly in ‘n kremetartboom. Hy is hol aan die binnekant en daar bly ek. En daar is boekrakke so direk uit die boomwand gekerf. Vol mooi, leergebinde, muwwe ou boeke met prente van snaakse, middeleeuse kreature…

Ek kan onthou dat ek lank gestaan en kyk het na so n horingou, Middeleeuse illustrasie van n leeu wat n mens ge-eet het en nou staan en hom uitpoef. askies vir die banaliteit, maar, julle weet, met my fyn ontwikkelde sin vir die makabere, is dit nou presies wat ek sou teken :D. bestarium perversum!

Daar was ook ‘n draak met 7 koppe (Very much Openbaring, nuh)  en nog ander illustrasies wat ek nie in sulke detail kan onthou.

Profile photo of Pronk

by Pronk

Suikerbekkies

Augustus 16, 2012 in Sonder kategorie

In my winterkaal ou witstinkhout maak 2 suikerbekkies nes! Vir die lente. Maar so in die boom se dunste ou takkies. En my hart wil breek oor die fragility daarvan. Die nesgeraamtetjie is ragfyn, soos kant en word met wonderbaarlike ingeneursvernuf in die mik van 3 baie dun takkies gebalanseer. Sommer so in die ooptes, sonder enige beskutting.

Ek weet nie hoe die nessie ‘n storm of sterk wind gaan oorleef. Maar die tweetjies string hulle glaskraalklanke deur my tuin en baljaar dan in my aalwynversameling.

Hoop die voeltjieDeva is wakker… jir, ek het al klaar 3 kinders, ek kan my nie nog oor suikerbekkiekuikens bekommer nie!