Profile photo of ou-top

by

Die groot geeste het verdwyn en ons sit nog hier.

Augustus 25, 2012 in Sonder kategorie

Lees ek vandag in ons koerant die Nobel prys skrywer van Suid Afrika wat nou in Australia woon  se vrou se dat hulle te sensitief is om in SA te bly, dat daar een aand hier in sy motor ingebreek was en dat hy nie meer so vryelik kon fietsry hier nie. Waar woon Nadine Gordemir, Breyten Breutenbach vandag, en wat se Andre Brink en al daai snare wat vir dekades lank ons land en regering en ons Afrikaners so verguis het. Soveel so dat nadat hulle ons oorwin het, die swart mense hierdie week op die dorp Senekal plakate gedra het wat se hulle was beter af onder die apartheids regering. So draai die wiel.

Ons gematigde mense het altyd geweet wat kom, so ook vandag weet ek:  uiteindelik sal mense soos die DA en ander swart organisasies hierdie land vir die goeie mense van hierdie land, weer terugneem vanaf die korrupte magsbehepte ANC regering.

Kyk wat doen ons blanke boere in Zambie, die Kongo en Mosambiek Daardie lande word nou uitvoerders van kos, nie invoerders nie. En het u op Voetspore gesien hul plaashuise het nie diefwerings aan nie. Al die jare het aktiviste geskreeu ons Afrikanerboere is die grootste rasiste, maar wat maak hulle nou daar in vreemde lande met swart mense wat die lande regeer? Is dit hoe rassiste optree? In ons eie land word boere nog steeds  gedreig dat hul plase afgevat sal word, nog steeds word hulle vermoor. Totdat ons invoerders van kos word, eers dan sal Malema se mense tevrede wees.

Gelukkig draai die wiel, ons wen n hofsaak dat n Afrikaanssprekende Kleurling nie vanaf die Kaap na Limopo verplaas word, net omdat daar te min Kleurlinge in Limpopo is nie. Is dit ook hoekom jong mediese dokters wat klaarmaak vir twee jaar in die ou Transkei moet gaan werk? Is dit hoekom ons eie kinders en dogters nie werk kry in hierdie land nie?

 Is dit hoekom duisende mense van Pretoria, Johannesburg en selfs van Bloemfontein, hewig beplan om te  trek na die WEs Kaap. Net in Bloemfontein tel ek vier gesinne hierdie maand, en dis net die mense wat ek ken, en hulle is almal jonk en ekonomies kragtig. Is dit waar swart, wit en bruin mense wat saamstem oor dinge gaan begin om die wereld te wys dat ons wel die potensiaal het om n ordentlike, beskaafde land te word wat ten minste saamstem oor die beginsels van die Tien Gebooie nie.

En ten laaste, ou PG Du Plessis, die skrywer, daar op sy plaas in Noord Wes, geluk met die prys wat jy ontvang het en die voorbeeld wat jy stel om op 78 nog op jou plaas te boer en te bou aan jou huis en te skryf vir wie ook al wil lees oor ons land.

Ja, stil nou broers, daar gaan n man verby.

17 antwoorde op Die groot geeste het verdwyn en ons sit nog hier.

  1. TS het gesê op Augustus 25, 2012

    Jy maak my sommer mistroostig

  2. pasella het gesê op Augustus 25, 2012

    Breyton is darem ‘n ander saak–NP regering wou nie sy vrou in SA toelaat nie. Toe word hy ‘n wêreldburger

  3. louisna het gesê op Augustus 25, 2012

    Nobelpryswenners Madiba en Tutu is nog hier, so ook FW (maar of lg ‘n groot gees is, is bokant my begripsvermoe om ‘n uitspraak oor te maak)

  4. ons moet maar net bly hoop en bid vir die beste.

  5. Dis lekker siek, maar tipies liberale banggatte hardloop hulle weg as die poppo die fan slaan. Ergste is hulle is te trots om te erken wat hulle veroorsaak het, maar hulle kannie vir altyd hardloop nie.

  6. Vetjan het gesê op Augustus 25, 2012

    Die feit dat die ANC regering hopeloos korrup en swak is, regverdig geensins apartheid nie.

    Dit was ‘n overdedigbare immorele stelsel waarmee ek hoegenaamd nie saamgestem het nie.

    ‘n Mens moet uiters naief wees om te dink dat daar nog ooit enige simplistiese oplossings is of was.

  7. Ou-Top het gesê op Augustus 25, 2012

    Nee, hy was na 1994 dikwels hier, het toe besluit hy gaan weer uit, was ontugter deur die toestande hier.

  8. Ou-Top het gesê op Augustus 25, 2012

    Nee wat ou Tina, dinge sal regkom, miskien eers slegter raak, maar beslis regkom.

  9. Ou-Top het gesê op Augustus 25, 2012

    Ek stem volkome saam oor apartheid en dat daar nie kitsoplossings is nie. Gaan tyd vat, maar hier is genoeg knap en denkende mense in ons land.

  10. Ou-Top het gesê op Augustus 25, 2012

    Ek sou vir Madiba gestem het, ek dink hy voel self nie tevrede met die wending van sake in ons land nie.

  11. louisna het gesê op Augustus 25, 2012

    Baie waar. Ek dink hy is erg teleurgesteld

  12. Dalk is jy reg,ou Top

  13. zephur het gesê op Augustus 25, 2012

    Ja ons almal trek Kaap toe en dan later doen die klomp weer die Groot Trek 2.0

    Ag wat al is groot geeste weg is ons Ou Top darem nog hier…

  14. dit verbaas my steeds dat die Wes Kaap nie ‘n onafhanklike land op sy eie is nie.

  15. Lekker gelees. Baie waarhede. Nou voel ek weemoedig. In hierdie week ook gelees ons kospryse gaan op omdat Amerika droogte gehad het en ons voer mielies vandaar af in?????? Magtig ek sluk swaar.

  16. zephur het gesê op Oktober 17, 2012

    Net gou ‘n info stukkie oor die blogs. Vandag en môre is al dae wat oor is voordat volgens hulle die groot skuif gaan plaas vind op die 19de Okt9 (so ons moet ‘n marathon blogsessie nou hou).

    So as jy die afgelope 6 maande nie iets geblog het nie…gaan post sommer gou iets. Of as jy van bloggers weet wat nie die afgelope tyd gepost het nie…laat hulle weet sodat hul ook op hoogte is van die blog situasie.

    Hier onder is die link na Dopper Naomi se post oor die gebeure ivm die blogs

    http://blogs.litnet.co.za/dopperjoris/baie-belangrik-gaan-jou-blog-saam-skuif-en-wat-kan-jy-verloor-16-Oct-2012

    Tot later

    Zeppie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.