Jy blaai in die argief vir 2012 Februarie.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Die rebelsheid van n ou man.

Februarie 25, 2012 in Sonder kategorie

Kyk ek in die spieel na die lelike ou man wat met sy siniese mond en treurige oe  na my staar. Wonder

ek in my binneste wat dan van my oulike ek geword het. Ek was dan hierdie aantreklike, onnutsige plaasseun

wat die lewe so opgeruimd en vol groot verwagtinge aangepak het. Ek is net heeltemaal weg, verdwyn.

Al wat oorgebly het is hierdie geplooide ou suurgat in die stuk glas  voor my.

n Man kry seker maar hierdie soort van dae, soms veroorsaak die lewe laat jy so voel.

Bennie is effens gestremd in sy kop, hy werk in mense se tuine vir R100 per dag. Hy is 45 jaar oud en

is maar soos n kind. Bly agter in die bediendekamer van n familielid met sy parafien stofie, army ysterkatel, draadstoel

en selfgemaakte tafel. Sy hangkas is maar net drie planke, n lapgordyn en n paar draad hangers. Hy het n blou wasskottel

en daarin le n koekie groen sunlight seep vir sy wasgoed en n rooi koekie lifeboy seep vir sy lyf.

Bennie werk een dag per week vir my vriend en soms is ek daar en gesels met die outjie. Hy werk dat die sweet loop en

trek soms sy T hemp uit as hy te warm kry. Ek merk n helse groeisel soos n vrat of n moesie op sy rug. hy vertel ons dat die

ding die afgelope ses maande so begin groei het. My vriend en ek bekyk die ding en ons is bekommerd. Hy is n

staatspasient en ons vra hy moet laat kyk na die ding. Na n maand was hy nog nie daar nie, hy se hy wag in rye en dan maak hulle

drie uur toe. Ons gee geld dat hy na n privaat dokter gaan. Hy kom terug en die moesie is weg. Glo af of uitgesny.

Na drie maande begin die plek swel. Hy is terug dokter toe, dis kanker, nog n paar maande en Bennie is dood.

Ons reel sy begrafnis saam met sy familie. Daar is net 8 mense op die begrafnis. Een daarvan is n horingoue tannie,

Bennie se oorlede ma se suster.

Sy vertel ons: Sy Ma was drie maande swanger met Bennie toe sy vyfjarige boetie en sy Pa deur n koeldranklorrie

in Kerkstraat op hul fiets doodgery is. Bennie is te vroeg gebore of iets, hy was van die begin af nie lekker nie. Maar ek

weet; n man laat nooit aan n moesie op sy rug sny nie, en n vrou nie aan n moesie onder haar knieg nie. Het dit al hoebveel

keer gesien in my lewe.

Nou staar ek maar vanoggend na die lelike en afgeleefde ou man in die spieel,  en ek se vir hom .

” Jy en ou Gert moes maar net jul bekke gehou het, julle het hom dalk na sy dood gestuur.”

 Ja en hier sit ons, uitgesonder en gespaar.

Sien jou later, flukse en laggende ou Bennie.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Op my oudag kan ek amper sweer ek het n ou profeet geken.

Februarie 6, 2012 in Sonder kategorie

Maar ek besef dit nou eers. Sy naam was ou Simon, n Sotho wat op ons plaas by sy dogter hulle gewoon het.

Gryskop, krom van gestalte weens n ongeluk met perde. Het met sy hande agter op sy rug gevou, geloop. In sy hande het

hy altyd n Bybel gehad en het vir elkeen wat wou luister ,gepreek en gebid. Sewe kilometer dorp toesers te bid en te preek. By die landdros kantoor en koperasie dit ook gedoen. Die hele

distrik het hom geken.

Vir n  inkomste het hy velle gebrei en ek het hom as kind met die bakkie veld toe gevat waar hy die elandsboontjies

uitgegrawe het. Groter as aartappels. Hy droog dit en vrywe dit aan die gladdekant van die skaap of beesvel. Dis rooibruin van

kleur. Hy kon swepe maak deur rieme te vleg. Vir my n skaapvel kombers gebrei en aanmekaar gewerk met n hand els.

Hy was nooit ledig nie, het altyd n psalm  gesing terwyl hy werk.

Ek was so 25 toe hy oorlede is, sy pasboek het getoon hy was 104 jaar oud. Hy het nog gesing en preek tot n week voor sy

dood. Op  63 lees ek met n bril, ou Simon kon tot diep in sy negentigs, sonder n bril Bybel lees. Hy was Oupa se agterryer

in die Boereoorlog. Hy kon menige stories vertel. As hy vir n sweep of n gebreide vel betaal was, het hy by die Jood se

winkel gaan koop. By die ingang na die dorp met sy pakkies gaan staan, lekkergoed uitgedeel aan kinders en altyd het

iemand hom opgelaai en op die plaas besorg. Daar het hy weer uitgedeel tot hyself niks oorgehad het nie.

Menige keer het ek na sy verkrompte liggaam gestaar en hom gevra hoe hy dan so oud geword het. Dan lag

hy net en se hy is nie oud nie, Moses het baie ouer as hy geword.

” Want ek is n man van God en Hy het my nodig hier op aarde”, het hy dikwels gese.

En hy het die Afrikaanse Bybel uit sy kop geken. Het my Pa eendag gekonfronteer tydens n droogte en n skaarste

aan geld. Dit het swaar gegaan met mense in die dorp, swart en wit. Hy het my Pa gevra om die armes, kosloses en werkloses te help. As Pa se hy het niks en daar gaan byna

geen oes wees nie, dan het ou Simon sy stem verhef en gese.

“Maleagi drie vers 10. God smeek jou, traai my net, traai net en kyk hoe ek die Hemel se vensters vir jou sal oopmaak. Die

Here hy smeek vir Oubaas om Hom net kans te gee om vir die Oubaas te help.”

In my jeugdige driftigheid het ek gedink Pa is bang vir die ou swarte, miskien kon hy toor ook, het ek gedink. n Kween

is geslag, dis al vet bees op die plaas, dis n koei wat vir die laaste paar jaar nie gekalwe het nie. onder die bloekombome was daar boerpampoene van laasjaar se oes, toegepak onder n dik laag gesnyde rooigras. dis al wat Pa kon gee en ou Simon het presies geweet waar die stukkies vleis en pampoene heen moes gaan.

Dit het eers in Januarie gereen en Pa het sonneblomme geplant, want dit was te laat vir mielies. Dit het byna

elke week gereen tot in April. Mense het al gespot oor dit so kolle kolle reen, en elke keer is ons in die kol.

Op ou Simon se begrafnis was meer as n duisend swart mense en meer as 50 blankes meestal armes. Vanaf die sleepwa het

ek iets korts oor sy lewe gese, toe het die swart predikant oorgevat.

Om n koor van n duisend swart mense van Afrika te hoor sing vir ou Simon was iets wat ek vandag nog hoor as die lewe rondom my stil

genoeg raak.

Ek is seker ek het n profeet in my lewe geken.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Nou wat nou?

Februarie 6, 2012 in Sonder kategorie

n Afrikaner Professor van ons eie universiteit emigreer nege jaar gelede na Australia. Hy keer n paar maande gelede terug na

Suid Afrika en bly n rukkie by sy broer daar by Hartebeestpoortdam . Een oggend is daar net n brief op die bed

waarop hy geslaap het. hy is weg, nie land uit nie, iewers weg, die bosse in of iets. Ek hou die koerante dop

maar kon nog nie lees of hy gevind is nie.

In die brief en ook verskeie kere mondelings aan sy broer, het hy oor sy lewe in Australia gese:

Daar is dit verskriklik veilig,  verskriklik vooruitstrewend, verskriklik eensaam en verskriklik vervelig.

 

My twee seuns is reeds 8 jaar daar. Hulle se hulle leef lekker, hulle se hulle maak geld. ek het al gaan kyk en dit lyk ook vir my so. Elkeen het n kar n 4×4  n boot en n huis. Elkeen het al n jaggeweer gekoop, die een het al n helse groot pikswart

wilde boerbok geskiet, die ander een n groot engelse kat wat oor die eeue n super wildekat daar geword het.

My kleinkind is twee en ek vra wanneer kom julle kuier ek wil hom op n springhaas jag vat . ek wil hom met

n kettie n muisvoel laat klits. Kleilat gooi en babers vang met lewendige platannas. In n tent slaap teen die Vaalrivier. met

die geluide van otters wat in die nag in vlak water baljaar.

Daar heers n doodse stilte.

Dan kom die antwoord.

” Is beter as Pa vir ons kom kuier, ons sal betaal. Te rof daar, vreemde Afrika kieme, tsotsis en taxis.”

Lyk vir my ons klomp gaan mekaar nie gou weer sien nie.

Het toe maar vandag geboek vir hierdie winter se jag, net ek en die vrou. Een koedoe, een blouwildebees,

twee springbokke en drie tarentale. Minder as wat die vliegtuig kaartjie sou kos.

Sal maar vir my kleinkind  fotos stuur van hoe rof dit hier met Oupa gaan.