by

Die mens vernietig homself.

Junie 30, 2012 in Sonder kategorie

Wanneer ek oplees oor die lewe van die mens in oertye, veral Neander se blog, besef ek dat die mens van die begin af in vrees gelewe het. Daar was roofdiere wat jou heel kon insluk, reptielagtige vliegende voels wat jou kon vang en vir hul kuikens voer. Dis hoekom die arme mens in grotte gewoon het. Die gevaarlike diere daar buite kon hulle uitwis. Net die sterkste en dapperstes het bedags uitgegaan om kos te soek en terug te bring vir vrou en kind.

 

Toe begin die mens wapens maak om homself te verdedig en ook om vinniger vleis op die vuur te kry. Selfs in die Bybelse tyd was die groot gevaar vir die mens wilde diere. Hulle moes in groepe rondtrek of gaan kuier. Vind ons toe buskruit uit en maak gewere, Toe kon ons die gevaarlike diere op hulle blikslaer gee. Ons roei hulle amper uit sodat hulle vandag net in afgekampte wildreservate oorleef. Ons bly en reis toe lekker rond, slaap nie meer in grotte nie. So veilig ons kan sommer in tente slaap of in huise sonder omheinings en tralies.

 

Maar die mens rus nooit, ons begin mekaar toe verniel. algaande moet ons weer omheinings opsit en tralies voor ons deure en vensters plaas. Word toe al erger, ons moet selfs bedags op straat of daar waar ons reis en op vakansie is, rondkyk en voorbereid wees vir n aanval. Eens rustige piekniekplekke het borde op wat jou waarsku teen misdadigers.

 

Ons blaker uit dat die krokodil in Afrika 240 mense per jaar doodmaak, dis verskriklik. Ons swyg oor die 27,000 wat, net in Suid Afrika, elke jaar deur mense doodgemaak word. Of oor die 80,000 vrouens wat per jaar, net in SA, verkrag word. Intussen koop ons pepersproei, rewolwers, skokstokke en neem karate lesse, om ons self teen die gevaaarlikste dier op aarde te beskerm. Die mens.

 

Ons het die kringloop voltooi, ons is nou die gevaarlikste dier op aarde vir die mens. Terug in ons veilige grotte.

 

 

10 antwoorde op Die mens vernietig homself.

  1. TS het gesê op Junie 30, 2012

    altyd op soek na ‘n ander vyand…

  2. Oulike skrywe.

    Dit witjasse beweer egter die mens word net met twee vrese gebore, die vrees vir hoogtes en die vrees vir harde geraas (BOEM!). Alle ander vrese is aangeleer.

    Daarby wil ek voeg dat ten spyte van tegnologie is ons nog steeds nie bo aan die voedselketting nie. ‘One-on-one’ is ons niks.

  3. sirpsa het gesê op Junie 30, 2012

    Tydens ‘n wildernisstaptog in Pilanesberg vra een van die gidse vir ‘n groepie hoërskooldogters waarvoor hulle die bangste is om op af te kom. ‘n Trop leeus, of ‘n groep mans. Almal het voor die voet gesê ‘n groep mans.

  4. Carol460 het gesê op Junie 30, 2012

    Jy is honderd persent reg. Die mens is die mens se grootste vyand ! Welgedaan !

  5. sjoe, ja nogal

  6. Wrong het gesê op Junie 30, 2012

  7. Ou-Top het gesê op Junie 30, 2012

    Nou die aand op n natuurprogram gesien hoe n blouwildebees koei amper op n drafstappie haar kalfie baar. Hy slaan op die grond neer dat sy koppie klap. Heerlikheid, ek hoop nie ons oer voorsate moes so vlug vir wilde diere dat die arme vrouens in die hardloop moes kraam nie. Van groot hoogtes op ons koppe geval, dis seker hoekom die helfte van die mensdom idiote is.
    Die vrees vir geraas kom seker van die brullende roofdiere by die grotte se ingange.

  8. bloukaap het gesê op Julie 2, 2012

    seker maar ‘n siekte in my kop, maar ek wens dat daar ‘n dag sal kom met die aarde leeg van mense …. net ope vlaktes ….van stilte en en diere

  9. Blikskottel het gesê op Julie 3, 2012

    Ja out Top, ek het onlangs ook oor die gemors geblog. Dis erg as jy jou eie spesie so moet wantrou.

  10. ‘n Kollega reken weer dat eeue se oorlog al die slim ouens uitgeroei het en net die lafhartige idiote het oorgebly om die genepoel te besoedel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.