Profile photo of ou-top

by

Lyk vir my die witmense se koppe word nou mal….

Julie 7, 2012 in Sonder kategorie

 

Na die diefstal van my tweede hekmotor het ek terug gegaan na die handmodel.Ek maak die hek oop en wou net terugstap om in die kar te klim, toe groet n Kleurlingman my vriendelik’

” More Oubaas, my hene Oubaas na al die jare,” se hy met uitgestrekte hand. Langs hom staan n jonger man met n litteteken op sy wang.My honde het ek geleer om nie oor die loop yster van die hek te gaan nie, die reun staan egter daar en knor vir die uitgestrekte hand.

 

Ek druk my een hand  agter my rug uit en vryf die hond se kop, hy bedaar. Ek kyk na die Kleurling man en probeer hom onthou, ek kan nie. Hy glimlag nog vriendelik en vra of ek my knieg seer gemaak het, hy sien ek loop effens kruppel. Die jonger een beweeg so n meter links en dit lyk vir my kompleet of hy in die erf loer om te sien wat se kar ek ry. Ek kry hond se gedagtes.

 

” Maar Oubaas, hoe ken die Oubaas dan nie meer vir my nie?”. wil hy weet. Ek vra hom wat my naam is. Hy antwoord dadelik, ” Oubaas Green-door.”

 

Dis nie my naam nie se ek en tree agteruit in my erf in , die honde is onmiddellik voor my en wys tande. Die Kleurling kyk na sy jonger metgesel, die ouer man se gesig is half hartseer en kwaad. Hy se hy is Hendrik, die messelaar, hy ken my goed. Ek se weer ek ken hom glad nie.

 

” Nei wat Selwin”, se hy vir die jonger een,  “kos loop, lyk vir my die witmense se fokken koppe word nou mal.”

 

Ek maak die hek toe, vergeet skoon van die kafee en gaan sit agter my lessenaar in my studeerkamer. My vrou wil weet wat makeer, ek vertel haar en sy se dit was maar net boemelaars wat kos of geld wou he.Ek antwoord dat hulle niks gevra het nie. Nou is my vrou bekommerd, sy is oortuig dis rowers, huisrowers wat toe geskrik het vir die honde.

 

Ek kan nie die ou se oe vergeet nie, hy was werklik geskok en hartseer dat ek hom nie kan onthou nie. So asof ons nogal heel goeie vriende was. Dan bel ek my broer.

 

” Ken jy vir Hendrik die messelaar,” vat ek n kans,” hy stuur groete.”

 

” My liewe land Outop, leef die ou nog, het jy sy nommer gevat? Die beste messelaar in ons stad”, wil my broer opgewonde weet.

 

Nee, ek het nie,antwoord ek, maar wie is Oubaas Green-Door?

 

Dis ek, se hy, my ou slaghuis het mos altyd n groen deur gehad.Mense van die lokasie het my so gedoop.

 

Ek bly lank stil, hy roep na my oor die foon, wil weet wat nou aangaan, hoekom praat ek nie.

Nee, se ek, ek sit maar hier en wonder, dis maar die derde mens in ons lewe wat dink ons lyk effens na mekaar.

 

“Ag stront man”, se my ongeskikte broer. ” ek was nog altyd mooi en jy lelik”.

 

Seker maar net n familietrek of so iets, dink ek by myself, maar in my binneste wil die hartseer glad nie wyk.

 

 

 

12 antwoorde op Lyk vir my die witmense se koppe word nou mal….

  1. postatdo het gesê op Julie 7, 2012

    It is sad because you can’t fix it.

  2. Ek sê ook soos post.

  3. TS het gesê op Julie 7, 2012

    Ag hoe jammer… is oor ons almal wantrou

  4. loudavisi het gesê op Julie 7, 2012

    Dis hartseer ja!
    Maar dis nie jou skuld dat jou broer na jou lyk nie.
    :0

  5. pasella het gesê op Julie 7, 2012

    Beter om nie kanse te vat nie.

  6. Ou-Top het gesê op Julie 7, 2012

    Dis net vir my tragies dat ons lewe in die land so ontaard het dat ons selfs sukkel om gewone menslike gesprekke met mekaar te he. Met reg is ons wittes deesdae meer paraat en agterdogtig, kyk net na koerantopskrifte wat gebeur met ons. Dis net dat ek wonder wat die ou se en voel daar waar hy in die lokasie sit, en hy weet glad nie hoe ek voel hier waar ek sit nie. Ons kon lekker gesels het.

  7. julle is ongelukkig albei die slagoffers van ander se wandade.

  8. karma…live the life you love…love the life you live…

  9. dit klink darem asof die ou messelaar baie begrip het vir die redes vir hierdie onnatuurlike toedrag van sake, met sy terloopse opmerking dat witmense se koppe totaal uitgehak het…

  10. avega het gesê op Julie 8, 2012

    Jis dis hartseer.

  11. HeavyHenry het gesê op Julie 8, 2012

    Rof!

  12. Blikskottel het gesê op Julie 8, 2012

    Ek dink die tipe ding kan enige een oorkom. Deesdae kan mens inelkgeval niemand sommer net vertrou nie..dis hartseer maar waar.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.