Profile photo of ou-top

by

In my hart se ek dankie, op my lyf rys my hare.

Junie 7, 2012 in Sonder kategorie

 My tweede kleinkind is pas in Australia gebore, n dogtertjie. Sy le klein en fyn in haar kombersie met oop handpalms en staar na die nuwe wereld om haar. Ek bid haar die beste lewe toe, hoop sy het n gesonde, veilige lewe met volop geleenthede om haar geskenkte talente ten volle te ontwikkel.

Ek bid ook vir n 12 jaar oue seun iewers in Pretoria, wat vadaq n rietkruisie aanmekaar timmer om dit te gaan plant daar waar sy Pa die naweek voor sy oe op n gesellige fietsrit doodgeskiet is vir sy skoene en n bergfiets. Die seun was eerste aangeval. Ek dink aan jou ou seun en ek bid vir jou, ek bid vir ons land en vir die mense wat ons land regeer.

Gee my die krag en oortuiging om ook ter enige tyd met my eie lewe die van n kind of n naaste te beskerm.

n Rietkruis as monument vir sy dapper Pa. Wat n hero was jou Pa, ou seun.

12 antwoorde op In my hart se ek dankie, op my lyf rys my hare.

  1. TS het gesê op Junie 7, 2012

    eina…

  2. loudavisi het gesê op Junie 7, 2012

    Ai, OuTop!
    Die vreugde van ‘n nuwe kleinkind doer ver en die smart van ‘n vaderlose kind…
    Dis ‘n wilde woeste wereld.
    : (

    Geluk met die kleinkind – hoop en bid saam met jou vir haar toekoms.

  3. Baie geluk. Dis darem maar ver in die wêreld vir julle

  4. sirpsa het gesê op Junie 7, 2012

    Kosbare klein dogtertjie daai. Baie geluk!

  5. bloukaap het gesê op Junie 7, 2012

    geluk met jou kleindogter!

    en ja, soms is daar nie woorde nie
    te veel kruise

  6. smella het gesê op Junie 8, 2012

    Geluk Ou Top, jammer sy’s so ver……………

    My hart huil saam vir die seuntjie wat sy pa verloor het – is lewens in SA dan regtig NIKS werd nie?

  7. louisna het gesê op Junie 8, 2012

    Sterkte met die verlies en geluk met kleindogter. Gaan kuier vir haar.

  8. SuritaBotha het gesê op Junie 8, 2012

    En hier het jy my nou in trane.

    Ouers verloor hulle kinders wat oorsee gaan agv misdaad.
    Kinders verloor hulle ouers aan misdaad.

  9. frandr het gesê op Junie 8, 2012

    Geluk, Ou Top – en dankie vir hierdie aangrypende pos

  10. abrham het gesê op Junie 9, 2012

    geboorte en dood, loop hand aan hand
    dit is die tussen in gedeelte wat waarde het
    nou het nie gister of more nie
    geluk, oupa!

  11. HeavyHenry het gesê op Junie 9, 2012

    Geluk met die nuwe asempie!

    Tos van die kind se pa!

  12. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Hartseer!Mooi geskryf.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.