Profile photo of ou-top

by ou-top

n Kort oorsig van die man se beheptheid met die vorm en grootte van sy tossie.

Mei 26, 2012 in Sonder kategorie

Nee, dis nie net verveelde kunstenaars en staaspresidente wat fyngevoelig is oor hu tossies nie. Alle mans is so. Ek was op skool in n koshuis toe n seun eendag vir ons ander se, ” Het julle gesien, ou Mampoer het n trul soos n donkie”. Ons het nie, maar binne n week het ons almal ou Mampoer se tos gesien. Dit was baie groter as ons tossies en ons het hom admireer daarvoor. Toe hy agterkom ons admireer hom, het hy sy tos amper op versoek ten toon gestel. ons was amper jaloers, sou ek se.

In die weermag waar ons in almal onder n pyp met gaatjies in moes stort het ek vir die eerste keer n besnyde tossie gesien. Ja, soos in die Bybel, die outjie was n Jood en die ding het aardig en klein gelyk. Ons het die outjie jammer gekry. Toe my derde  seun so 15 jaar oud was, het die oudste eendag voor hulle almal gese, ” Jy dink omdat jy n moerse groot tos het, jy kan maak wat jy wil.” Ek en my vrou het byna van dag een af gesien die kerel is regtig goed bedeeld en dit maar stil gehou.

Nee, onder mans word n ou met n goed bedeelde tos gesien as n meer manlike en miskien meer gesogte snaar onder die vroumense. So het ons gedink. Toe kom ek op universiteit, ook in n koshuis en daar is n snaar met n monster van n tossie. Hy is vandag getroud met drie kinders en glo dit as julle wil, sy vroutjie is baie, baie kleiner en fyner as hy. Die arme ou was naderhand so skaam op koshuis dat hy meer gebad as gestort het, want die storte was net n stuk plastiek wat ons dikwels weggeruk het om weer daai monster te aanskou. Ons moes dit twee- twee doen, as jy alleen was het die ou jou gedonder.

In my familie is  tweeling seuns, hulle is maar ses jaar oud. Die een prul nou die dag sy lippie so om my te wys dat hy bitter ongelukkig is. Ek vra wat is fout, hy se sy boetie se tossie is groter as syne. Hy sien dit as hulle bad. Ek se toe maar vir hom hy moet meer biltong eet, dit sal help.

Dan is daar die eienaardiges, op skool, in die army en in die koshuis op universiteit het almal in die koshuis hulle geken. Die ouens met n skewe tossie. Soos n piesang krul dit “sideways” , boontoe of  ondertoe. Die een ou het vir n operasie gegaan, seker om hom reguit te maak. Dit is die ouens wat nooit met die groep seuns  kaalgat  sal swem in die rivier nie, of in sy onderbroek stort of wag tot almal uit n kamer is voor hy aantrek.

Daar was van hulle met verskriklike klein goedjies en met hulle het ons  altyd simpatie mee gehad, nooit met hulle gespot nie. Dis die ergste wat jy met n jong man kon doen, was om hom in die openbaar te spot oor sy klein tossie. Dis n ongeskrewe reel onder mans, jy kan eerder spot met n ou wie se tos te groot is.

Dan was daar die rasieleier wat tydens n sangoefening op universiteit sy army jas op die verhoog oopgeruk het met al die seuns en meisies voor hom in die stampvol saal. Daar staan hy met n nagemaakte tossie groter as Zuma sin. Die gemengde gehoor het dit so geniet, hy moes op die maat van musiek n hele paar keer “flash” voordat hulle genoeg gehad het.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Ek het altyd gedink n enigste kind het Hemel op aarde……

Mei 26, 2012 in Sonder kategorie

Ou Martiens was die enigste kind van ons buurplaas. Ons was vyf en Pa se plaas was te klein toe ons erf, ons moes of verkoop of n sukkelbestaan voer. Martiens het sy eerste fiets in standerd twee gekry, ons eers in Standerd sewe, want Pa het in sy wysheid en armoede besluit almal moet gelyk fietse kry. Martiens het ook beter en nuwer klere as ons gedra, het gou sy eerste horlosie gekry, sy eerste eie saal en toom en ook later lank voor ons, sy eerste kar. Dis net goedkoper om een kind groot te maak as vyf. Ja, soms was ons wel n bietjie jaloers op hierdie enigste kind wat dit so lekker het op aarde.

 

Ek kuier nou die dag by hom waar hy steeds op die plaas in die bywonershuisie woon. Sy seun boer nou, Martiens is afgetree, hy boer met n paar skaap en n paar beeste op die kamp wat hy vir hom uitgehou het. Sommer hier naby langs sy huis af tot by die rivier. Sy jaart is baie veilig omhein en hy het n Boerboel en n steekbaard Jack Russel. Hy vertel dat hy na sy vrou se dood n jaar in die netjiese losstaande woonstelle van die ouetehuis op die dorp gebly het. Daar het hy amper dood gegaan se hy. Toe trek hy onder hewige teenkanting van sy vier kinders terug plaas toe. Beste ding wat hy kon doen, se hy.

 

Hy wys my sy woonplek aan die binnekant. Die slaapkamer, badkamer en studeerkamer is amper een oopplan eenheid. Die groot ou sitkamer en die eetkamer staan soos wit olifante in onbruik. Die sonstoep het hy toegebou en n Jetmaster braai eenheid teen n muur ingebou. Daar is varings in potte en nog ander plante. Op die vloer is n uitgetrapte bosbokvel, ek was by toe hy die bok lank gelede daar in die Oos Kaap geskiet het. Ons gesels oor daardie jagtrip.

 

Jy kan sien soos enige ou mens maak hy sy wereld al kleiner om hom, in  die studeerkamer sien ek n ou karavaan yskassie en n tafeltjie met n ketel en n paar koffie bekers. Alles is byna binne reikafstand van jou hand.

 

Ons sit tussen die varings op rottangmeubels en Martiens gesels land en sand aanmekaar.

 

” Jy weet Toppie, kinders en ander vreemde ou mense kan nie lekker gesels nie, hulle weet nie van dinge wat ek en jy van weet nie, man.” se hy.

 

” Onthou jy nog daai perd wat Pa verkoop het aan oom Stoffel, die oom het mos toe n paar jaar later met sy bakkie verongeluk. Toe koop Pa vir Fleur terug. En terug hier by ons het hy koppig vir dae probeer om deur die hek van die damkamp te kom. Jy was by die dag toe ons twee besluit het ons maak die hek oop om te sien wat soek hy dan daar.” vertel hy opgewonde.

 

Ek onthou dit en se dit vir hom, sy oe blink sommer as hy verder vertel.

 

” Hy het dadelik afgehardloop dam toe en daar geswem en baljaar vir byna n halfuur. Toe kom hy terug gehrdloop met sy stert in die lug tot hier by die kaal getrapte stuk grond langs die waterkrip. Daar het hy rondgerol en stof opgeskop tot hy genoeg gehad het. Toe kom staan hy hier naby ons teen die draad en skud hom skoon. Kan jy nog onthou hoe klink dit as n perd hom skoon skud, Toppie?. Die stadsmense ken nie daardie dreungeluid nie.”

 

Ek kry eintlik lekker soos die ou vertel, dit voel soos medisyne vir my siel om al die goed te kan onthou en in my gedagtes te kan herleef.

 

Na die tweede glasie Old Brown Sjerrie se ou Martiens vir my.

 

” Jy het darem jou broers en susters met wie jy kan gesels, ek nie. Ek praat soms met die bome en die veld, net hulle weet van ek en Frieda se lewe hier. Wens Pa en Ma het nog kinders gehad. So bly jy het kom kuier Toppie. Kan jy bly dat ons rugby kyk, Cheetahs speel vandag.”

 

 

 

 

Profile photo of ou-top

by ou-top

Vroegoggend pleeg ek al my eerste sonde…

Mei 10, 2012 in Sonder kategorie

Ek het die dag so mooi begin, toe kort ons brood en nog iets vir n vinnige besoek aan die supermark net om die draai. Ek wag sommer in die kar, want my knieg is ekstra seer vanoggend. My vrou spring uit om die goed te koop en sy is pas weg toe ek besef ek het R13-00 by my en die biltonplekkie is net mooi by die ingang van die supermark.

Ek glip kruppel uit die kar en maak vir die biltongplek, ek moet gou speel want vir R13 kry jy net twee eetlepels vol biltong. Ek wil dit kou en sluk voordat die vrou uitkom, dis te min om te deel. Ek maak dit betyds en sit in die kar, ek soek die stukkie met die meeste vetlaag uit en kou. Ek is nog met die tweede  eetlepel besig toe sy aan die venster klop. Man ek sluk amper die bruin papiersakkie heel in, was daar dan so min mense in die supermark, sy is hopeloos te vinnig terug. Ek hoes en proes soos ek verstik.

” Ja,” se sy, ” as n mens skelm wil wees kom dit altyd uit, jy ou suinige blikskottel”.

Ek sit in stilte op pad huistoe, dan pleeg ek my tweede sonde vir die dag, ek  se vir haar.

” Ag skat, dit was verskriklik souterig, sou buitendien sleg gewees het vir jou hoe bloeddruk. Dokter het gese jy moet wegbly van sout.”

Maar ek weet goed, dit was die lekkerste biltong wat ek in n lang tyd geproe het.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Maar hoekom is die meeste mense ongelukkig, onrustig, soekend……

Mei 9, 2012 in Sonder kategorie

Want as daar stilte om ons kom, dan sit ons en wonder; waar kom ek vandaan, wat is ek en waar gaan ek heen. Elke mens worstel hier binne in om oor die vrae. Antwoorde kom van oral, wetenskaplikes, sekte-kerke, ou gevestigde Kerke, nuwe Kerke, Moslem geloof, Budisme. Maar op die ou einde is dit die individu wat self in sy siel vrede moet vind. Almal is dit eens dat  daar in hulle lewe nog iets ontbreek. So voel hulle die hele tyd, die meeste gaan so dood.

 

Ek het skatryk vriende en familie wat afgetree by die see in luuksheid sit en bitter ongelukkig oor hierdie vrae sit en wonder. Ek het ook brandarm vriende wat bitter ongelukkig met dieselde vrae worstel. Ek probeer oplet wie het rus en vrede in hul siele, wie is werklik tevrede en gelukkig.

 

Die antwoord kry ek by die armstes van die armes, my tuinjong se Oom kom kuier en my werker vra toestemming dat hy die dag saamkom, dis te stil in die makoek vir hom. Hy is n Afrikaansprekende van die Suid Vrystaat. Hy is oud, geplooid, maer, netjies met n hoed op sy kop en dra n baadjie. Hy is lewenslustig en hou van gesels.

 

Ek gee hom n sigaret en hy breek dit om die twak uit te haal wat hy in n horingoue pyp stop. Ons praat. Onder ander oor die vrae wat ek hierbo gestel het. Hierdie man het n volle soort van vrede en rustigheid in sy gemoed. Ons gesprek gaan so:

 

Oom: Nee, ek verstaan en ek weet waar ek vandaan kom, die Here het my gemaak. Net soos

         ek is. Hy moet kyk na my, want hy het vir my gemaak en ek vertrou vir Hom.

 

Ek:    Maar sou jy nie n beter lewe wou gehad het nie, jy het my nou net vertel hoe swaar

        gaan dit daar by jou in die Suide.

 

Oom: Nee, maar ek weet hierdie is maar net my ou liggaam vir nou, die Here het n belofte, dat

 

         as ek in Hom glo en sy gebooie nakom, dan wag daar eendag vorentoe vir my n baie

 

         beter lewe. Vir nou gee die Here my dan genoeg, hier sit ek dan op 75, gesond. Ek het n

         goeie vrou gehad en vier van my ses kinders leef nog.

 

Ek:  Maar hoe kan jy so seker wees van jou saak, mense kry swaar, mense kry siektes,

       dinge loop verkeerd, mense se kinders gaan tronk toe of word vermoor. Die wereld is

       swaar, dinge is verkeerd. Lyk of Satan los is.

 

Oom: Ag man, hy is lankal los, hy kon nie eers vir ou Job onderkry nie, hy is n uitgeworpene

         hy kan niks aan n gelowige doen nie. Ek worry nie oor Satan nie. Ek sien wat hy doen,

         maar hy pla my nie.

 

Ek: Maar waar dink jy gaan jy eendag heen, na jou lewe hier.

 

Oom: Eendag sal ons almal wakker gemaak word, net Sy kinders sal saam met hom hier op

        aarde bly, soos toe Adam en Eva aan die begin hier gelewe het. Sien jy daardie mossies

        op Seur se dak, hulle worry nie, hulle werk nie vir geld nie, onse Here sorg vir julle. So sal

        ons hier wees, almal gelukkig, almal met vrede in hul harte, geen bakleiery, die koring

        en mielies sal groei en ons sal eet. Kyk na die voels, die diere, die wolke die bome en die

        gras, my Seur. Hulle het nie moeilikheid nie, Adam en Eva se moeilikheid het begin

        met ongehoorsaamheid. Daardie moeilikheid sal weggaan as Hy weerkom en ons laat

        opstaan. maar ons sal volgens sy Woord leef in n nuwe wereld.

 

Ons het lank en oor ander dinge ook gepraat. Hy is nie bang nie, nie onrustig nie, nie ongelukkig nie hy is inderdaad rustig en gelukkig.

 

Hy is anders as ek, dit weet ek verseker, want ek voel ook nog elke dag iets kort, iets is nie

heeltemaal reg nie. Ek is die meeste van die tyd ontvrede oor iets.

 

Ek soek nog steeds soos almal na duidelike antwoorde, maar nou weet ek darem die fout

le by my, nie elders nie.

 

     

 

 

 

Profile photo of ou-top

by ou-top

Renosterhoring is die aangewese ding……

Mei 1, 2012 in Sonder kategorie

Dis skoutyd in Bloemfontein en hier is uitstallers van dwarsoor die land. By n eetplekkie sit ek op n lusernbaal langs n ou wat van ver kom. Hy skou beeste maar se hy boer met wild ook. Hy oorweeg om heeltemaal oor te slaan na wildboerdery en die beeste te verkoop. Te arbeidsintensief, se hy. Die goed moet gespuit, teen borsluise gedip, gekeur word en daar moet aanmekaar boek gehou word wie is wie se kalf.

Hy het reeds, Swartwitpense, buffels en n paar koperkleurige gemsbokke. Hy het vyf renosters ook. Enigeen van hierdie kos byna dubbeld wat n stoetbul kos. En hulle sorg vir hulle self. Toe draai die gesprek na renosters toe.

” Man,” se hy,” die regering moet net toelaat dat ons met renosters boer en dat ons die horings self aan die hoogste bieder kan verkoop. Ons sal die horings self afsny en bemark. Daai katoolse mense in Vietnam en China kan dit op die plase by ons kom koop.  Een horing gaan nou n miljoen rand.”

Hy verduidelik dat uit beskerming van sy renosters hyself en n veearts die horings afgesaag het. Dit le nou in sy vrieskas op die plaas en hy hoor dis onwettig. Hy gaan dit daar hou tot die regering eendag besluit hy kan sy horings self wettiglik verkoop. Na drie jaar het die horing weer gegroei en kan hy dit weer oes. Hy sal sy eie goed soos goud oppas en self sorg dat niemand sy renosters kom skiet vir die horings nie.

Hy vertel my dat hy versekering op die renosters het vir teelwaarde, se maar R200,000. As iemand die renoster skiet kan hy dalk R200, 000 by die versekeringsmaatskappy kry. Maar die dief  van die horing kan dit verkoop vir n miljoen rand.

Die regering kan maar polisie en die weermag en veldwagters met masjiengewere en mortiere aanstel om die renosters te beskerm in reservate, maar dit sal nie slaag nie. Mense word omgekoop, diewe word slimmer, en hoe meer die prys styg hoe meer diewe kom. Boere het kleiner plase as n resevaat, hy kan sy renosters dag en nag oppas en boere kan almal goed skiet.

Tans maak al die diewe en skelms geld uit die renosterhorings, die regering kry geen inkomste belasting daarop nie en die boere wil nie groot geld op sekuriteit spandeer nie, want n renoster is maar net R200,000 vir hom werd, net teelwaarde.

As hy as boer vyf renosterhorings vir R5,000,000 wettig kan verkoop, betaal hy daarop inkomstebelasting en daar is nog genoeg geld oor om tien Boesman spoorsnyers daar waar hulle nutteloos by Smutsdrif na die bosoorlog deur Magnus en PW afgelaai is, te huur teen n goeie salaris. Boere sal hulle eie Giropplanes, nagverkykers, bloedhonde, en ander sekuriteits dinge aankoop. Dan boer hy met n 100 renosters en hy maak elke drie jaar R100,000,000-00 wins.

My blikslaer, se ek vir hom, as ek my erf van 1000 vk meter onder buffelsgras sit, sal ek met twee renosters kan boer?

Ja, se hy, miskien sal jy n bietjie lusern moet bykoop maar dis peanuts man. En ek ken al klaar n hele paar Chinas en ander moontlike kopers. Ek het selfs n kontak in China, ou Francois die blogger.

Twee miljoen rand elke drie jaar, dammit, ek moet dringend met Zuma of Malema gaan praat. Hulle kan mos nie so onnosel wees nie. Hierdie saak moet dringend gewettig word, volgens die Grondwet het n man mos regte om dit waarmee jy boer self te verkoop.

Twee renosters in my tuin, nou kan ek nie meer wag nie.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Kinders maak jou klaar.

April 25, 2012 in Sonder kategorie

Jou hare val uit, jy sweet van angs en jy voel magteloos. Laatlam is nou 22 en besig met haar honneurs in Kaapstad. Sy is klein en mooi en te avontuurlik vir ek en my vrou se ouderdom en senuwees. Sy en haar vriend gaan klim Tafelberg. Die mis oorval hulle net met die draai daarbo

 

Dis donker, hulle kan skaars twee meter voor hulle sien, hulle word nat, het die verkeerde klere aan, want dit was n gewone warm somersdag. Dis nou yskoud. Hulle skuifel voetjie vir voetjie af, die mis gee n oomblik n opening en sy sien die afgrond langs die paadjie. Sy skrik groot, sy wil ons bel hier in Bloemfontein, Ma sal help. Hulle gaan dit nie voor pikdonker tot onder maak nie.

Hy verbied haar om te bel. Rus n bietjie dan probeer ons weer. Twee Vrystaters wat hulle heeltemaal verneuk met ou Tafelberg se streke.

 

Hulle hoor voetstappe agter hulle, n stokou, fikse man van Kaapstad kom verby. Hy steek vas om die wasem van sy brille af te vee. Hy groet vriendelik.

 

“Are you guys OK?”, wil hy weet. Hulle is albei verstom, hy lyk dood op sy gemak, asof hy rustig op die strand wandel. Laatlam antwoord met klappende tande, ” No. we are definately not OK”.

 

Hy het n lang wandelstok, stap voor, hou soms haar hand vas as dit gevaarlik raak. Die rotse is nat. Die vriend hou haar ander hand vas. Die ou man gee mompellend klas oor kleredrag vir die Berg, van wat om te doen as dit erg raak. Ook wat om saam te neem ingeval van n situasie soos hierdie.

 

Hulle kom veilig onder aan, dis reeds donker. Nou bel sy en ek antwoord. Sy stotter alles uit, my vrou sien my gesig en gryp die foon. Nou is dit vuurwerke en naderhand huil altwee. Ek en die vriend praat maar verder. Hy se alles is orraait, die weer het in minute verander, Hulle het n duur les geleer. Ek hou van die outjie, hy kyk baie mooi na Laatlam daar in Kaapstad.

 

 

Twee weke later bel Laatlam, my vrou antwoord, ” Nee, nee, nee, jy gaan nie…”se sy vir die kind en gee die foon vir my.

 

Ek praat, hulle gaan die volgende dag Cage Diving van n boot af doen om te sien hoe lyk n Great White in sy natuurlike omstandigheid. As sy nader was het ek haar wragtig oor my skoot getrek. Sy is al dogter wat ons het, die ander is vyf seuns.

 

Sy praat so mooi, my hart vermurwe. Wat kan ek se. Sy sal gaan, sy is n koppige kind.

 

Ag my kind as jy dan moet, laat hom eerste gaan, laat ons eers sien of dit n aggressiewe haai is wat kom kuier het.

 

” Pa !!!”. gil sy op my, “ek is op speakerphone!!”

 

 

Profile photo of ou-top

by ou-top

Die kinders maak my grys…..

April 24, 2012 in Sonder kategorie

Ek het ses kinders, ek vertel julle maar net ietsie oor een van hulle, dan sal julle weet hoekom ek lyk soos ek lyk.

Hy is dertig, getroud met n Australiese meisie, woon in die noorde van Australia in n dorpie aan die see. Daar het hy sy eie besigheid begin, hy het n huisie, n diepseeboot, n rivierboot, n bakkie en n jaggeweer. Naweke gaan kamp hulle langs die see of langs een van daai krokodilbesmette riviere. Dis gety riviere vol vis en aan die kante pragtige mangrove bome wat in daai soutwater groei. Dis pragtig daar. Kom ons noem die seun sommer Dolfie.

Dolfie se  rivierboot is n sterk aluminium boot , want rotse, boomstamme en krokodille kan ander bote erg seermaak. Hy stuur n foto vn n meter en n halwe krokodil, knaak is vas aan n hoek. Sy SMS se die ding vreet al die vis wat hul opbring uit die water, gedink dis n haai toe sit hy n hele vis aan met groot hoeke en die krokodil word gehaak. Moes hom weer laat los, want as jy n krokodil daar doodmaak skuld jy die staat R100,000. Daar is ander fotos van waar hy halflyf in die water staan en visvang, ook waar hy swem, nog fotos van groot,groot krokodille wat op sandbanke in die son le.  Op al die fotos lag hy uitbundig dat jy net tande sien. Hulle slaap in klein ronde tente en hy span vislyn met kondensmelk blike vol klippe al om die kamp. Sal geraas maak as n krokodil in die nag kom kuier.

Ek kry n e-mail dat sy vrou iets op sy facebook gese het. Dis twee weke na die krokodil episode. Dolfie was saam met sy vriende uit op die see. Die wind kom teen alle verwagtinge op, hulle het te ver uitgegaan, byna dertig kilometer. Reen en storm kom aan. Die see verander in n halfuur na n woeste wilde vyand. Hulle vorder stadig, dit word donker. sy vrou roep om hulp. Ek se eers niks vir my vrou, ek gee raad op facebook. Het hy sy selfoon, ja hy het maar hy antwoord nie. Later uitgevind die ding het nat geword. Vriende is af kaai toe, flits met ligte, dit reen, die wind is sterk.. Dan hoor hulle die boot. Hulle kom bleek maar veilig aan. Later die aand praat ek met hom. Jis Pa hierdie nuwe soort GPS goeters is daarem maar dodelik, se hy.

Hy moet n ryk boer se computor gaan herstel., hy gaan een dag werk en een dag visvang, miskien nog n wildevark skiet. Dit gaan so lekker hy is donkernag op pad. n Ander bakkie kom van vooraf aan, hull domp hul ligte vir mekaar. Hy weet dis gevaarlik, want daar is geen drade in daai wereld, beeste loop in die nag rond soos hier by ons in die Transkei. As hy sy ligte op  brights sit sien hy die wildegeworde Brahman bees voor hom in die pad. Hy kon skaars begin briek, wat nog van uiswaai. Hy het n bullbar voor en slaan die bees. Sy bakkie is afgeskryf, die aluminium boot ruk los en kom soos n torpedo vir hom in die kajuit, slaan die traliewerk en sy neus gaan gelukkig boontoe.

Sy vrou bel uit hospitaal, hy stap daar uit met twee bloukolle op sy elmboe.

“Jis Pa,” se Dolfie ” Gelukkig bou hulle bullbars hier van staal, amper spoorstawe.”

Hierdie winter beplan hulle om wilde Brahman bulle vir biltong te gaan jag in n onherbergsame area. Hy stuur n link vir my, ek kyk die video, die kind maak my senuwees klaar se ek vir julle.

O ja, die wat nie so fyngevoelig is nie kan sommer op google search vir Scrubbullhunting gone wrong. Die goed is heel bedonderd en weeg n ton.

Dolfie alleen maak my klaar, wat nog van die ander vyf.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Ek het finaal besluit, banke in Suid Afrika is die onveiligste plek om in te wees.

April 21, 2012 in Sonder kategorie

Die hoeveelste persoon is hierdie week in Bloemfontein geskiet nadat hy geld by die bank gaan trek het Net  daar waar hy vir die eerste keer stilhou, is die rowers by hom, vat die geld en skiet hom. Hoe weet die rowers hy het R20,000 se geld in kontant getrek. Hulle moet hom volg, want elke keer word hy beroof en geskiet op die eerste plek waar hy stilhou en uitklim.

Betaal per tjek, per kaart of per internet. Dwing jou werkers om self bankrekeninge oop te maak. Dit kan nie so aangaan nie.

 Ons word uitgeroei.  In die banke word ons dopgehou of bankpersoneel werk saam met die rowers, want hoe weet hulle so vinnig ons het geld getrek?

Profile photo of ou-top

by ou-top

Kan jy nog daardie dag onthou toe…..

April 21, 2012 in Sonder kategorie

Die lekkerste en mooiste woorde vir familielede en vriende van lank gelede. Vir vrouens en kinders wat later bygekom het

is dit vervelige woorde. So tref ek en twee van my seuns n gelukskoot saam, die vrouens is Mall toe. Die oudste seun is

byna veertig en die jonger een so dertig.

Jis Pa, onthou Pa nog die dag in die karavaanpark op Mosselbaai toe oudste op die water geloop het. Ons lag aldrie lekker.

Ons onthou die dag toe hy branderplank gery het op n spot wat hulle Ding-Dangs genoem het. Dis sommer by

die karvaanpark. n Helikopter met die naam “John Rolph,” daarop geverf, kom huiwer so oor die plek waar oudste surf.

Daar steek n hand met n luidspreker by die heli se deur uit.

Duidelik kom dit oor die water, ” Surfers alert, surfers alert, there is a great White twenty metres behind you. Get

out of the water. We repeat, get out of the water”.

Die wat weet sal jou vertel daar is monsters wat gedurig draai om Robbe Eiland, so katspoegie van Mosselbaai

se karavaanpark. Hulle val nooit mense aan nie, want daar is duisende vet robbe wat elke dag daar in die water speel.

Nou ja, oudste was toe so sestien jaar oud en was nog altyd baie vlugvoetig en vinnig van begrip. Ek dink dit was

nog voor die ou in die helikopter gese het, ” I repeat, get out of the water”, Toe kom oudste met sufboard in die hand

bo-op die branders aangehardloop na die kant. Ek dink dit was ook die eerste dag dat ouboet n brandy en coke

met een teug afgesluk het. Ja ek het dit persoonlik vir hom gegee, want hy het gebewe soos n fluitjiesriet in n Vrystaatse westewind. Hy het vir drie dae daarna nog gehakkel as jy met hom praat.

En onthou Pa nog die dag toe jongste byna deur n krokodil opgevreet was. Ja, daar naby Oudtshoorn, by die Cheetah

dieretuin. Wonder of dit nog bestaan.  Daar was n krokodil in sy eie kampie, met waterpoel en al. Dis verskriklik warm en die krokodil  le op n rots so meter en n half van die stewige tarlies.  Hy le doodstil met sy bek oop, goudgeel. Hy het verskriklike

tande en hy is groter as n haai. Jongste was so sewe, iewers kry hy n lang riet, ek kyk nog hier van die kant om te sien wie se

kind is nou so simpel. Toe die riet se punt aan die krokodil se lip raak spring hy soos n kat op n warm sinkplaat op

in die lug en hy hap. Dis daai slag van die hap wat ons drie so duidelik onthou. Dit klink soos n boer wat n waenhuisdeur toeslaan. Jongste het vir weke nagmerries daaroor gekry. vandaar is ons Kangogrotte toe, net n kilometer of se verder.

En daar het jongste toilet toe gegaan en sy onderbroek net daar agter die ketel weggesteek en daar gelos.

Dis nou my beurt en ek vra of hulle die reenerige dag in die karvaanpark onthou, toe ek vir die vyf seuns gese het hulle moet pannekoek bak bo-op die ystertafel onder die afdak en dit verkoop aan al die mooi meisies wat daar verbykom. Dit het gewerk soos n bom, soms het daar sommer drie of vier gestaan en wag vir hulle pannekoeke en dan kon van die seuns met hulle n geselsie aanknoop.

Ons sit vir n paar oomblikke in stilte om lekker te onthou. Dan draai die jongste sy kop na my.

” Dit was lekker tye Pa, dit was die beste tye van ons lewe”, se hy en oudste skud sy kop op en af om alles te beaam.

” Tot vandag toe,” se oudste,” is daar niks so seksie soos n meisie met n rooi bikini en haar pa se se jagbaadjie oor haar lyf, nie.”

Ka,. ka. ka , lag die twee knopgatte.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Net toe ek dink ek het al alles gesien en beleef…….

April 18, 2012 in Sonder kategorie

Soms gebeur iets, of jy lees iets in n koerant, of iemand vertel jou iets; en jy dink dat jy dit al baie keer beleef

of gehoor . Dis ou nuus. Min dinge is werklik nuut.

Toe loop ek n ou raak by Fruit en Veg se winkel. Ek kan sweer ek ken die ou maar kan hom nie mooi plaas nie. Ek stoot my

waentjie maar so agter hom aan soos ons met die stroom, gangetjie op en gangetjie af beweeg. Ek sien wat hy koop;

twee mooi donker pruime, twee perskes, twee mangoes, n pakkkie cashew neute, gedroogte vye. n Halwe koolkop.

hoenderborsie, twee klein TBone stakes,  n stuk rumpstake in n pakkie. Appelsap en duur olyfolie. Hy draai terug om

n murgpampoen hier voor my te vat en kyk my ewe skielik stip aan. ” Maar ek ken vir jou”, kom dit oor sy lippe.

Ons werk die ding uit, ons was op laerskool saam. Hy het vir R800 gekoop en ek vir R120. Ons is albei so oud, ons lag vir mekaar se voorkoms. Ek ry agter hom na sy woonstelletjie op die gronde van n ouetehuis. Ons drink koffie, die kombuis en die ander vertrekke is ongemaklik klein. Ek sien nie n vrou se hand in sy woonstel nie. Hy se sy is al vyf jaar gelede dood.

Een van die opmerklikste dinge in sy woonstel is sy computor met n groot skerm. Sien jy daardie vrou daar

oorkant, se hy, sy het n seun in Engeland. Hy kom soms hier vir drie weke kuier. Dan vat hy haar rond en hy slaap

ook elke aand hier. Hy bederf haar, man. Soms kom gesels hy met my, ons is al goeie vriende. Hy het vir my die computor

gekoop. Hy het gereel dat n plaalike ou my alles kom wysmaak met die ding. Ek praat met hom oor skype, net soos met my

seun in Duitsland. Jy raak maar die ding gewoond, maar iemand met geduld moet jou leer, en jy moet alles neerskryf, jong.

Toe hy weer kom begin hy my leer van aandele en valutas. Hoe jy daarmee op korttermyn kan spekuleer. Op klein skaal.

Ek sukkel en swoeg vir twee jaar, elke tweede aand is hy op Skype en beduie my wat om te doen. Hy is n valuta handelaar by n bank in Engeland, se hy.

Dis nou vier jaar. Ek maak nou elke dag so twee honderd dollar. Elke maand plaas ek geld oor na Fisrt National Bank. Alles op die compuor. Hy wys my sy rekening by n valutahandelaar. Hy wys my rofweg hoe dit werk. Hy koop Euros teenoor die

Dollar. Tien minute later verkoop hy, hy maak 11 dollar wins. Hy se hy werk elke oggend van 7 uur tot 11 uur, dans hy klaar.

Hy werk glad nie Vrydae nie, dan is die markte te deurmekaar.

In my kop werk ek uit hy maak so drie duisend dollar per maand, dis byna R20,000. Ek vra hom maar hoekom bly

hy dan nog soos n armgat hier.

” Ek help mense hier, en ook van die mense in my kerk. Dis vir my lekker” se hy.

Ons kyk stil na mekaar, dan se hy, ” Maar dis ook lekker om vir my seun te se ek het niks nodig nie, o en om op straat en

in die winkels rond te loop, na ander slim en ryk mense te kyk terwyl ek by myself dink. ‘ Ek weet iets wat hulle nie weet nie,

ek kan iets doen wat hulle nie kan doen nie.’

Ek het verlede maand vir my nuwe valstqande laat maak. Toe dit klaar is en ek moet betaal, toe loer die tandarts en sy

ontvangsdame my so op en af e hy se toe die soort tande kos gewoonlik so R6,000, maar ek kan hom maar net R4,800

betaal.

Ek gee so laggie en se ek weet watter bedrag hy toe betaal het, die volle R6,000.

” Nooit”, se hy, “ek het vir die ouetehuis nog n ordentlike tuinslang, n kruiwa , n graaf en n hark gekoop van dit wat ek

gespaar het.”

Nee, ek het nog lankal nie alles op hierdie aarde gesien nie.