Jy blaai in die argief vir 2012 Maart.

by ou-top

n Man moet soms op n “walkabout” gaan.

Maart 5, 2012 in Sonder kategorie

Net wegraak en loop, sommer net die  wereld in om daar eenkant en alleen jou kop te gaan skoonmaak. Ek wil nie in n meenthuis gaan bly nie. Daar waar ek nie eers in die tuin kan piepie nie en ek my buurman aldag kan hoor snork en hoes. Geen hond mag aanhou nie en waar daar geen vrugteboom met lastige muisvoels is nie. Dis veiliger, se almal, kyk laasweek

het n bende van ses mans met pangas n huis hier naby beroof en die eienaars erg beseer.

Die kinders en die vrou het nog praat, toe loop ek al. Ook net tot by my ou kar en vandaar na my watergat waar ek

op n hogere stoeltjie sit en n “Milkstout”  vir my bestel. Om my sit n klomp Afrikaners, oud en jonk, almal praat

maar hoe om meer geld te maak en hoe om hul huise en winkels meer veiliger te maak. En oor Malema en Pieter Mulder

en ander korrupte siele in ons plaaslike regering wat links en regs geld steel en niks oorkom nie.

n Man ouer as ek kom in, hy kom sit langs my, want ek ken hom, hy het n groot besigheid gehad wat hy al  vyf jaar gelede

verkoop het. Sy huis  toe ook verkoop en n spoggerige meenthuis gekoop. ” Lock up and go” het die agent destyds vir hom

gese. En baie, baie veilig. Toe koop hy en sy vrou n Combi-Camper en ry die hele land plat, vir byna twee jaar. Na n jaar in die lockup and go het hy genoeg gehad. Hy en sy vrou baklei so dat hulle wil skei. Hy gaan koop weer n huis, twee groot

honde vir buite en n Jack Russel vir binne, ook kameras, strale, duiwelsvurkomheining met elektriese drade bo-op. Sy kinders wil die horries kry, maar die kleinkinders geniet die swembad en die tuin en die honde. Soms slaan hy n tent op, dan slaap hy en die seunskinders buite, met die honde en die dubbelloop. Soms hou van die kleinkinders hul verjaardig partytjies daar.

Dan huur hy sommer n “waterslide” vir hulle.

Ons suig aan ons doppe en hy se: Kom ek om, my vriend, so kom ek dan om.

Ek wou bitter graag nog n dop gemaak het, maar skielik is ek te haastig, ek wil by die huis kom, netnou verkoop

 hulle die huis sonder my.

Ek wil in vandag se koerant gaan kyk vir n Jack Russel, en more wil ek nog n boks bokhael patrone gaan koop vir

my ou dubbelloop.

 Kom ons om, so kom ons dan om.