Profile photo of ou-top

by

Soms soek n man net na stilte.

Julie 8, 2012 in Sonder kategorie

Wanneer ek op n kliprantjie onder n olienhoutboom sit en staar oor die wuiwende rooigras vlaktes van die Vrystaat; en ek sien hoe die blesbokke en swart wildebeeste in hul groepies doer onder vreedsaam wei. Dis dan wanneer ek wonder as die mensdom eensklaps sou verdwyn, saam met alles wat hul hier op aarde tot stand gebring het, of die natuur nie baie beter af sou gewees het nie. Hoekom pas ons nie die natuur op nie.Hoekom verwoes ons woude, hoekom bevuil ons riviere, hoekom gooi ons afval in die see sodat daar reeds n gebied van 20,000 kilometer lank, geen koraalriwwe meer bestaan nie, hoekom bevuil ons die lug dat in sommige stede daar elke paar tree  n suurstof toedienings aparaat is.

 

Die aasvoels sterf uit, die blou kraanvoel sterf uit, die renoster sterf uit, die visse in ons see sterf uit en die mense word net meer en meer. En soos die mens meer word, word hy al meer gevoelloos en gewetenloos teenoor die natuur. Ons in Suid Afrika is gelukkig, ons het seker die meeste wildreservate en natuurreservate van elke land in die wereld. Ons moet dit met alle krag en mag so behou.

 

Ons moet ons aanwas beperk, ons moet die natuur beskerm teen onsself, ons moet elke boer of instansie wat n gebied wil afsper as natuurbewarings area, ondersteun. Ons wette moet strenger word. Ons moet mekaar aanmoedig vir bewaring en saam veg teen besoedeling.

 

Want moeder aarde is besig om haar geduld met ons te verloor, dit vloed waar dit nooit gevloed het nie, aardbewings word al meer, tornados tref selfs die Vrystaat en Transvaal, woestyne groei al groter. Ys begin smelt in die Noordpool, ysbere begin vrek, walvisse weet nie meer waar om hul kleintjies groot te maak nie, want op pad soontoe word hulle doodgemaak en hul vleis op tafels voorgesit vir die mens.

 

Ek kan sien en hoor hoe moeder aarde haar begin  vervies vir ons optredes, tsoenamis kom en saai verwoesting vir die mens, riviere oorstroom sy walle en vat mense saam. Eendag gaan sy besluit dat ons planeet baie beter af sal wees sonder die mens.

 

En ons is dan die slimste en mees ontwikkelde lewendige wesens op aarde, wat spog met die naam van beskawing.

 

Dis koud hier onder die boom, die windjie het ook nou opgekom, op beskaafde wyse haal ek my plat silwerkannetjie vol soet wyn van Jacobsdal uit my baadjiesak, ek vat n paar heel onbeskaafde slukke. Dit sal my warm hou, want ek wil nie nou al afstap daar na die bungallows toe nie. Ek raak verslaaf aan hierdie stilte om my.

5 antwoorde op Soms soek n man net na stilte.

  1. HeavyHenry het gesê op Julie 8, 2012

    Jy is so reg – geniet dit wat daar nog is terwyl jy kan – die massas broei blindelings.

  2. Partymaal is dit al wat ‘n mens nodig het: net die stilte van die natuur!

  3. Volhoubare groei is die logika van die kankersel.

  4. abrham het gesê op Julie 8, 2012

    en dan roem ons daarop dat ons die kroon van die skeppimg is, pestilensies die hele blessitste lot van ons …

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.