Jy blaai in die argief vir 2011 September.

Profile photo of ou-top

by ou-top

n Seun roep na sy Pa.

September 4, 2011 in Sonder kategorie

Na kerk kom ek by die huis en daar is ses miscalls op my selfoon en n roepsein op Skype. Ek kry koue rillings.

Ek het twee seuns oorsee, hulle is altyd op bote in die see of iewers in die boendoes. Ek of my vrou verjaar nie

en dis nie Vadersdag of Moedersdag nie.

” Maak koffie,” vra ek my vrou en tik op Skype. “Seun, is jy daar?”

Hy antwoord onmiddellik en ek vra of ons op video kontak kan gaan, hy se nee, ons tik net vir mekaar, nie eers

gewoonweg praat net met ons stemme alleen nie.

Hy tik, ” Gelukkige Vadersdag Pa”.

Ek tik: ” Maar dit was Junie maand Vadersdag, ons het toe dan gepraat?”

Hy tik: ” Ek weet Pa, maar dis Vadersdag vandag in Australia, en ek dink aan Pa, want almal hier

             is besig met hulle Pa’s.”

Ek sit en dink.

Hy tik: “Ek het my beste vriend hier se Pa vandag uitgevat op die boot, dis al byna aand hier. Die oubaas

             het nog nooit n groot vis gevang nie. Ek stuur n foto van sy vis. Save en maak hom oop Pa.”

Ek maak toe so en sien hierdie groot ou van omtrent my ouderdom met n makriel van 30 kilogram op my

seun se boot. Sy eie seun staan hand om die skouer met sy Pa en jy sien net glimlagte. Die vis is amper

net so lank soos hulle.

Hy tik:             Hy was so bly en trots, hy wou eers huil, toe lag en huil hy

                       sommer so deurmekaar. Hy is van Perth, sy seun bly hier in Broome, in die noorde, hulle

                       is 3,000 kilometer van mekaar. Pa, is 12,000 kilometer van my. Ek het hom jagfotos van

                       ek en Pa gewys.

Ons tik so rukkie oor en weer vir mekaar dan tik hy dat hy moet gaan wasgoed ophang, sy vrou het gewas

en sy werk is om op te hang. Dan gaan hy n fillet of twee van die Makriel gaarmaak. Ons groet.

 Sy laaste boodskap is. ” Was nie n lekker Vadersdag vir my nie Pa, het baie na jou verlang,” toe skakel hy sommer af.

Sit ek en dink oor die dag toe hy my uit Johannesbrug bel.” Pa, ek gaan Australia toe, het nou finaal besluit.”

Dit was n week nadat n vriend wat saam met hom gewerk het, twee karre voor hom by n robot uit

sy motor geklim het en op die middelmannetjie gaan  staan het met sy arms omhoog. Eers toe sien my seun

dis kapers en nie smouse daar voor nie. Hulle ry weg en die een druk sy arm by die agteruit uit en skiet

die jong seun in die keel met n .38 rewolwer.

En Malema gaan maar net aan soos hy wil. Maar ek stem saam met Max Du Preez wat verlede week geskryf  het.

“Malema se moer, man hy is nie die koning nie!”

Profile photo of ou-top

by ou-top

Moet nooit oor n mooi meisie lieg nie…….

September 3, 2011 in Sonder kategorie

Want dit spook vir altyd by jou. Ek weet, ek het dit gedoen toe ek dertien was, en dit

spook nou al 50 jaar by my.

Op die plaasskooltjie open ons middel Januarie en daar is n wildvreemde meisie met n anderskleurige

skoolrokkkie in my standerd vyf klas. Sy het blonde hare met n poniestert en die mooiste blou ogies en

vietste lyfie wat ons wilde plaasseuns nog ooit gesien het. Sy is vir my so mooi ek kan nie my oe van haar

afhou nie, tot die onderwyser my eendag daaroor kortgevat het. Hy se ek luister nie wat hy in die klas vir

ons probeer leer nie. Haar naam was Jessie.

Karien was so n plomperige vriendelike meisie wat vriende was met my drie susters wat alma ouer as ek was.

Ek en Karien was vriende. Jessie het van n ander provinsie gekom nadat haar Pa n plaas in ons distrik

gekoop het. Ons telefone was plaaslyne en na twee in die middag het ons mekaar gebel, so twee kortes en twee

langes, dan tel die ander kinders ook op en naderhand is ons sommer so drie of vier op n lyn aan die klets. So

gaan ons aan tot n ouer of die sentrale ons van die lyn af jaag.

Na n paar maande is ek hopeloos verlief op die Jessie, sy word vir my net al ouliker. Op n  dag bel Karien my oor sy sukkel

met n som en sy vra hoe ek van die nuwe slimkop meisie hou. Op die ingewing van die oomblik lieg ek, want

Jessie wil eintlik niks met my te doen he nie, sy is te skaam, maar sy het eendag darem die groot bloedrooi

granaat gevat wat ek vir haar uit ons plaas se tuin gebring het. Sy was n skamerige meisie.

 Ja, toe lieg ek daar oor die plaaslyn vir Karien en se ek hou nie baie van Jessie nie, maar Jessie is smoorverlief op my, want sy skryf vir my sulke skelm  boodskappies.

Toe kom daar n fyn stemmetjie op die lyn wat se: Jy jok, ek hou niks van jou nie!.

Dit was Jessie, ek het nie geweet sy is ook op die lyn nie. Ag van toe af het

sy my heeltemaal geignoreer en het ek haar maar net so van n afstand af bewonder.

Sy is van standerd ses na n ander skool in Potchefstroom en ek na Bloemfontein. Die laaste skooldag

van standerd 5 het sy my met die hand gegroet en n klein pienk sakdoeke skelm in my handpalm

gedruk. Dit het na parfuum geruik en daar was n papiertjie met die volgende woorde:

“Ek het nog altyd van jou gehou, jou ou liegbek!”

 Deur die jare het ek haar soms vakansietye gesien maar na universiteit het sy net verdwyn. Na baie jare

sit ek en my vrou en twee van ons seuns in die Wimpy en brekvis eet. Skuins oorkant sit n man, sy vrou

en n dogter en eet. Dis Jessie. Ek herken haar dadelik. Vir n oomblik het ons in mekaar se oe gekyk en toe aangegaan

met die lewe om ons.

Na n ruk se my vrou: ” Maar iets aan daardie vrou daar oorkant lyk vir my baie bekend. Maar ek kan haar

nie plaas nie.”

Dis van Jessie wat sy praat. My oudste seun, seker toe so twintig, draai so half om en kyk na Jessie.

” Ma, natuurlik sal sy vir Ma bekend lyk, sy lyk dan net soos Ma”.

Dankie Jessie dat jy nie kom groet het nie, en dankie dat jy my jare gelede so stief behandel het, anders het ek nooit

hierdie pragtige, mooi en goeie vrou van my ontmoet nie.

Profile photo of ou-top

by ou-top

Soms wil ek eerder met kinders praat……

September 1, 2011 in Sonder kategorie

Dit is einde van die maand en my vrou is met die skoondogter winkels toe; ek en die

twee kleinseuns, 8 en 10, is by die huis. Hulle wil gesels en stories hoor.

“Hoe werk geloof , Oupa”,wil die kleintjie weet.

 

Ek vertel hulle hoe dit werk.

 

Soos die ou profeet Elia wat moes vlug vir sy lewe en in n spelonk langs n spruit in

n wilde, woeste gebied gaan wegkruip het. Bedags het die kraaie vir hom stukkies vleis

en brood gebring.Na n lang tyd het hy teruggegaan na sy volk en koning Agab. Vir hulle

toe vertel dat die Here baie kwaad is omdat hulle afgode aanbid het wat hulle van klip en hout gemaak het en glad nie meer Moses se Bybelse wette nagekom het nie. Hulle was goddeloos, baklei, gesuip, met ander se vrouens gelol en al sulke slegte en lelike dinge gedoen.

 

Elia was al profeet van die Here wat oorgebly het, al die ander was vermoor. Toe gaan staan

Elia, wat n ou man was met flenter klere en n kierie, voor koning Agab en se:

 

” Julle goddeloses aanbid vir Baal en het 450 profete, en julle se julle gode het mag. Laat ons dan vandag sien wie se God is die ware God. Kies julle twee bulle, een vir my en een vir julle, slag hulle en bring hulle vleis hier dat ons een op my God se klipaltaar op houtstapels plaas en julle vleis op

julle god se altaar. Dan vra ons elkeen ons God om die vuur self aan te steek en die offeringe

te laat brand.”

 

Die volk en die koning was verbaas, hulle het geweet dat as hulle afgode sou wen, sou hulle

hierdie ou Profeet se keel afsny en vir die wilde diere gee om te eet. Juigend het die mense

in hul duisende en ook al 450 profete van die afgod Baal, nader gestroom om te kom kyk hoe die

ou flentergat profeet se God verneder gaan word en hoe die profete vir Elia sou keel afsny.

 

Bewend maar vol geloof staan ou Elia daar en kyk hoe die goddeloses hul altaar bou en die

houtstapels daarop pak. Bo-op pak hulle die bul se vleis. Dis vroegoggend en hulle begin bid tot

hul gode om die vuur aan die brand te steek. Teen middag is hulle al dronk van al die wyn dat

hulle luidkeels op hul afgode skreeu om die vuur aan te steek. Hulle raak so beserk dat hulle naderhand hulself met messe sny sodat die bloed loop, om so hul afgode se aandag te trek.

 

Elia se altaar staan daar met die hout en vleis bo-op. Teen vieruur vra hy of hulle nou genoeg kans

gehad het met hul afgode en of hy toestemming het van die koning om te begin. Die koning

se ja, en Elia vra dat hulle drie groot erdekanne water oor sy houtbondels moet gooi. Hulle doen

dit, maar Elia se, nee die hout is nog te droog, gooi nog drie kanne water oor my altaar. Hy laat hulle

dit vir n derde keer doen, toe is die hele altaar papnat en die slootjie om die altaar ook vol water.

 

Ek kan my voorstel hoe die gesuipte spul vals profete daar ronddans en vir Elia koggel. En ek kan ou Elia se maer en krom liggaam daar sien staan, sy gesig hoopvol en vol geloof na Bo. Nie n bang

haar op sy kop en geen twyfel in sy gemoed nie.

 

Toe doen Elia n kort gebed tot sy God en onmiddellik slaan die houtstapels aan die brand en dit vuur is so geweldig dat die vleis, die hout en die altaar tot stof verbrand het.

 

Koning Agab en die skare was vreesbevange en verskrik. Hulle het onmiddellik neergebuig en Elia se God aanbid en erken.

 

Nou ja, ou Elia was n kwaai ou profeet;  hy beveel toe die skare  om die 450 valse profete

van Baal te vang en af te bring na die spruit waar hy hulle een vir een keelaf gesny het.

 

Die jongste seun kyk my met groot oe aan: Jissie Oupa, se nou net God was besig en het

nie vir ou Elia gehoor nie! Hulle sou hom doodgemaak het.

 

Ja, seun, dis geloof daai, dis onwrikbare geloof my kind.