by

n Man bieg nie maklik nie, maar ek moet, want ek is bang my seuns vang my uit.

Junie 10, 2012 in Sonder kategorie

 

Veral die seun wat my name dra, soms voel dit of hy my kop kan lees. Nee, ek moet bieg: ek is en was nooit die sterk en tawwe Pa wat hulle gedink het ek is nie. Die ding het al begin to ek 15 jaar oud was en ek se jou ek moes al lieg soos n tandetrekker om los te kom. Sover het ek dit gemaak, maar ek is bang, daarom bieg ek eerder hier.

 

Op 15 jaar oud is ek saam met my Pa jagveld toe anderkant die Soutpansberg,waar ek die eerste kremetartbome in my lewe gesien het. Pa kon nie sy koedoe raakloop nie, toe gee hy my sy geweer en reel dat ek die hele dag by n watergat waar hulle elke oggend n groot bul se spore waargeneem het, gaan wegkruip. Ek sit in n holte van n groot kremetartboom so vyf voet bokant die grond. Daar kom rooibokke, duikers, blouwildebeeste en zebras om te drink. Hulle gewaar my nie, ek het n dodelike skuilplek naby die watergat.

 

Skielik, asof van nerens, is die reusagtige koedoebul daar. Hy ruik onrustig, sy neusvleuels maak sommer so oop en toe. As Vrystatertjie is dit die eerste koedoebul wat ek in die veld sien. Ek het n klein verkykertjie waardeur ek hom deur my kamoefleer takkies bekyk. Die geweer le reg, ek kan net aanle en skiet. Die bul se maanhare op sy nek verstom my, voor het hy ook hare onder sy keel. Sy horings is lank en dik. Sy liggaam tril van senuwees, hy vermoed daar is iewers fout. Ek kan sweer hy het iets gewaar of geruik. Doodstil bekyk ek sy kop en die uitdrukking op sy gesig; n trotse, pragtige dier, hy het seker al baie jagters uitoorle. Hy is vir my so mooi, so edel, ek kan nie ophou kyk nie. Sy oe lyk asof hy hartseer is oor iets. Ek moet hom vir Pa skiet, maar ek kan nie, ek wil net na hom kyk. Hy stap n paar meter nader, as hy skuinsdraai sien ek hoe n spiertjie aan sy boud senuweeagtig ruk en spring. Ek sit my hande om die geweer en korrel net waar Pa gese het ek moet korrel. Maar ek kan nie die sneller trek nie. Iets binne in my skreeu op my dat ek n helse sonde gaan pleeg. Ek gee naderhand n fluit en jy sien net stof en klippies spat soos hy wegtrek. Ek sien hoe elke spier saamtrek en weer los. Dit is die mooiste ding wat ek in my hele lewe nog gesien het.

 

Ek klim uit my skuiling en en staan en piepie teen die stam van die ou kremetart. Toe Pa hulle my vieruur kom haal, le daar n rooibokram wat ek geskiet het. Die swart man wat as gids optree kyk na die spore om die watergat. Hy kyk vraend na my. Ek sit my vinger op my lippe. Net ek en hy weet.

 

Dit was 48 jaar gelede. Ek het al blouwildebeeste geskiet, blesbokke, hartbeeste, duikers, elande en gemsbokke ook; maar nog nooit n koedoebul nie. Is altyd op my lys, maar nog nooiut een geskiet nie. Elke keer aspris gemis, soms as daar te veel getuies om my was, het ek dit net-net gemaak.  Almal was altyd jammer vir my, maar ek het geweet en gese dis maar my senuwees wat lol, bokkoors. Selfs met my eie seuns wat dikwels by was. Die laaste keer het die een wat my name dra, sy jagmes al saggies uitgetrek vir die keel afsny, toe mis ek. Hy het my daarna vir weke lank so skeef aangekyk, want hy het geweet ek is n goeie skut, en dat ek nog nooit n koedoe geskiet het nie. Gehoor hy se al vir ander, ‘ Die mooiste bok vir Pa is n koedbul’.  Vanjaar is n koedoe weer op my lys, maar ek skryf maar hier, ek is n slapgat, sodat almal dit maar hier kan lees.

 

Vir jare het ek hierdie ding van my sielkundig probeer ontrafel. Nooit werklik die antwoord gevind nie. Altyd maar besluit, n koedoebul is net te mooi, te adel, te trots om dood te maak vir biltong. Toe lees ek gister n artikel wat Ian Player, bekende wildbewaarder wat al 84 somers agter sy rug het, op n vraag van n joernalis gese het. Hy antwoord:

 

” It is the wildness of the animal that makes it so appealing to us. We feel a spiritual connection with wild animals because much of the wildness in ourselves has already been destroyed.”

 

n Pragtige koedoebul doen dit vir my en ek sal vanjaar seker weer tot almal se verbasing n misskoot skiet.


 

Ja, ek is toe al die jare n liegbek sissie.

20 antwoorde op n Man bieg nie maklik nie, maar ek moet, want ek is bang my seuns vang my uit.

  1. lora2me het gesĂȘ op Junie 10, 2012

    Jy het ‘n hart, outop. Dit maak jou ‘n held. Ek dink jou seuns sal dit ook weet. 🙂

  2. daancoetzee het gesĂȘ op Junie 10, 2012

    Dit voel vir my so bekend. Nie dat ek ooit weer die geleentheid gesoek het, nadat ek 1 keer nie wou nie, maar die geleentheid sal hom vir my seker nooit weer voordoen nie. Sterkte en ek weet wat jy gaan doen.

  3. loudavisi het gesĂȘ op Junie 10, 2012

    Ek is saam met jou dankbaar dat jy dié jaar se koedoebul ook gaan misskiet.

  4. TS het gesĂȘ op Junie 10, 2012

    Lekker…

  5. avega het gesĂȘ op Junie 10, 2012

    Wyseman kan nie eers ‘n voĂ«ltjie of ‘n haas skiet nie. Hy’s ok ‘n sissie. Maar in my oĂ« is hy ‘n held.

  6. benvanbruggen het gesĂȘ op Junie 10, 2012

    Jy’s n held. Beesbiltong is ook mos lekkerder.

  7. so bly dit word nie van my verwag om te jag nie

  8. Neander het gesĂȘ op Junie 11, 2012

    Jip.

  9. Neander het gesĂȘ op Junie 11, 2012

    Goeie stuk OT. Ek weet ook van groot jagters wat nie olifante skiet nie, die trauma vir die groep is te groot.
    Jag word baie duur deesdae.

  10. Ou-Top het gesĂȘ op Junie 11, 2012

    Beesbiltong het vier keer meer cholestrol as wildsbiltong. Blesbokvleis het zero cholestrol.

  11. Ou-Top het gesĂȘ op Junie 11, 2012

    Ja,hier by ons is n blesbok al R900 plus dagfooie en akkommodasie fooie. Ek weier om te gaan jag as n seun of my vrou nie saamgaan nie.Vreemde mense het ander waardes.

  12. Ou Top, dis nie nodig om mis te skiet nie – bieg net. Nee, jy is nie ‘n sissie nie. Self is daar ‘n paar spesies wat ek nooit sal jag nie – steenbok, klipspringer ens. (En ek en my tree-hugger vrou eet omtrent net wildsvleis.)

  13. HeavyHenry het gesĂȘ op Junie 11, 2012

    Ag nice – dissie sissie om iets moois te kan waardeer nie, en mens hoef nie skaam te wees daaroor nie!

  14. Ek-Myself het gesĂȘ op Junie 11, 2012

    Lekker gelees, bly getrou aan jouself oor die trotse bok en hoe jy daaroor voel.

  15. maninblack het gesĂȘ op Junie 12, 2012

    Ek is so bly daar is mense soos jy…

  16. lisabeth het gesĂȘ op Junie 15, 2012

    Ek hoop dit is ‘n volskoot misskoot!

  17. Blikskottel het gesĂȘ op Junie 15, 2012

    Ek kan presies verstaan hoe jy voel. Dis goed wat jy doen.

  18. bloukaap het gesĂȘ op Junie 15, 2012

    hiermee verklaar ek jou, as die grootste eiesoortige opregte siel denkbaar

  19. frandr het gesĂȘ op Junie 16, 2012

    My waardestelsel is nou heeltemal gekonfoes – want om so ‘n liegbek en sissie te wees, is bewonderenswaardig! Tien uit tien vir jou.

  20. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    Ek wil nie kritiseer nie,maar kon nog nooit verstaan hoe iemand ‘n dier kan skiet nie,behalwe as dit werklik gaan om oorlewing.Sou lekker gewees het as jy altyd misskiet!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.