Jy blaai in die argief vir 2011 November.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Padwoede of rassistiese insident… ek was daar, maar ek weet nie.

November 19, 2011 in Sonder kategorie

Tienuur die aand is ons op pad huis toe. By n robot staan n string karre wat by die robot regs wil draai. Die ou

voor my en sy vrou is besig om te baklei, jy sien net hande beduie en koppe wat skud. Toe die kar voor hom stop

is hy nog aan die stry en ry agter in die ander motor vas. Almal spring uit, die voorste voertuig is n donkerblou

4×4 met getinte vensters. Die swart man wat daar uitklim, het n netjiese pak klere aan. Sy vrou is eerste by die

arme ou wat in hul vasgery het.

” Are you drunk or blind?” wil sy gillend weet. ” Look at our brand new car!!” Sy snou nog n paar aardige

beledegings na die wit bestuurder se kant toe.

Die swart bestuurder probeer sy vrou kalmeer, sonder veel sukses. Sy smeek hom nou om Kabello te bel, ek

lei af dis die naam van  n hoe polisie offisier. My vrese was reg, hierdie man is n vername man. Hy bel iemand en vra sy vrou

om terug te klim in sy motor. Maar teen hierdie tyd is die wit ou, so 50 jaar oud, se vrou ook al uit die motor. Sy

wil gillend weet wie gee die swart vrou die reg om so op haar man te skreeu en hom te beledig. Ek stap nader om te help kalmeer.

Die wit ou se neus bloei, ek dink hy het sy kop teen die stuurwiel van sy ouerige Cressida gestamp. Ek en hy kry uiteindelik,

sy vrou met n gestoei terug in die motor. Die swart vrou beskou hierdie gebaar as n erkenning van skuld en storm terug tot

by die Cressida se venster. Sy vreet die vrou uit en as sy genoeg het, draai sy om en ek dink die mondgeveg is

verby. Nee, sy draai wragtig om en gee een laaste opmerking,” Drunken white bitch”. Toe is die gort gaar, ek druk

die deur toe dat die wit vrou nie kan uitkom nie terwyl haar man vanaf die bestuurder se oop venster probeer kalmeer. Uit

radeloosheid maak die vrou haar eie venster oop en gil met haar kop wat by die venster uitsteek. ” Black bitch, fokken rykgat black bitch.

Die swart bestuurder se seun kom daar aan en stoei sy Ma terug in hul motor, ek hou die Cressida se deur toe. Die twee

bestuurders staan tussen die twee motors. Hulle wag vir die polisie. Ek hoor die wit ou se, hy sal alles betaal, hy

weet dit is sy skuld. Hy vra om verskoning,, hy se hy en sy vrou was besig om te stry, hy het konsentrasie verloor.

Die wit ou praat Afrikaans, so nou en dan n kort sinnetjie in Engels. Die swart man praat net Engels.

Die wagtery word lank, die vrouens het kalmeer, daar was heelwat mense wat vinnig na die ongeluk daar saamgedrom het.

Hulle begin nou koers kry, ek dink hulle sien hier gaan nie n fight wees nie. Ek stap nader en gee my sakdoek, vir

die wit ou.

“So what were you fighting about?” vra die swart man. Intussen het hy verklaar dat hy n prokureur is.

Die wit ou kyk eers na my, ek maak of ek padgee.

” Nee,” se hy ” bly hier by my, jy het my gehelp vanaand.”

“So? What was it al about,” wil die prokreur nou weer weet.

“Ons was saam met my seun en sy girlfriend by die Spur. Hulle het ek en my vrou genooi. Hulle wou….

ag fok tog.” Hy bly eers stil en gee n paar snuiwe. ” Hulle wou ons vertel dat hulle verloof raak en volgende

jaar gaan trou.”

Ek staan daar en dink wat met die man aangaan. Dis mos goeie nuus. Dis mos nie iets om oor die baklei nie.

“Ons het net een kind, dis hierdie seun, het my name.” se hy.

Ek en die prokureur staan in spanning en wag, ek kry die ou jammer. Ek kan sien hy is ontsteld. Die ongeluk

pla hom nie veel nie. Dis die seun.

” He wants to marry,” se hy ewe skielik in Egels, ” His girlfriend is n black girl……..she is black.” Hy lyk skoon

verlig dat hy dit kon uitkry.

” And your wife does’nt like the idea?” se die prokureur ewe kalm.

Ek sien die ou is nou hartseer, ek sit my hand op sy skouer. Ons hoor nou die polisie motor se serene.

Toe stort die woorde uit die man.

” Ek het haar probeer oorreed, man. Ek het tot buite met haar gaan praat, dis my seun, ek staan by my seun, dis my bloed.

Ek het lank met haar gepraat, maar sy wou nie teruggaan nie. Ek moes vir hulle gaan se sy is naar, ons moet

huis toe gaan. Ek het haar lank in die kar laat sit en wag, want ek het eers met my seun en sy girl gaan praat. Ek het

haar probeer troos en gese alles sal nog regkom. My seun was net kwaad;  kwaad en seergemaak. Dis presies

wat my vrou se, sy is kwaad en seergemaak. Ek weet nie. Dis my fout hier ek sal betaal.”

Die polisie arriveer, hulle ken die prokureur en wil almal, sommer my ook afvat polisiestasie toe vir bloedtoetse en

le van klagtes. Die prokureur vee so met sy hand oor sy 4×4 se bumper, daar is n erge duik maar die Cressida lyk

baie erger.

” I cant see much damage here,” se hy. As die polisieman beswaar maak vererg die prokureur hom, ” Listen,

anybody can see this man is not drunk, I am the plaintiff and I am saying I dont press charges. Its late, let we

all go home, now. This is over en done with.”

Die wit bestuurder se ligte was stukkend, hy het kort agter my gery tot by sy huis, nie ver van my af nie.

Hy staan by my venster, ” Dankie ou maat, my vrou kan soms maar moerig raak, maar wat, more is nog n dag, ek

ken haar. More sal sy weer dink. Ek gaan nie my seun en sy girl weggooi nie. Hulle is altwee geleerde mense.

Nooit as te nimmer gaan ek my rug op my seun draai nie.

Ek sit nou hier en dink aan my eie familie, aan my vriende en  aan al ons kinders in hierdie n nuwe land; en ek besef ons

Afrikaners is n unieke klomp hardegatte.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Is ons besig om n nasie te word?

November 17, 2011 in Sonder kategorie

Wit Afrikaners en Swart mense doen een ding wat ander nasies nie maklik doen nie. Hulle gee mense byname.

Kyk maar om  jou rond, daar is ou Bees, Slang, Spook en Spikkels onder die Afrikaners en daar is Lucky Boy,

Sticks, Shorty, Blade en Beast, onder die Swart mense. Portugese, Engelse, Grieke , Duitsers en Jode in ons land gee

nie maklik n vriend of n kennis n bynaam nie.

As n Swart mens vir iemand Shorty noem , dan is hy kort, as n Afrikaner iemand Tiny noem, is dit gewoonlik n reus.

So ons het n soort van n wrang sin vir humor. Maar ons lag meer, terg meer en   hou beter partytjie as ander nasies.

Ons kan rof en woes raak op partytjies en ons drink baie meer as ander nasies, want ons is taai.Kyk maar

in jou omgewing waar staan elke aand die meeste karre; by die Pub en Grills, my maat. Kyk waar kom die meeste

in die lokasie saans bymekaar, in die taverns.

Swart mense lag ook baie en nogal  vir dieselfde snaakse situasies as Afrikaners, hulle hou van  boks as n

sport soos ons. Hulle het n ingebore talent om met diere te werk, net soos ons. Hulle sing graag saam, gaan kyk maar hoe

sing ons op kunsfeeste saam met ou Nicolas, Bok en Stevie.

Kyk na ons ministers by die parlement  hulle dra hoede soos Ooms, en sels dasse. Die tannies dra hoede en deftige rokke.

Swart mense neuk hulle stout kinders, nes ons;  die ander nasies glo nog aan Dr. Spock. Net soos ons hou hulle nie van al die

Oosterse mense wat nou al wat n winkeltjie opkoop en selfs spatsa shops in die lokasies begin nie.

Wanneer daar n serial killer rondloop, doop die Afrikaanse koerant hom sommer met n bynaam. Die snaakste

bynaam was hier in sewentigs toe n katoolse jong man met n stofjas aan in gange en om hoekies hier in

Bloemfontein homsels talle kere ontbloot het teenoor jong en mooi mesies. Binne n week was hy gedooop as Jan de Plukker. Daar loop vandag nog

dosyne mooi meisies rond, my vrou ingesluit, wat ou Jan so die skrik op die lyf gejaag het.

Die snaakste Swart bynaam vir my, is Sleptong. Ek dog dis Sotho, die fabriekseienaar se my toe nee, dis eintlik

Sleeptong,

maar sy werkers het een “e” weggevat. Die man hakkel glo kwaai. Hulle het hom self die naam gegee.

Nee, ek skep moed, lyk my ons kan kultureel ten minste later een nasie wat dieselfde

oor dinge voel, word. Dis net die musiek, genade tog, daar is ons nog wyd uitmekaar. Maar kyk, selfs roekelose

Malema hety n brandende begeerte in sy hart om op n plaas te gaan boer, nes ek. En daar word hy deur die

ou toppe kortgevat en geskors, nes ons sou doen.

Oor een ding is ek skaam, die Swart mense kyk na hul oumense, tot hulle dood toe. Al vee die ouma net daagliks die

grondstoepie voor die sinkhuisie; hulle hou haar in die huis. Ons doen dit nie meer nie. Ons raak ontslae van hulle.

En as jy te jonk is om my te glo, gaan vra enige bestuurder van enige ouetehuis hoeveel keer per jaar kom

haal blanke  kinders of kleinkinders hul voorsate vir n trippie na die dieretuin, of n koffie by die Wimpy.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Ek is n sondige ondankbare mens.

November 15, 2011 in Sonder kategorie

Ek kan maklik murmureer soos die Israeliete toe Moses hulle vir 40 jaar lank deur die woestyn moes lei

na die land van melk en heuning. Ag na die derde dag het hulle ou Moses gekatasa oor te min kos en

te min water. Toe gee die Here vir hulle elke oggend brood uit die Hemel, genoeg om van dik te eet.Toe

moan hulle weer oor die lekker vleis van Egipte en die Here stuur vir hulle kwartels by die tonne. En Moses tik net teen

n rots en vars fonteinwater stroom uit.

Ek kla oor vliegtuigkaartjies om na n troue in Joburg te gaan en daarna na Laatlam se gradeplegtigheid in die Kaap.

Daar gaan al my Krismisgeld. Ek murmureer. Selfs half ongeskik met Laatlam. Toe bel sy, daar is n special op

Mango, jy moet binne vyf minute koop. Dit kos net n derde van die aanvanklike bedrag. Ons doen dit en ek staan

hier buite onder die boom en koffie drink.

Ek bid dat die blinde hond eintlik skeefkop na my luister, ” Here straf my maar, want ek sal nooit n volkome dankbare

mens wees nie.  Ek is sleg . Help my tog om beter te word.”

En ek dink aan die Israeliete wat op die eerste oggend in die land Kanaan vroegoggend uit hul tente gestorm

het om die manna op te tel; en daar is niks. Toe storm hulle weer op arme Moses af om te murmureer en die Here laat weet.

Julle is nou in die land van melk en heuning, maak julle eie kos.

Ek wil nooit meer murmureer nie.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Die mensdom soek na antwoorde.

November 12, 2011 in Sonder kategorie

Waar jy kom vra mense deesdae dieselfde onrustige vrae. Waar kom die skepping, die aarde en die heelal, vandaan;

wat maak ek hier, of wat moet ek hier doen; en hoekom moet ek eendag doodgaan.

Ons vergader na n goeie kennis se begrafnis en omdat ons mekaar jare al ken en  ons so wydverspreid  woon, sien

ons mekaar net op troues en begrafnisse. Die pad terug huis toe is lank en die potholes baie. Ons praat dus  kort en

reguit met mekaar.

Daar is n ouerige boer, ek dink dis omdat hy baie vars lug en stilte kry, want sy antwoord wil ek graag onthou.

Boer: 

In Genesis staan daar in die Engelse Bybel, “God created the universe and earth.”

“Create” beteken mos, skep, jy Hy tree skeppend op.  God “create” dus dinge uit niks uit nie. Die mens kan dit nie doen nie,

die mens is net n “manufacturer”, hy vervaardig net dinge met die goed wat God geskep het. Die wetenskap

ontstaan uit die ondersoek en ontleding van God se goed. Hulle kan niks doen sonder die skeppinge van God nie.

En alles werk soos n horlosie, daar is swaartekrag, die wiskunde, en duisende ander wat hulle uit die ontleding van God se skeppinge kry.  Gaan pluk maar die eerste lenteblommetjie en kyk of daar op sy stammetjie staan “Made in China” Dit moet ons eers aanvaar, dat alles van God kom.

Dan maak Hy die mens, uit materiaal van sy skepping. Ja, ons is gemaak, nie geskep nie, ons is nie uit niks geskep

nie. Eva  is selfs uit Adam se ribbeen gemaak. Dit moet ons ook eers aanvaar, dat ons deur God gemaak is.

Wat moet ons dan hier doen? Dit wat Adam en Eva nie kon doen nie, hulle moes net God se eenvoudige wet nakom; moet

nie van die vrug van die boom in die middel van Sy tuin eet nie. Pas net Sy tuin op. Hulle kon nie. Toe  stuur God sy

seun Jesus om vir ons te kom wys hoe om te leef. En sy boodsak is eenvoudig: Jy moet vir God lief wees met jou hele hart en siel, en jy

moet jou naaste lief he soos jouself. Doen jy dit sal jy eendag ook soos Jesus opvaar na die Hemel vir n ewige lewe.

Maar soos Jesus, sal jy as mens eers op aarde sterf, doodgaan, stof word. Maar jou siel sal opgewek word en opvaar na die Hemel.

So op ons ouderdom moet ons nie meer huil op n begrafnis nie, help die wat droewig is, en prys God vir die een wat

gaan opvaar na  Hom , daar waar hy vandaan kom.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Soms voel ek soos n sadis.

November 10, 2011 in Sonder kategorie

Op n perdeskou wat sommer n modeskou ook is, ry n meisie met n pragtige rok. Die perd skrik skielik vir die lang rok wat hier aan sy lieste kielie en daar trek sy. Ons hardloop om te help, maar ek lag en hardloop.

In n besige straat stamp n ou sy motor se deur oop en n fietsryer slaan daai deur. Hy is bollemakiese bo-oor maar nie die fiets nie. Die man in die kar soek bewerig sy selfoon en beursie, hy dink hy is gekaap. Ek hardloop en lag al weer.

By die hospitaal se apteek sit ons in n ry en wag dat hulle jou naam roep om na die glastoonbank te gaan om

jou pille te kry. n Tante met n baie stewige paar boude gaan nader, sy vat die sakkie pille en laat val toe

haar kierie. Die dogter, net so stewig gebou , wil afbuk om dit op te tel. ” Los, ek kan dit self doen”, grom sy

vir die dogter, Sy buk nogal soepel af maar met die opkomslag los sy n allemintige wind. Ek kyk weg, want as ek in haar

oe gaan kyk en sy sien ek lag agter my hande, gaan sy my kom donder. Maar ander mense daar ly blykbaar ook aan hierdie

sadistiese neigings van my.  n Baie maer vroutjie met n duidelike Kaapse aksent, giggel kliphard en toe se sy nog

luidkeels vir haar familie.

” Kyk hoe poep so perdegat hier reg voor ons!”

As sy nie so rats was nie, dan het sy n paar kieriehoue op die kop gekry.

Selfs my blinde hond Smooky, het deurgeloop. Hy het nou agtergekom die ouer hond is swak met rumatiek

en is op sy laaste dae. Ek vat die ou hond uit om bietjie buite in die son te le. Smooky wag net laat ek my rug draai toe bestorm hy die arme ou hond en byt hom verskriklik. Ek storm nader en slaan hom met die plathand op sy kop. Hy skrik

so groot dat hy sy gewone super rigtingmeganisme heeltemaal verloor en hy gee verkeerde kant toe pad, binne in die swembad. Ek het nooit geweet n hond kan so groot skrik vir koue water nie, hy het soos n skreeuende vuurpyl opgestyg en

byna bo in die akkerboom beland. My vrou, my een seun, die bediende en die tuinwerker is troetellend al om die bewende

Smooky.

Ek en die ou hond staan daar langs die swembad en lag, sy stert swaai eintlik.

Nou se my vrou se ek het berading dringend nodig, want ek is n aardse sadis.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Van te veel vleis eet kry ek toe n nagmerrie.

November 8, 2011 in Sonder kategorie

My broer word sestig en gee n spitbraai  onder die peperboom op sy plot. Die pad is sleg soontoe, en dis

ewe skielik n koue winderige aand. Te min mense kom vir die 30 kilgram Dorperskaap op die spit. Omdat skaapvleis

so duur is en ek dit byna nooit meer kan bekostig nie, het ek soveel na die smaak daarvan verlang dat

ek myself heeltemaal ooreet.

Twee uur die nag kry ek n nagmerrie, ek droom ek sit op n skuins, platterige rots teen n dam water in die koelte

van n groot boom. Die klip is nog warm van die son wat vroeer daarop geskyn het. Ek voel eensaam en

verslae, ek weet nie wat ek daar maak nie en ek is heeltemaal sonder klere. Ek kyk in skaamte rond of

ek nie iemand sien nie, maar daar is geen siel nie, daar is n doodse stilte om my.

Toe hoor ek iets in die bos agter my en hier kom nog n man sonder n draad klere versigtig en bang aan

gestap. Hy is geel van kleur en weens die vorm van sy lyf en gesig herken ek hom dadelik as n Chinees.

Hy kom sit onbeskaamd op die klip langs my. Hy groet in Engels en ek vra hom waar hy vandaan kom, hy

antwoord vlot in Engels, ” From that side, been walking for three days, there are no people. Nothing”

Ons hoor n geritsel en hier kom n poedelnake swart man aangeskuifel, hy lyk vreesbevange en uitgeput. Hy

kom sit met n sug en vertel in Engels dat hy van die berg se kant af kom, loop al drie dae, het nog niemand gesien

nie, net ons hier op die rots. Ek reken hy is n Zoeloe, fris gebou en sterk gesig.

Nog n man kom in die paadjie agter die boomstam uit. Ek herken hom aan sy kleur en neus, dis verseker n

Arabier, sy bruin oe flikker oor ons. Hy praat ook Engels, ” Walking up en down for three days, nobody, there is

nobody around.”  Hy is sonder klere soos ons.

Ek wou vra wat aangaan, toe kom n klein verrimpelde mannetjie agter die boomstomp uit, ek herken hom dadelik

as n Koi-San. Hy se in Afrikaans, hy is van Botswana, was laas besig om n waterpyp te herstel in die Kallahari

Gemsbokpark, hy weet nie wat maak hy hier nie, hy is ook sonder sy stertriem.

Ons klompie sit daar en wonder, ek kan niks onthou nie, ek weet nie wat gebeur het nie, ek weet net ons

is hier en daar is niemand anders nie.

Die Chinees glimlag, ” Five is n good team. Five is very good,” se hy.

Die Arabier steek sy arm so klank uit met die palm na onder,” There, on the top of the first hill  is a flat spot, we

can see far from  there, we must build a house there.” se hy.

Die swart man skud sy kop instemmend,” Yes, n nice house, but we will need wives, we have to look for

wives. The water is far from the house.”

Die Koi-San kyk stip na die watergat, dis helderskoon water. ” Ons moet die water kan sien, ons moet kan sien

wie kom drink water. Maar daar is niemand, ek het wyd gestap, daar is niemand. Maar miskien…..”

Ek sien n kringetjie op die dam vorm, iets het geloer of asem geskep, miskien n vis of n waterskilpad.

Hoe maak mens n hoek en n stuk lyn as daar niks is nie, en waar is alles dan heen, wonder ek.

” I saw tracks in the mud on the other side”, verduidelik ek,” I have been here for two days, maybe they come

at night, maybe they are scared of us,  I dont know, but I will show you the tracks. There is something in 

the bush.”

Toe pluk my vrou my wakker, ” Draai op jou sy, jy kry nagmerries as jy so op jou rug le en slaap, jy skreeu

mens wakker, man. Wat gaan aan met jou.?”

So op my sykant rook ek drie sigarette agtermekaar, ek le en wonder of die eindtyd naby is, en waarom sal ek

dit nou gaan staan en oorleef, ek wil nie.

Of wag, miskien kan ek en die Koi-San, een aand stilletjies wegraak, ons kan n nuwe lewe begin, en as daar n vrou op

die vlaktes rondloop sal die Koi-San haar spoor kan vat. Nee, hel, ek en die Kois-San verstaan mekaar, ons kan

n nuwe ” clan ” iewers begin.

En ek reken net ons twee weet hoe om vuur te maak.

Ja, as ek eers wakker is, is ek maar weer n bliksem

Profile photo of ou-top

by ou-top

Oor die jare verander mense, n skoolvriend het toe n ateis geword.

November 6, 2011 in Sonder kategorie

Op skool wou ons almal eendag miljoeners word, ek het nie, en my ou skoolvriend ook nie. 

Ek het hom veertig jaar laas gesien en hier sit ons nou by die waterfront vir n uur of twee

en gesels, hy probeer my oortuig dat ateiste al mense is wat die lewe wetenskaplik

en realisties in die gesig staar.

Hy kom met ateiste soos Hawkins en Dawkins, almal geniale slim mense met boeke agter hul name. Ons gesprek

loop so:

Ateis: As die opvaarding van Jesus platval, as wetenskaplik bewys word dat hy nie opgevaar het na

die Hemel toe nie, dan val die hele Christen geloof plat.

Ek: Dis waar, ons glo God het sy seun Jesus aarde toe gestuur as mens, dat hy hier vir ons vertel

het hoe om as Christene te leef, dat hy deur die Fariseers met die hulp van die Romeine gekruisig

is, begrawe is in n grot en dat hy daarna opgevaar het na die Hemel waar hy sit aan die regterhand

van God. Dat Hy die Heilge Gees vir ons as Helper gestuur het, tot hy eendag weer kom. Ja, dis wat ons glo.

Ateis: Maar hoe kan julle aan sulke “fairy tales” glo? Dawkins se dog duidelik dat die eerste getuienis van Jesus

se opvaarding, was Maria, nie die Ma nie,  die prostituut.  Later het Maria Magdalena en die dissipels daar aangekom . Is julle

bewyse en getuienis dan gebasseer op wat n prostituut gese het? Sy het tog eerste by die graf aangekom.

Ek: Sy was miskien voorheen n prostituut, maar Jesus het sewe bose geeste uit haar gedryf en sy was gered.

Ateis: Ja, maar sy en haar ou buddies kon die lyk verwyder het voor die ander daar was.

Ek: Jy sien my vriend, jy kom hier aan die einde van die verhaal en gebruik n stukkie getuienis. Kom

ons gaan na die begin van die Bybel. Jy se daar is geen Skepper wat alles gemaak het nie, jy se alles het

toevallig met n oerknal ontstaan. Soos n tornado wat oor n scrapyard trek en alles omhoog ruk en rondskommel,

toe alles was terugval staan daar n moderne Boeing 747. n Gelukskoot, glo julle. En let wel, ek se glo, want julle glo

aan iets, al is dit aan n gelukskoot of toeval. Een hengse geluksoot en alles werk, die aarde die son, die seisoene

die see, die riviere, die mensdom. Julle moet n helse geloof he in die geluksgodin of toevalligheids godin.

Ek sien hy word kwaad vir my.

Ateis: n Mens kan nie fisies opvaar na die Hemel nie, man. Dis onwetenskaplik, dis kinderagtig.

Ek: Jesus het daarna aan sy dissiples verskyn, en aan nog n groep van oor die vierhonderd. Tot aan

die Romeinse soldaat Saul, wie se werk dit was om Christene uit te roei. Hy het Paulus geword, n apostel

wat sy hele lewe lank die Christenwoord en geloof versprei het. Daar is geen gebrek aan getuienis nie.

Hy uiter nog n klomp dinge uit boeke en ek begin myself ook vervies.

Ek: As iemand in n hofsaak moet getuig, dan word sy getuienis getoets.As ons kyk na hoe die Romeinse

Keiser, Nero, die christine vervolg het, gekruisig, onthoof en sommige met teer gesmeer en in die aande

as fakkels gebruik het vir sy partytjies. Hoekom sal mense aanhou getuig as hulle so uitgeroei

word. Tot wat se voordeel is dit vir hulle? As die hele opstanding n komplot was, sou al die dissipels

 en christene dieselfde storie en n baie beter storie gebruik het.  Hulle sou nie dat n vorige prostituut eerste by

die graf van Jesus uitgekom het nie. Jy wys op al die verskille in die dissipels en mense se weergawes. hulle

verskil op klein puntjies waaroor jy n bohaai maak. Oor die groot feite, dat Jesus gekruisig was, dood was,

begrawe was en opgestaan het uit die dode en opgevaar het na die hemel, verskil niemand nie.

Jy maak Jesus se wonderwerke af as toorkuns, maar jy het geen beswaar dat jou geloof sommer n

vliegtuig kan toor uit skrootwerf rommel nie. Die ontstaan van die wereld het niks te doen met dobbel nie.

Jy kan nie vir my se as ek n stukkende eier se doppe twintig miljoen keer in die lug gooi, dit een keer

perfek sal val en n nuwe eierdop vorm nie.

Ek wou hom nog vertel van die ateis wat lank gelede aan sy onderlyf noodlottig gewond was, hoe hy van pyn

geroep het na God en Jesus. Hoe iemand bang en saggies vir hom gebid het en sy voorkop met water gelawe

het, tot hy gesterf het.

Mense se graag geloof is die vertoue en hoop op dit wat ons nie kan sien nie, maar ons moet nooit vergeet

dat daar duisende was wat Jesus gesien het vir byna drie jaar lank, saam met hom geloop, ge-eet en gesels het, sy

wonderwerke aanskou het.

Ek: Gaan vanaand en lees die boek van Jesajah in ons Bybel, sien hoe die ou profete die koms van Jesus

honderde jare vooruit voorspel het. Dat Jesus sou kom om die mense terug te bring na God toe. Dat  Hy dit in die nuwe Testament vir ons maklik

maak, ons sondes is deur Jesus se bloed aan die kruis vergewe, kom net sy gebooie na en glo in Jesus die Seun, God sy

Vader en aan die werking van die Heilige Gees hier op aarde. Moet oor niks verder bekommer nie, Hy wat alles gemaak

het, sal vir sy gelowiges op aarde. En net soos Jesus sal jy as gelowige by sy wederkoms, opstaan en opvaar na die Hemel.

Al verstaan ons dit nie alles vandag nie, want ons is maar net klein dom mensies wat dink ons weet baie.

Ja, en gaan lees gerus op oor die Romeinse geskiedenis van daardie tyd, daar was n wet dat geen vrou, dobbellaars,

of enige geesteversteurde gebruik mag word  as getuie nie. So Maria se getuienis was niks werd daardie tyd nie, die

Israeliete het dit geweet, so as die hele ding n konkoksie was, sou hulle nooit dat n vrou, nogal voorheen n

losbandige een, die lee graf eerste ontdek het nie. Hulle sou n baie meer geloofwaardige persoon gebruik het.

Ons groet mekaar, en ek hoop ek sal die ou weer vorentoe raakloop. Ek weet nie, want op die oomblik

lyk hy nog vies vir my en dit lyk wragtig of hy half jammer lyk vir my. En ek voel weer jammer vir hom.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Hoekom ek nie wil of sal emigreer nie.

November 5, 2011 in Sonder kategorie

Ten spyte van ope uitnodigings van my kinders om kosteloos te emigreer na Australia, kan ek nie.Al

het ek Aus. al besoek en alles goed en mooi en veilig en vooruitstrewend gevind, kan ek nie.

Ek gee hier net n paar algemene kort redes aan.

1. Net in Suid Afrika kan jy in die koerant lees van n blanke wildbewaarder wat n swart wildbewaarder

uit die kloue van n verwoede leeu red red deur n kombers oor die leeu se kop te gooi en so kans te kry

om die arme man tot in die kajuit van die bakkie te sleep. Hulle kry nie die deur betyds toe nie en die leeu,

wat intussen die kombers verskeur het, storm weer en kry die man aan sy stewel beet. Daar word tougetrek

en die stewel kom af met n paar stukke vel en senings. Die man leef en hulle jaag weg. Ek en my broer het

die kombers truuk in ons kinderdae altyd op Pa se boerboel uitgevoer en ons dood gelag oor hoe

benoud hy baklei om daar uit te kom. Dis glo n ou truuk van wildbewaarders met leeus en is  al dikwels gebruik

in sulke nood situasies.

2. Net in Suid Afrika kan jy op die nuus na n video kyk hoe n verwarde Hartbees storm na die veiligheid van die

vlaktes en in sy stormloop bo-oor of dwarsdeur n arme bergfiets ryer spring dat hy en die fiets daar spat. Vir wat ry n klomp fietsryers dan

ook in n wildreservaat? Bokke het seker gedink hulle word omsingel deur een of ander jagters Impi.

3. Net hier sal n jong man n gemaakte epileptiese aanval op die stoep van n winkel in n besige sakesentrum kry;

natuurlik met n handvol Enos wat hy vinnig in sy mond gooi. Met skuimende mond en rukkende ligaam

le hy nou daar en sterf terwyl die winkeleienaar en sy personeel  hom pamperlang en skarrel om die ambulans en mediese mense

in die hande te kry. Intussen spring sy tjommies in die winkel en steel al die geld en nog n klomp items ook. Toe hulle

veilig in die getaway kar is, spring die sterwende  een op en hardloop al laggende daar weg.

4. Net hier kan n outop soos ek wie se laaste kind nou uit die huis gaan en ons nie meer n voltydse bediende

nodig het nie, en haar ook nie kan bekostig weens wetgewing wat die minumum salaris aanmekaar opstoot nie, n plan

bedink wat die hele situasie red. Ek gee haar n 200 liter plastiek waterdrom en se sy moet by die huis n besigheid

begin. Sy het twee kinders maar altwee mans is weg en hulle betaal geen onderhoud nie, haar Ma, sussie en twee jonger boeties

bly  almal saam. Sy is die enigste een wat n werk het. Ons leen haar R500 en gee haar n ou boere  resep vir pynappel bier.

Sy moet ook piesangs, appels en nik- naks koop. Sy maak nou al van Vrydag tot Sondag R500 wins en lag al die pad.

Nou het my vrou voorgestel sy leer om hare te vleg, Rasta styl. Sy het dit gedoen en maak hieruit ook geld. Lyk my

sy sal dit een van die dae sonder ons kan maak in hierdie lewe. Daar behoort n wet teen swart mans gemaak te word

wat nie onderhoud betaal nie, albei mans het werke en sy spook al jare met een of ander instansie om haar

onderhoud reg te kry, te vergeefs.

5. En laastens, ou Jorry wat daardie skilder inheemse boerbok van die Koi-Sans veredel en met hulle teel.

Sit daar op sy klein plasie, n afgetrede ou man wat lief is vir diere. Hy het reeds n klomp bokke, n hele

stoetery, hy vertel n mens kry deesdae meer vir n bok as vir n skaap. Weens tradisies van ons inheemse

volke wat nou die geld het. Ons braai boerbokvleis, smaak effens anders as skaap, maar baie lekker. Agter

ons sak die son bloedrooi agter die Vrystaatse rante. n Pou skreeu in die tuin, iewers in die veld  n korhaan, dan n kommandovoel. Alles geluide wat diep in my geheue vasgele is.

Nee, ek se vir jou Malema sal baie meer moet doen om my hier weg te kry. Verseker.