Jy blaai in die argief vir 2012 Augustus.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Die groot geeste het verdwyn en ons sit nog hier.

Augustus 25, 2012 in Sonder kategorie

Lees ek vandag in ons koerant die Nobel prys skrywer van Suid Afrika wat nou in Australia woon  se vrou se dat hulle te sensitief is om in SA te bly, dat daar een aand hier in sy motor ingebreek was en dat hy nie meer so vryelik kon fietsry hier nie. Waar woon Nadine Gordemir, Breyten Breutenbach vandag, en wat se Andre Brink en al daai snare wat vir dekades lank ons land en regering en ons Afrikaners so verguis het. Soveel so dat nadat hulle ons oorwin het, die swart mense hierdie week op die dorp Senekal plakate gedra het wat se hulle was beter af onder die apartheids regering. So draai die wiel.

Ons gematigde mense het altyd geweet wat kom, so ook vandag weet ek:  uiteindelik sal mense soos die DA en ander swart organisasies hierdie land vir die goeie mense van hierdie land, weer terugneem vanaf die korrupte magsbehepte ANC regering.

Kyk wat doen ons blanke boere in Zambie, die Kongo en Mosambiek Daardie lande word nou uitvoerders van kos, nie invoerders nie. En het u op Voetspore gesien hul plaashuise het nie diefwerings aan nie. Al die jare het aktiviste geskreeu ons Afrikanerboere is die grootste rasiste, maar wat maak hulle nou daar in vreemde lande met swart mense wat die lande regeer? Is dit hoe rassiste optree? In ons eie land word boere nog steeds  gedreig dat hul plase afgevat sal word, nog steeds word hulle vermoor. Totdat ons invoerders van kos word, eers dan sal Malema se mense tevrede wees.

Gelukkig draai die wiel, ons wen n hofsaak dat n Afrikaanssprekende Kleurling nie vanaf die Kaap na Limopo verplaas word, net omdat daar te min Kleurlinge in Limpopo is nie. Is dit ook hoekom jong mediese dokters wat klaarmaak vir twee jaar in die ou Transkei moet gaan werk? Is dit hoekom ons eie kinders en dogters nie werk kry in hierdie land nie?

 Is dit hoekom duisende mense van Pretoria, Johannesburg en selfs van Bloemfontein, hewig beplan om te  trek na die WEs Kaap. Net in Bloemfontein tel ek vier gesinne hierdie maand, en dis net die mense wat ek ken, en hulle is almal jonk en ekonomies kragtig. Is dit waar swart, wit en bruin mense wat saamstem oor dinge gaan begin om die wereld te wys dat ons wel die potensiaal het om n ordentlike, beskaafde land te word wat ten minste saamstem oor die beginsels van die Tien Gebooie nie.

En ten laaste, ou PG Du Plessis, die skrywer, daar op sy plaas in Noord Wes, geluk met die prys wat jy ontvang het en die voorbeeld wat jy stel om op 78 nog op jou plaas te boer en te bou aan jou huis en te skryf vir wie ook al wil lees oor ons land.

Ja, stil nou broers, daar gaan n man verby.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Ek word n korrupte man van Afrika……. sommer so maklik

Augustus 18, 2012 in Sonder kategorie

n Ou vriend se seun het n eiendomsagentskap, uit geldnood begin ek daar te werk. My eerste sending is om twee kopers uit te neem na n wildsplaas wat ons in die mark het. Ek ken die eienaar en die plaas goed. Die koper is n skatryk sakeman wat n Bee vennoot het en hulle bied aan dat ons met hulle vuurwa ry, my ou skedonkie doen afbreuk aan hulle lewenstyl. Dis n pragtige ryding, ek het nie eers geweet die Duitsers maak so n luukse 4×4 nie. Ons laat waai, ek sit voor en die BEE ou sit agter, net omdat ek die pad moet beduie.

Ek skrik toe ek sien hoe vinnig die telefoonpale verbyflits, ek skrik nog groter toe ek sien die naald staan op 220 km per uur. Ek waarsku dat daar soms spietkops is op hierdie pad. Kort daarna spring hulle voor ons in die pad.

” Los als vir my”, se die drywer.

n Boek word uitgehaal, die swart spietkop wil skryf. Die wit spietkop kom aangestap. Die vorm van hul liggame verskil drasties. Ek dink aan n ou liedjie van my jeug.”Die een ou Spook was maer… en die ander ou Spook was vet, Ho-Ho”.

Die dun wit Spook se die oortreding kwalifiseer vir beslaglegging op die motor en reguit tronk toe vir die bestuurder. Die vet Spook se dis nou n helse probleem. Die bestuurder verduidelik dat daar geen ander karre op die pad was nie en dat hy die nuwe ryding van bykans n miljoen rand wou toets en seker maak of alles waar is wat die Duitse maatskappy hom vertel het. Ek dink dit was die woorde, “n miljoen rand”, wat almal daar soos roofdiere in die veld, die reuk van bloed in die neuse laat kry het. Lyk amper of die Spoke hulle koppe lig om beter te ruik.  Is dit bloed of is dit  geld wie se reuk daar aangewarrel kom ? Bloedgeld, besluit ek in doodse stilte.

Toe eers laat hoor die BEE man van agter. Hy wil weet of die drywer eers kan gaan kyk na wat die lesing was, netnou jok die wit Spook vir almal. Ons klim nou almal uit, die  bestuurder  en die wit Spook gaan kyk. Die Bee ou en die swart spietkop wissel n paar vinnige woorde in Sotho. Die ander twee kom saam terug.

” Bliksem, nee julle het my,” se die bestuurder, ” kan ek en my partner net eers bietjie alleen praat, voor julle my toesluit en ek my prokureur bel”. Hulle kry die toestemming en gaan staan agter die 4×4 en praat. Hulle kom gou terug en dan vra die Bee ou vir die bestuurder wat hul prokureur vir die laaste saak gevra het, toe hy hulle op n tegniese punt los gekry het.

 

 Die bestuurder se dit het hulle byna R12,000 gekos, prokureurs is bliksemse bloedsuiers. Ons stem almal saam en knik ons koppe.

 

Ewe skielik is almal nou effens stil en gespanne, ek seker die meeste. Die Bee ou vra my selfoon, hy sit dit op die enjinkap neer, so ook sy eie selfoon en die van die bestuurder.

 

Die bestuurder se, ” miskien is dit beter om sonder n prokureur die ding op te los, miskien nis dit beter vir almal as ons die boete sommer nou betaal dat ons almal kan aangaan met ons werk. Die boete behoort seker so drie of vierduisend rand te wees. Kan my vennoort net gou self ook gaan kyk na die lesing? Ons deel alles fifty-fifty in ons besigheid.”

 

Die vennoot gaan alleen en is vinnig terug. Die een Spook gaan terug na die motor, die vennoot het die deur oop gelos, netnou word hul motor se battery pap en hy moet n ander pen gaan kry, die een in sy sak se ink is op, verduidelik hy. Hy vat nogal n tydjie soos hy na die pen soek.  Ons kry  toe n ernstige waarskuwing om versigtig te bestuur, ook dat daar nog n lokval net duskant die volgend dorpie is.

 

Ons ry verder, ek kan nie die versoeking weerstaan nie en wil droogweg weet.

 

” Wonder wat het hy toe daar op die kar se sitplek gesien, miskien net nog n pen wat se ink op geraak het. Gelukkig kry n man kry darem deesdae nog goeie en billike spietkops ook.”

 

 

Ag en die heiliges en vromes onder julle lesers, moet tog nie nou die polisie bel en my aanklae as medepligtige nie. Ek het alles maar net gedroom, ook gedroom die polisie kom by die huis aan en toe my vrou wou betoog teen korrupsie, toe skiet hulle haar uitmekaar uit met hul outomatiese gewere.