Jy blaai in die argief vir 2012 Julie.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Soms soek n man net na stilte.

Julie 8, 2012 in Sonder kategorie

Wanneer ek op n kliprantjie onder n olienhoutboom sit en staar oor die wuiwende rooigras vlaktes van die Vrystaat; en ek sien hoe die blesbokke en swart wildebeeste in hul groepies doer onder vreedsaam wei. Dis dan wanneer ek wonder as die mensdom eensklaps sou verdwyn, saam met alles wat hul hier op aarde tot stand gebring het, of die natuur nie baie beter af sou gewees het nie. Hoekom pas ons nie die natuur op nie.Hoekom verwoes ons woude, hoekom bevuil ons riviere, hoekom gooi ons afval in die see sodat daar reeds n gebied van 20,000 kilometer lank, geen koraalriwwe meer bestaan nie, hoekom bevuil ons die lug dat in sommige stede daar elke paar tree  n suurstof toedienings aparaat is.

 

Die aasvoels sterf uit, die blou kraanvoel sterf uit, die renoster sterf uit, die visse in ons see sterf uit en die mense word net meer en meer. En soos die mens meer word, word hy al meer gevoelloos en gewetenloos teenoor die natuur. Ons in Suid Afrika is gelukkig, ons het seker die meeste wildreservate en natuurreservate van elke land in die wereld. Ons moet dit met alle krag en mag so behou.

 

Ons moet ons aanwas beperk, ons moet die natuur beskerm teen onsself, ons moet elke boer of instansie wat n gebied wil afsper as natuurbewarings area, ondersteun. Ons wette moet strenger word. Ons moet mekaar aanmoedig vir bewaring en saam veg teen besoedeling.

 

Want moeder aarde is besig om haar geduld met ons te verloor, dit vloed waar dit nooit gevloed het nie, aardbewings word al meer, tornados tref selfs die Vrystaat en Transvaal, woestyne groei al groter. Ys begin smelt in die Noordpool, ysbere begin vrek, walvisse weet nie meer waar om hul kleintjies groot te maak nie, want op pad soontoe word hulle doodgemaak en hul vleis op tafels voorgesit vir die mens.

 

Ek kan sien en hoor hoe moeder aarde haar begin  vervies vir ons optredes, tsoenamis kom en saai verwoesting vir die mens, riviere oorstroom sy walle en vat mense saam. Eendag gaan sy besluit dat ons planeet baie beter af sal wees sonder die mens.

 

En ons is dan die slimste en mees ontwikkelde lewendige wesens op aarde, wat spog met die naam van beskawing.

 

Dis koud hier onder die boom, die windjie het ook nou opgekom, op beskaafde wyse haal ek my plat silwerkannetjie vol soet wyn van Jacobsdal uit my baadjiesak, ek vat n paar heel onbeskaafde slukke. Dit sal my warm hou, want ek wil nie nou al afstap daar na die bungallows toe nie. Ek raak verslaaf aan hierdie stilte om my.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Lyk vir my die witmense se koppe word nou mal….

Julie 7, 2012 in Sonder kategorie

 

Na die diefstal van my tweede hekmotor het ek terug gegaan na die handmodel.Ek maak die hek oop en wou net terugstap om in die kar te klim, toe groet n Kleurlingman my vriendelik’

” More Oubaas, my hene Oubaas na al die jare,” se hy met uitgestrekte hand. Langs hom staan n jonger man met n litteteken op sy wang.My honde het ek geleer om nie oor die loop yster van die hek te gaan nie, die reun staan egter daar en knor vir die uitgestrekte hand.

 

Ek druk my een hand  agter my rug uit en vryf die hond se kop, hy bedaar. Ek kyk na die Kleurling man en probeer hom onthou, ek kan nie. Hy glimlag nog vriendelik en vra of ek my knieg seer gemaak het, hy sien ek loop effens kruppel. Die jonger een beweeg so n meter links en dit lyk vir my kompleet of hy in die erf loer om te sien wat se kar ek ry. Ek kry hond se gedagtes.

 

” Maar Oubaas, hoe ken die Oubaas dan nie meer vir my nie?”. wil hy weet. Ek vra hom wat my naam is. Hy antwoord dadelik, ” Oubaas Green-door.”

 

Dis nie my naam nie se ek en tree agteruit in my erf in , die honde is onmiddellik voor my en wys tande. Die Kleurling kyk na sy jonger metgesel, die ouer man se gesig is half hartseer en kwaad. Hy se hy is Hendrik, die messelaar, hy ken my goed. Ek se weer ek ken hom glad nie.

 

” Nei wat Selwin”, se hy vir die jonger een,  “kos loop, lyk vir my die witmense se fokken koppe word nou mal.”

 

Ek maak die hek toe, vergeet skoon van die kafee en gaan sit agter my lessenaar in my studeerkamer. My vrou wil weet wat makeer, ek vertel haar en sy se dit was maar net boemelaars wat kos of geld wou he.Ek antwoord dat hulle niks gevra het nie. Nou is my vrou bekommerd, sy is oortuig dis rowers, huisrowers wat toe geskrik het vir die honde.

 

Ek kan nie die ou se oe vergeet nie, hy was werklik geskok en hartseer dat ek hom nie kan onthou nie. So asof ons nogal heel goeie vriende was. Dan bel ek my broer.

 

” Ken jy vir Hendrik die messelaar,” vat ek n kans,” hy stuur groete.”

 

” My liewe land Outop, leef die ou nog, het jy sy nommer gevat? Die beste messelaar in ons stad”, wil my broer opgewonde weet.

 

Nee, ek het nie,antwoord ek, maar wie is Oubaas Green-Door?

 

Dis ek, se hy, my ou slaghuis het mos altyd n groen deur gehad.Mense van die lokasie het my so gedoop.

 

Ek bly lank stil, hy roep na my oor die foon, wil weet wat nou aangaan, hoekom praat ek nie.

Nee, se ek, ek sit maar hier en wonder, dis maar die derde mens in ons lewe wat dink ons lyk effens na mekaar.

 

“Ag stront man”, se my ongeskikte broer. ” ek was nog altyd mooi en jy lelik”.

 

Seker maar net n familietrek of so iets, dink ek by myself, maar in my binneste wil die hartseer glad nie wyk.